Daar is werklik nie 'n limiet waar dit onnoselheid aan betref nie. Die regime met hul ladieda dermuitryger voorpraters beoog wetgewing wat drankadvertensies verbied. Blykbaar om mense te oortuig om minder te drink. Ok!?
Wel, ek het nie regtig 'n probleem met die advertensieverbod nie, want ek is nie in die advertensiebedryf nie so dit gaan my nie raak nie.
Ek is ook nie in die drankhandel nie so hoe minder mense drink hoe meer dop is daar by wyse van spreke oor vir my.
Wat my egter oopmond laat is die feit dat ENIGE regime dink hy gaan iets onder beskaafde beheer kry deur iets so ver verwyderd van die produk soos advertensies te verbied? Ek meen: Die advertensie verbod op tabak het moer effektief gewerk: Daar is tans meer rokers in Suid-Afrika as tien jaar gelede en ruim 40% van alle sigarette wat tans op die mark is word onwettig verkoop (enige pakkie 20's wat goedkoper as R15 kos is onwettig).
Voeg hierby die algemeen bekende feit dat die staat biljoene verdien met sonde-belasting en dinge begin redelik vaag raak.
Ek verstaan die bekommernis en die illusie dat hierdie of enige ander regime werklik bekommerd is oor die welstand van sy onderdane. Ek glo hul egter nie.
Wat, dus is die volgende, logiese stap wat behoort te volg? Verbod. En dan totale verbod met 'n zero-toleransie-beleid. Ons almal weet dit gaan nie nou of enige ander tyd gebeur nie. Ter vergelyking:
Dit is 'n strafbare oortreding as voetgangers op deurpaaie betrap word. Tog, slaan die koerante oop en letterlik daagliks lees jy dat nog 'n voetganger of tien doodgetrap is. Die SAPD-woordvoerder reik verklarings uit dat die biesieyours bewe en betreur die onnodige lewensverlies. WTF, man? Die persoon wat onder die laken lê was ONWETTIG op die snelweg!
Gaan die verbod op drankadvertensies help? Ek weet nie en voel regtig 'n vaal kol. Want ek gaan steeds my dop koop en as dop verbied word sal ek hom verdomp self brou of stook. Gaan dit geld kos? You bet! Vir wie gaan dit geld kos?
Vir jou, belastingbetaler. Dit kos jou lankal geld want een of ander kwasi-drukgroepie of bekommerde oumatjie hou nie van dronkies nie en het die mag om lank genoeg te kla sodat dit iewers 'n invloed het.
As hierdie regime werklik ernstig is dat hy die euwels soos drank en sigarette wil weg hê sal hy nie bloot net geld maak en wette by die dosyne deur die worsstopper wat ons sg parlement tans is goedkeur nie.
Punt is: die staat, in sy baie groot bekommernis, hou van die geld wat inkom maar swyg as dit by ondersteuning kom. Kinders wat met FAS gebore word, word in meeste gevalle aan die lot van NGO's oorgelaat en eindig in meeste gevalle op plekke waar ek nie eens amper my honde sal laat slaap nie.
Die feit dat jy allerhande soorte wette kan maak beteken slegs jy het die mag om dit te doen. Dit beteken beslis nie dat dit sinvol is nie of dat jy enige wysheid het nie. Jy kan nie mense met wette dwing om enigiets, van 'n glas wyn regdeur tot 'n Ferrari (wat, terloops, sonder moeite dubbel die wettige snelheid kan ry en op een of ander vreemde manier wettig is) beskaafd te gebruik nie. As jy 'n industrie wil straf oor die vrot kolle sou ek dink die parlementsgebou moes lankal klip vir klip in die Kaapse hawe gegooi geword het.
oester


Kommentaar
Die regime het nie werk vir hul hande nie en dink die klomp stront uit. Drank is ook nie die grootste oorsaak van padongelukke nie. Dit is net 'n bydraende faktor. Ek bestuur op die lekkerste as ek 'n moutsap of twee agter die blad het, selfs 'n Rooihart en Coke doen my goed. As jy al die padongelukke gaan ontleed, vra die vraag, hoe laat is die ongeluk, waar het dit gebeur en wat was die oorsake. Die grootste oorsaak is die kar veroorsaak nie die ongeluk nie, maar die dom boks wat dit bestuur. Manne en maninne wat nie spoed en afstand kan skat nie. Manne en maninne wat dink kar bestuur is kontaksport.
Al die tekens is daar dat ons op pad is na 'n totalitêre staat, 'n Orwelliaanse distopia soos in sy 1983.
Amen, Reusedwerg.
Meer as 50% van alle padstertes is voetgangers. My vermoede is dat die oorgrote meerdeheid van daardie voetgangers op deurpaaie sterf. Dit is onwettig vir voetgangers om op deurpaaie te wees.
Die wetstoepassers ry by hulle verby en kom tel later al grensende die arms en bene op.
Weird. Baie weird. Wat my die meeste dronkslaan is nie die regime se wette nie, want enige kind onder drie jaar oud kan sien hoe mal en sinneloos die meeste wette is. Wat my dronkslaan is die opposisie se totale gebrek aan sinvolle bydraes.
Die Wes-Kaap se drankwet is bv een van die mees sinnelose, onnosel stukkies "wetgewing" wat ooit die aarde getref het. En die ANC regeer nie hier nie ...