Welg’leg’n

  • 0

slaafkwartier’s prakties, oppie regte plek g’bou,
regonn’r kombuis, v’r vuur-anie-gang-kry, gou,
soms kô haal Baas, Kleinbaas, ook sjy stukkie,
vra, post-koïtaal, so wrintag nogge drukkie

“Duiw’lspiek”-sieke skuif’l langs inrigt’ngsgang af,
onkund’-ontkenn’ngskunde maak Mens heel laf,
Self-d’struksie-wanorde, -chaos, anie orde v’ndag,
waarheid, onskuld, liefde, so g’wet’nloos v’rkrag

Kaaps-Hollands boustyl beeld onn’rdrukk’ng uit,
slaafhokdeur m’t hangslot v’n buite af toeg’sluit,
lyfeiene, strafkolonie, ’t voel soos pakslae v’n Bo,
m’t nasate, wat nes voorouers, inne demoon glo

lê Welg’leg’n, fraai, langs voed’ngsrivier, aan berg se voet,
waa’, post-slaw’rny, “ras”-’n-“klas” g’dy, streng voortwoed

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top