Draai by die enkelbrigadelys

  • 1

Nooit gedink ek sal alwéér terug wees op die enkelbrigadelys nie.  Helaas nie by keuse nie, maar  per geforseerde aanvaarding na die besoek van die Doodsengel aan my huis.  Dus, besluit ek om te gaan kyk wat gaan by ’n ou kuierplek van die krukkelys van enkeles aan.  Onwyse besluit. 

Waarlik, na tien jaar, nog net dieselfde!  Die afgeleefdes en onverkiesbares onder die enkelmanne sweef oor die dansvloer opsoek na nuwe prooi.   Die vroulike prooi is ewe gewillig, maar reeds ou nuus. 

Onwillekeurig wonder ek wat die manne laat dink dat hulle ’n prys tot aanwins is.  Om te dink ek was tien jaar terug deel van die gekkeparadys.  Dankie!! Here God! Dankie vir die liefde van tien jaar tussenin.   Feitlik almal die selfde gesigte as 10 jaar terug.  Nog nie geholpe nie.  Welke dit nou per kieskeurige afkeur is of onverkiesbaarheid?

Net soos 10 jaar terug, sweef die enkelmanne nog al die enkelplekke binne opsoek na nuwe prooi.  Miskien is al die prooi wat die moeite werd is, al gevang, ek  weet ook nie.   Verkeerdelik gee die dames hulle die idee dat hulle die prys van ’n leeftyd is.  Die manne opsoek na prooi en die vroue opsoek na ’n ring wat permanensie uitspel.

Onwillekeurig doen ek wat ek nie moet nie, ek vergelyk.   Liewers nie, kom ek tot slotsom.  Net omdat een man by vier plekke soek na gewillige prooi, maak dit nog nie van hom ’n prys nie.  Bygesê, wil ek ook nie op die lys van desperate dames gevoeg word wat daar desperaat op ’n ridder wag wat haar met haar sellulietlyfie en al gaan opraap na beter dae toe nie. 

Die enkel dae gaan ek geniet, meeste van maak en nog daaraan toe die beste gesindheid openbaar wat ek tot in staat is.  Liewers maar dit. 

Estelle Z

  • 1

Kommentaar

  • Player wonder wat jy by die plek gaan soek, vernaam as jy weet wat daar aangaan (?).

    En ... jy't die hele aand gebly tot toemaaktyd?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top