Unieke gebeurtenis op Jupiter vir Thomas

  • 3

Ek plaas ’n foto van ’n simulasie van die unieke gebeurtenis op 12 Oktober later hierdie jaar wanneer die skaduwees van drie van die Galileaanse mane gelyktydig op Jupiter waargeneem sal kan word.

Jammer, dit gaan bietjie laat in die oggend wees vir ons om dit behoorlik waar te neem.

Groete
Panda

  • 3

Kommentaar

  • Panda

     
    Baie dankie dit word erg waardeer. Dis darem ongelooflik dat mens optiese illusies so akkuraat kan voorspel!
     
    Ek is darem in die finale pylvak met die studies en sodra dit afgehandel is wil ek voltyds met my nuwe teleskoop begin speel. Ek het sommer 12 Oktober gedagboek. Op 22 Junie kuier ek by my seuns in Stellenbosch en sal ons die maan beloer as dit 'n mooi aand is. Ons is dan op pad Skedelkus toe in Namibië en ek hoop om heerlik in die koue aande met 'n enkelmoutjie vir hitte na die sterre te kyk. Om die waarheid te sê wens ek, ek kon jou saamvat vir 'n lessie of twee!!!
     
    Groetnis
    Thomas
  • Brianvds

    Dis soos jy sê. Maar hoekom sal ons nou Thomas se pret bederf ingeval sy teleskoop dalk met die wonderlike tegnologie toegerus is. Ek wonder net of die illusies ook skaduwees kan genereer?

    Thomas

    Geniet dit  in Namibië. Die sterrehemel is daar van die heel beste.
    Voorspoed ook met die laaste skof met die verhandeling.

    Groete vir beide
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top