Wanneer 'n Engelsspreker 'n Afrikaanse woord (naam, dorp of so-iets) gebruik terwyl hy Engels praat verengels hy die woord om by die Engelse sleutel te pas. Dis goed so, dit klink reg. Die Afrikaner egter, wanneer hy 'n Engelse woord in Afrikaanse teks (spraak) gebruik, hou hom Engels. Dis nie goed nie, dit klink nie reg nie. Dit klink soos die volgende lyk: 'n Ou met 'n kortbroek, T-hemp en kerkskoene met kort swart sokkies. Uiters k@k, onvanpas.
Dit is 'n foltering om na veral omroepers te luister wat met die Engelse 'r' worstel. Waarom nie die 'r' sê soos op die Afrikaanse of Skotse of Italiaanse of Russiese of Poolse of Arabiese manier nie? Waarom hierdie snaakse 'r' waarmee hulle in elk geval sukkel wat hulle dan aanstellerig en dus gedienstig laat klink?
Die Afrikaner gaan selfs verder en verengels ook Afrikaanse woorde (dorpe ens) wanneer hy Engels praat kan jy glo? Hoekom maak ons so? Is dit in ons gene om so akkommoderend te wees? Gelukkig is Ons Nie Almal So Nie; MD Greyling se 'My pa was 'n rock & roll man'-liedjie byvoorbeeld sê hy nie 'wock en woll' nie, goddank daarvoor.
Hoekom is daar mense wat hulle daarop roem dat hulle pa hulle die raad gegee het om Engels te leer? Dis mos in elk geval 'n verpligte vak op skool, of hoe? Die rede daarvoor moet 'n manifestasie van 'n soort minderwaardigheid wees. Gelukkig is Ons Nie Almal So Nie.
Hoekom het ons 'n nasionale radiostasie wat Engels bevorder (en ipso facto Afrikaans ondermyn)? Of die stasie doelbewus Engels bevorder (wat ek dink wel die geval is) onder die waan dat nasiebou bevorder word of nie, daar sou nie so 'n stasie gewees het as Afrikaans ons erns was nie; daar sou net nie die niche vir hom gewees het nie, of ander stasies sou meer aftrek gekry het, of so-iets.
Dat Afrikaans nie ons erns is nie kan gesien word aan ons bereidwilligheid om afgejak te word. Ons dink dit is maar ons lot, of dis so bestem, of dat die swart regering dit verlang dat Engels nou nie-amptelik die amptelike taal is. Ons is so bedees dat die verskoning 'dis te duur om Afrikaanse spyskaarte te druk' of 'as ons hierdie brosjure in Afrikaans druk moet ons dit in die ander 9 tale ook doen' vir ons aanvaarbaar is.
In Bloemfontein is alle uithangborde en besighede Engels, so ook in Pretoria en al die 'tradisioneel oorwegend' Afrikaanse dorpe en stede, selfs die Paarl (wat soek die taalmonument in die Paarl?). Selfs in die klein dorpies en by die feeste deesdae; die stalletjies is oor die algemeen Engels alhoewel die klandisie oorwegend Afrikaans is. Produkte wat in SA vervaardig word het naas die Engels Portugees of Frans op die etiket maar geen Afrikaans nie.
Hoe sou dinge gelyk het as ons nog murg in ons pype gehad het, as Afrikaans ons erns was, as ons geag was deur sake-ondernemings omdat Afrikanerondersteuning vir hulle belangrik is? Baie anders; daar sou in jou kombuis 'n verdeelkas in plaas van 'n distribution box gewees het, spyskaarte sou Afrikaans wees, op jou krane sou warm en koud gestaan het in plaas van hot en cold, jou selfoon sou Afrikaans wees, jou kar se elektroniese inligtingspaneeltjies sou Afrikaans wees, motormodelle sou Afrikaanse name gehad het, Bloemfontein se uithangborde sou Afrikaans wees, stalletjies by feeste sou Afrikaans wees, OppieKoppie sou weer Afrikaans wees, wyn- en kaasetikette sou Afrikaans wees, die soort van ding.
Maar dit is nie so nie; ons tel nie want ons wil tog o so graag 'goed in Engels' wees. Ons ken nie die verskil tussen die ander wang draai en kruip nie. Gelukkig is Ons Nie Almal So Nie. Goddank daar is nog mense soos Dan Roodt wat darem nog geloofwaardigheid aan Afrikanerdurf verleen.
Jan Rap


Kommentaar
... s? ek mos ook nou!
Beste Jan Rap,
Jan Rap
Ek stem 100% met jou saam!
Angus
Don't suck up to the Sassenach bastarrrds!
Gang warily
Jan Rap
Beste JanRap,