agt’rg’blewe Ekonomie Drie-inboorl’ng hlopekha, suff’reer,
arm’r’s arm, oppie heel laagste sport, dóúr, doer ver onn’r,
lat Mens, opnuut, opreg, ov’r eie Menslikheid moet wonn’r,
hoe lat Mens, Self, toe, lat mede-Mens so bitt’rl’k kr’peer?
eintl’k’s niks onv’rwags, of toevall’g, somm’r p’r toeval,
probeer Mens Mens Self reïnkarneer, male sonn’r tal,
ann’r Aardl’ng geneties manipuleer, frokk’leer, b’las,
angst’g aanhou, m’t illusie-filosofie, v’n “ras”-’n-“klas”
wyk Mens, weg, v’n Skepp’r, via eie Self-d’struksie,
deur Self Self in t’leef, inne blieng-reklamefoefie in,
glattie eens b’sef, onkund’-ontkenning, ’t makie sin,
skep selfs op korttermyn ’n struktuurg’weldsfriksie
sou Mens Mens, Self, post mortem, miskien afvra: “Aysh,
wassie res ook glattie g’reed, vir U Skepp’rsparadys?”
Jacobus Faasen

