Vir Cornelius

  • 20

Hello Cornelius,

Hiermee wil ek graag jou soeke om te bevestig wie ek is afsluit met die volgende. Dit is foto geneem 16 Februarie 2013, 'n week na my diagnose en terwyl ek op siekverlof was om aan te pas by die medikasie.

Baie dankie

Wouter

  • 20

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter,

    Hierdie foto van jou raak my baie diep en ek ervaar geweldig deernis vir jou. Die uitdrukking in jou oë, die verslaentheid, die pyn, die hartseer ... die woorde sonder woorde wat mens nie kan verbloem nie, al praat jy ook hoe ongeërgd  met jou lippe en jou geskrewe woorde. Ek is so  jammer vir jou dat iemand soos Cornelius so jag maak op jou ... maar dit eers maar daar gelaat.

    Vandag is jy in my hart en my gebede.

    As eenvoudige geskenk vir jou vir hierdie dag dra ek vir jou die diep en pragtige lied van John Denver op  - Perhaps Love (skip tog maar die irriterende advertensie vooraf), uitgevoer deur Placido Domingo en John Denver en die eenvoudige maar sielvolle lied van een van my gunstelinge, Cat Stevens toe hy nog Cat Stevens was... Morning has broken.

    Ek hoop dit beteken iets vir jou.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Beste Wouter, baie dankie ... hierdie foto seg meer as baie derduisende woorde ... Carpe Diem! Cornelius

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Van alle mense was dit toe Kobus wat vir Cornelius moes wys dat hy oor die tou getrap het.

    Dit gaan baie vat voor ek weer enige respek het vir Cornelius

    Chris

  • CorneliusHenn

    Het Wouter hierdie foto geplaas sodat ander my na dese met oorgawe kan minag? ... wel, gereken aan Chris Dippenaar met Kobus de Klerk selfs aan't die hand, blyk hul danse macabre wel so 'n gevolg te wees ... daarenteen, enigeen se rede kan verkeerd wees, maar 'n mens se gewete fouteer nooit ... en ek betrag Wouter se reaksies met 'n skoon gewete!

    Betreffende Chris Dippenaar (of enige ander sulke onderdrukker) se respek - of te wel, moraliteit? ... Morality is simply the attitude we adopt towards people whom we personally dislike. ~Oscar Wilde ... daarom is Kobus de Klerk en Chris Dippenaar se moraliteit so aanpasbaar (so mooi deur hulself hierbo gedemonstreer). Vir die rekord (vir wat dit werd kan wees), die heel eerste kommentaar hierbo onder "Cornelius", dis 'n ander Cornelius as ekke ... dis nie ek nie en ek distansieer my myself daarvan ... my kommentare staan alles onder my naam "Cornelius Henn". 

    Tog interessant hoeveel sulke agterbakse verskuildes hier rondhang, net om so ander by implikasie en andersyds te beledig ... dit hierbo, is die verskuilde "Cornelius" se eerste kommentaar op Litnet waarvan ek weet - tog staan die skyn daarin: "ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?" ... maar vir al wat ek weet, is die "Cornelius" hierbo op sy sterfbed - wie sal hom vra?

    Net so Kobus de Klerk se verwysing na my "heksejag" hierbo; hoeveel eerlike deelnemers is al deur die boef homself verdag gelaat?

    Gereken sy aanslag op die werf, het Wouter sy verantwoordelikheid nagekom deur homself te identifiseer - goed so!

    Lig ons self toe omtrent jou bedoeling Wouter.

    Nie te danke,

    Cornelius

  • Hello Kobus, 

     
    Vele dank van my kant af en is beide songs uit my hart uit waardeer. 
     
    Opmerklik hoe ek en jy op geleentheide altyd songs ruil en daarvan hou ek baie, amazing dink jy nie? Die foto was op 'n laagtepunt geneem en het die spreekwoordelik oggend intussen weer aangebreek maar die week na die diagnose was erg maar het ook verligting gebring aangesien dit die soveel maande wat dit voorafgegaan uiteindelik verklaar het.  
     
    ('n Voorbeeld sal wees, ek bly 1,5 kilometer van die werk af en het dit my in die middae na werk twee ure gevat om dit te loop, loop en rus, infeksies by die dosyne, koors daagliks, 'n nimmereindige papheid, ek het nie geweet dit is so erg nie totdat dit gebeur het nie ...)
     
    Ook word die sirkel wat hierdie onderwerp aangaan in 'n sekere mate volbring aangesien jy die eerste persoon hier was waarmee ek die onderwerp van 'homoseksualisme' bespreek het en wie sou op daardie stadium dink dat hierdie in die toekoms wag. Hierdie is nou nog 'n aspek wat tot dit gevoeg kan word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Chris, 

     
    Veral so in die lig van, 'ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer'? 
     
    Dit na daar kommentaar op kommentaar was deur hom dat die leuns haal my in en my identiteit sal ontbloot word om 'n leun te wees.....
     
    Wel ek het my deel gedoen, my self openbaar...
     
    Dit is dan maar seker hoe die lewe is. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Soos altyd bou jy 'n strooipop en skiet dit dan in flarde dat die stukke op my val.

    Indien jy nie jou stelling: "Dit na daar kommentaar op kommentaar was deur hom dat die leuens haal my in en my identiteit sal ontbloot word om 'n leuen te wees....." (sic), in soveel woorde aan my toegedig en met behoorlike aanhalings en skakels kan substansieer nie, is jy inderdaad die leuenaar wat jy hierbo beskryf.

    Ek aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir jou toestand nie. Jy neem wat my betref in eie keuse hier deel en kon jy jou verskuildheid voortgesit  het ook wat my betref.

    Wie weet wat van enigeen anders hier se dilemmas en pyn in die regte lewe.

    Dis wat ek bedoel met die werf is nie kerk nie - by 'n kerk is mense bekend met mekaar voor daar vermaan word. Preke het nie met sulke intimiteit te maak nie. Intussen blyk dit dat jy nou vrede daarmee gaan het dat Kobus de Klerk jou innig dog openlik voor ons almal hier gaan beraad. Ter wille ons ander die verleentheid te spaar, ek julle mooi vra dat julle 'n afspraak iewers in die regte lewe daarvoor maak!

    Wouter, ek is na dese net meer oortuig van jou ergerlikheid, aangesien jy nie eens huiwer om nou jou siekte as 'n bron van simpatie vir jou gebreinspoelde standpunte te misbruik nie, en ook om my in die verleentheid daarmee te probeer stel nie.

    Derhalwe, die "Cornelius" hierbo is net nog 'n verskuilde wie ek sekerlik nie durf waag se identiteit te bepaal nie ... ja, die moontlikheid is groot dat dit dalk iemand met veel meer simpatie as jy nodig het...

    Om te herhaal; tog interessant hoeveel sulke agterbakse verskuildes hier rondhang, net om so ander by implikasie te beledig ... dit hierbo, is die verskuilde "Cornelius" se eerste kommentaar op Litnet waarvan ek weet - tog staan die skyn daarin: "ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?" ... maar vir al wat ek weet, is die "Cornelius" hierbo op sy sterfbed - wie sal hom vra?

    Nie te danke,

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter,

    Ek is werklik dankbaar dat jy die geskenkie geniet het en dit vir jou iets kon beteken, al is iemand anders nou ook die talentvolle kunstenaars daarvan. Watter genade dat ons die vermoë het om dit te kan waardeer.

    Ja, die sirkel word dikwels nie met soete gevolg volbring nie - maar volbring, word hy volbring. Maar, ek is net so bly om te sien dat die spreekwoordelike oggend, ’n nuwe dag, met nuwe geleenthede en Genade - in jou geval daardie silwer randjie om die donker wolk van siekte – ook weer vir jou aangebreek het, soos ou Cat Stevens in daardie ou liedjie met 'n pragtige nuwe gewaad aan, vir ons so sielvol sing..

    Die uitruil van liedjies is inderdaad ‘amazing’, soos jy sê – die raakpunt tussen ons twee in ’n andersins wyd uiteenlopende en dikwels teenoorgestelde ervaringswêreld… en tog kan ons langs mekaar sit op die liedjiesbankie en heerlik saam daarin deel. Wonderlike gawe wat die HERE die mens gegee het… want musiek, só uniek aan die Godsgeskape mens, kan kom en gaan waar louter woorde dit dikwels nie kan waag nie…

    Groete en sterkte vir jou,
    Kobus de Klerk

  • Hmmn!

    Mooi gesig en die persoon lyk interessant.  Het ek jou nie miskien by Voëlkop raakgeloop nie?

    Jaco Fourie

  • Hello Cornelius Henn, 

     
    The plot thickens aangesien daardie 'ek reageer op amper 100 berigte daagliks wat was dit nou weer?', indien van jou af na al die verdagmaking dat 'Wouter Ferns' 'n leuen is en dit my amper 'n  week geneem het om die besluit te maak om hierdie bevestiging van myself te plaas en dan is dit jou reaksie beteken die spel is vuiler as wat ek gedink het. 
     
    Die rede was eenvoudig, jy het my identiteit verdag gemaak en die 'veiligste metode' waaraan ek kon dink is om te bevestig hoe ek lyk en die enigste foto tot my beskikking wat my op slegste wys in verband met aspekte hier openbaar het alreeds te plaas aangesien 'n persoon verkies gewoonlik om die blink kant bo te hou en dit te plaas as die waarheid. (Ek lyk natuurlik nou weer mens na vier maande se behandeling).  
     
    Dit is en was die rede vir my bevestiging van myself aan jou volgens die metode gekies.
     
    Ek kon daardie verdagmaking ignoreer - maar dan ook hoekom moet ek en het na ek dit oordink het op bogenoemde besluit om dit vir eens en altyd uit die weg te ruim.
     
    Indien jy nie daardie 'Cornelius' is nie dan verduidelik dit die misverstand van my kant af en beskou ek hierdie as afgehandel van my kant af. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Kobus, 

     
    Voor ek van boeke, tydskrifte en verwante media gehou het was dit liedjies en het ek 'n redelike groot versameling opgebou maar doen veel minder so huidiglik, maar dan is daar Youtube en hou ek gereeld 'n '90's revival' en die laaste jare van die 89's en dan die kunstenaars soos Cat Stevens, Neil Diamond en daardie liedjies en bands wat vasgesteek het in 'n mens se gemoed en laat Youtube 'n mens toe om dit enige tyd te herbesoek. 
     
    Om Jan Rap die horries te gee, 'songs is great!' 
     
    Na jou twee liedjies het 'n ander een in my kop bly draai, 'Blame it on the Bossa Nova', wat in die brein gebeur het om van 'Perhaps Love' & 'Morning has Broken' 'n konneksie na 'Blame it on the Bossa Nova' te maak is vir my 'n raaisel en daarom dan dalk bevestigend van die wonder van musiek, die emosionele respons wat nie beheer kan word nie.  
     
    Maar dan ook meer ernstiger, ja die sirkel is voltooi en blameer ek niemand behalwe myself nie. 
     
    Baie dankie nogmaals. 
     
    Wouter
     
  • Hello Jaco, 

     
    Jy is baie vrygewig met jou opmerking en waardeer ek dit en ongelukkig was ek nog nooit by Voëlkop nie maar die naam bevestig alles en het jy 'n veel stralejakkerlewe as ekke. 

    Baie dankie

    Wouter 
  • Hello, 

     
    Hiermee sluit ek af. Die beskuldiging was dat my identiteit 'n leuen was, en dit is gebruik vir alles wat dit werd was deur Cornelius Henn en na die bevestiging word die beskuldiging gedraai soos dit hier bo gelees kan word. Dit is dan ongelukkig hoe dit is en was ek bewus dat dit die risiko kon wees. 
     
    Die bewerings gemaak word daar gelaat en volstaan ek met hierdie laaste kommentaar. 
     
    Ek is dankbaar dat ek hierdie gedoen het aangesien dit darem een beskuldiging uit die weg geruim het. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Cornelius Henn skryf 2013-05-31 @16:45:
     
    Wouter,
     
    Jou venyn teen my as persoon sonder om enige van my vrae te antwoord, is tog duidelik vir enigeen wat hier lees.
     
    Wie voer dan nou kwansuis persoonlike vendettas op grond van gekrenkte egos?
     
    Ja, ek gee toe; dit moet vreeslik onaangenaam vir jou wees om so aanhoudend op jou onsin wat jy hier blaker, gewys te word!
     
    Hoekom gebruik jy nie hierdie geleentheid deur nou gewoon jou persoonlike pyn met my agterweë te laat, en my vrae hierbo te antwoord - as jy kon nie?
     
    Dink jy nou eerlikwaar dat jou saamsweer met "Dolf", en jou aanmoediging aan hom om my vrae te ontduik, enige ander intelligente belangstellende hier sal beïndruk?
     
    Agge nee hel Wouter; derhalwe voer jy ook nou lank reeds die leun dat jou doopnaam kamstig "Wouter Ferns" is (nes "Dolf" wat ook net nog 'n verskuilde is wat probeer voorgee dat Dolf, sy eie naam in 'n Doopregister iewers opgeteken is). 
     
    Ander eerlike bydraers soos Angus, Oester, en Thomas byvoorbeeld, lieg nie dat hul nom de plumes, hul doopname is nie...
     
    Dink jy nie miskien jou skuldige gewete om met soveel leuens hier rond te hang, jou nou begin inhaal nie?Keer terug tot my vrae en antwoord dit as jy kan!
     
    STERKTE vir jou en nie te danke,
     
    Cornelius
     
    Die skakel is soos volg: 
     
     
  • CorneliusHenn

    Wouter,  

    Jou aansporing vir die plaas van jou foto hierbo lees as volg: " ... derhalwe voer jy ook nou lank reeds die leun dat jou doopnaam kamstig "Wouter Ferns" is ... Ander eerlike bydraers soos Angus, Oester, en Thomas byvoorbeeld, lieg nie dat hul nom de plume, hul doopname is nie... "  

    Wel Wouter, ek kan eerlikwaar nie sien hoe die hartseer foto hierbo jou DOOPNAAM as "Wouter Ferns" bevestig het nie.  

    Jy het ook voorheen dit voorgegee dat jy jou ID nommer sal plaas - met 'n valse selfoon nommer daarby - en toe wys Trienie Mahne, jou leuen uit!  

    Wouter, jy speel self kat en muis omtrent jou identiteit.

    En, hoekom plaas jy toe na alles boonop 'n foto waarin jy emosioneel 'n laagtepunt beleef?  

    Derhalwe, al kom jy helaas vorendag met jou doopname en voeg dit by jou foto hierbo, gaan dit nie jou waan dat Protestante en Katolieke elk hul eie God aanbid, of jou onthutstheid dat die Afrikaner in 1913 aan bewind was, ongedaan maak nie.  

    Jou vyandigheid teenoor my pas vir Kobus de Klerk, Chris Dippenaar, en Jaco Fourie, maar ek dink jy onderskat ander belangstellendes se intelligensie.

    Soveel dan vir die simpatie wat jy hierbo uitgelok het.

    Wouter, ek stel dit openlik aan jou dat jy 'n patetiese uitbuiter van emosie en 'n leuenaar nes Kobus de Klerk is.  

    Hou asseblief by jou hofwaardige laaste sin: "Die bewerings gemaak word daar gelaat en volstaan ek [Wouter] met hierdie laaste kommentaar."  

    Nogmaals STERKTE en nie te danke nie,  

    Cornelius Henn

  • Wouter

    Ek verwonder my dat jy dit nodig ag om jou identiteit aan Woer-Woer hierbo te wil bewys, asook dat jy dit nodig ag om met hom voortdurend oor sy kleinlikhede te kibbel, gesien jou intelek ooglopend ver verhewe bo syne is.
     
    My mening is jy hoort jou tyd en aandag eerder aan diegene op die Net te konsentreer wat min of meer op par met jou intelek is.

    Neels het met omtrent almal wat van hom verskil, se identiteit bevraagteken.  Verbaas hy het nog nie myne bevraagteken nie, maar die sal nog seker eersdaags gebeur, en indien wel, gaan ek beslis my nie  aan hom steur nie.

    En wie is te sê Henn is wie hy is?  Omrede hy so behep is oor ander se identiteit, begin ek wonder of sy identiteit nie vals is nie.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Alhoewel nie volkome nie, is dit tog waar wat jy hier veronderstel Jaco (al oordryf jy met oorgawe in "Neels het met omtrent almal wat van hom verskil, se identiteit bevraagteken")... in plaas daarvan dat Wouter Ferns hom bepaal het by my vrae in die bydrae elders ter sprake, het hy homself in 'n aanval op my as persoon gerig... lees gerus die kommentare hier: https://www.litnet.co.za/Article/gelowige-teenoor-ware-gelowige om te sien hoekom Wouter Ferns se doopname ter sprake gekom het... ek het geen saak met hoe hy lyk nie, maar intussen probeer hy selfs nou sy patetiese toestand my verleentheid maak... dit gebeur ook te gereeld dat iemand 'n skuilnaam soos byvoorbeeld "Cornelius" hierbo gebruik - sulke strooipoppe word juis opgestel om 'n opponent verdag te laat... maar nou ja, Wouter Ferns se gewete pla hom duidelik, daarom hierdie ongevraagde reaksie van hom... dan is die rekord ook daar vir enigeen om te lees hoe hardnekkig en aanhoudend Wouter Ferns hom by Kobus de Klerk destyds geskaar het en vir Ronel as kamstig my alter ego verdag gemaak het - net omdat sy durf waag het my te ondersteun - en hier huil dieselfde Wouter Ferns vandag (met dieselfde Kobus de Klerk aan sy voete) - siestog... Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top