Cornelius Henn skryf gister oor: Russia Warns Obama: Global War Over "Bee Apocalypse" Coming Soon.
Kommentaar op 'n brief word gewoonlik aan die einde van die brief gelewer. Ek wyk van hierdie gebruik af om te verseker dat niemand my storie miskyk nie – só belangrik is Henn se brief. Veral as 'n mens haastig is, is die versoeking altyd daar om 'n lang brief oor te slaan. Gaan lees nogtans sy brief – dis lewensbelangrik. Dit gaan oor manipulasie van die natuur om groot geld te maak. As een van die belangrikste lande van die wêreld se president, Putin, so woedend is (oor bye!) dat hy die Amerikaanse minister van buitelandse sake drie uur lank laat wag is dit ernstige sake. Miljoene bye is elke dag in elke land van die wêreld nodig om te verseker dat ons sal bly eet. Vir 'n paar jaar reeds lees ons berigte oor die krisis waarin die Amerikaanse byebevolking hulle bevind, veral as gevolg van gifstowwe wat via Monsanto se giffabrieke op oeste gespuit word. Geneties gemanipuleerde sade is deel van die storie.
Veral Transvalers en Vrystaters moet kennis neem – dis nou mense wat die dag met mieliepap begin en vir wie 'n braai sonder mieliepap amper ondenkbaar is. Jy kry nie meer mieliemeel in Suid-Afrika wat nie van gemanipuleerde mielies gemaak is nie (moontlike borskanker en orgaanskade). Terwyl 'n groot deel van die wêreld (veral Europa) sterk weerstand bied teen geneties gemanipuleerde voedsel het Amerika en onder andere Suid-Afrika en die slim ANC-regering die ander pad gekies en versamel Monsanto et al die dollars. Ek sal nie Henn se storie herhaal nie, maar wys daarop dat daar in die VSA 'n hele aantal “onafhanklike” organisasies is soos die Food and Drug Administration (FDA), wat met die beste bedoelings geskep is, nl om die publiek te beskerm, maar nou heeltemal in die mag van groot industrieë is wat hulle geld uit chemikalieë maak en ook die media manipuleer.
Volgende stap: lees Henn se artikel!
George


Kommentaar
Sjoe! Verseker gaan ek die naweek met groter respekte na die bye op die plaas kyk ... en die Doom eerder wegsit.
Beste George,
Baie dankie vir jou ondersteuning.
Derhalwe kan 'n mens daarby noem, dat die korpokrasie oor enorme bronne en meer as genoeg kapitaal beskik om hul sonde mee te bedek. Dit doen hulle onder meer deur self strooipoppe as "alarmiste" op te stel, en dan in skande in flarde te blaas om sodoende enige ander besorgde oor die manipulering van ons bestaan, verdag te laat. Ander metodes om die waarheid te verdraai, is deur die talent van spiritueel intelligentes, of te wel; "spindoktors".
Dan is daar ook die masse gebreinspoelde wat vrywillig hul medemens se kommer affronteer.
Julius Caesar het glo geseg: "Attenzione ai falsi citazioni su Internet."
Maar, dan het Albert Einstein ook gewaarsku: “If the bee disappeared off the face of the earth, man would only have four years left to live.”
Namaste!
Cornelius
Hallo George,
Nog so 'n bietjie meer omtrent die onderwerp:
http://johnnusz.com/seeds-of-death/
http://beforeitsnews.com/health/2013/05/illinois-ag-department-illegally-seizes-privately-owned-bees-resistant-to-gmo-poison-2491308.html?utm_medium=linkedin-share&utm_term=http://b4in.info/j6iL&utm_content=awesm-sharebuttons&utm_source=http://www.linkedin.com/signal/?keywords=bees+GMO&trk=vsrp_updates_sel&trkInfo=VSRPsearchId:1352763801370867332107,VSRPcmpt:trans_nav&utm_campaign=
http://www.youtube.com/watch?v=tHVlLwNXJRI
http://ishtarmuz.wordpress.com/2013/05/29/organic-news-new-greenpeace-report-bees-in-decline/
Ek gaan nie my tyd mors oor die geloofwaardigheid van die bydraers in hierdie enkele skakels nie.
Gebreinspoelde slimjanne soos Wouter Ferns en Chris Dippenaar, sal wel hul gif daarin probeer plant.
Ek vertrou op die intelligensie van belangstellendes en glo hulle kan vir hulself dink.
Daar is nog baie sulke gesaghebbende inligting op die Internet beskikbaar vir enigeen wat sou belangstel.
Cornelius
Greenpeace International oor die byekrisis: http://sos-bees.org/
Gewoonlik is ek versigtig met bronne en Wouter se reaksie op Cornelius Henn se aanvanklike brief van 6 Junie (Russia Warns Obama: Global War Over "Bee Apocalypse" Coming Soon) het my laat skrik.
Dat daar erge dinge gebeur waar groot geld 'n rol speel is nie te betwyfel nie, maar dit is gewoonlik beter om by die saak onder bespreking te bly. Henn se hoofbron was die EU Times wat skynbaar onverantwoordelik van 'n twyfelagtige bron gebruik gemaak het. Hiervoor kan 'n mens hom nie kwalik neem nie – dit kan gebeur, met 'n skynbaar betroubare bron. Al sou die ernstige spanning tussen die VSA en Rusland nie waar wees nie, die sake wat geopper is, is van kernbelang.
Dank aan Naomi Bruwer wat ons daarop wys dat Greenpeace ook van die erns van die byekrisis bewus is. Gifstowwe, die vernietiging van die natuur en die gevolge wat dit van vele kante af vir die mens het, word uitstekend en gesaghebbend deur dr Mercola behandel (www.mercola.com). Van die vyf hoofberigte op sy tuisblad hou drie direk verband met dit waaroor Henn en ek geskryf het, nl die krisis in die bye-industrie, Monsanto en die gifstof Roundup en “unapproved GMO wheat”. George
Dankie Naomi, ek het geteken ...
Hello George,