Gelowige teenoor ware gelowige

  • 10

Heil die leser.

Ene "Dolf" spu die volgende elders: Wat Cornelius aanbetref het hy hierdie keer, as ‘n hater van ware christen gelowiges, so wraggies uit die Bybel aangehaal alhoewel hyself nie 'n christen nie is nie..….hy is eintlik ‘n moslem en lees die Koran…..nee-nee, skuus, ek dink hy is ‘n hindoe en lees eintlik die Vedas…..ag nee, sorry man, hy is eintlik ‘n boeddhis en die Dhammapada is een van sy heilige skrifte………ai, nee-nee, ag tog man,…hy is eintlik ‘n…hy is ‘n….mmmm….nee-wat, ek is nou so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks en sukkel om by ou Cornelius se mengelmoes-kardoes godsdiens ideologie te hou. Ek sal maar eeder by die enigste ware evangelie hou soos vervat in die Woord van God, die Bybel. (sic)

Ja, soos gewoonlik is die punt in my bydrae ter sprake, ook totaal geïgnoreer - net "Dolf" se ego geld in sy woernaal hierbo ...

Sonder om na "Dolf" terug te blaf, ek graag die volgende duidelik stel; lankal reeds is daar sulke spotters en farisese redetwisters wat met hul onsin soos hierbo, onheil bring (teister), en hulself daarin verhef tot sogenoemde ware Christengelowiges.

Ek is ook absoluut en lankal reeds daarvan oortuig dat hierdie ware gelowiges (met vergelyk aan andere se harte in diens tot eer van ons almal se Skepper), in plekke soos die Serengeti - hul onthutstheid hulle so verward "soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie-boks" sal laat - daar's dan geen grense nie!? ... en ten einde hulself en hul onkunde te geld, hulle die wonder en elke unieke onderdeel daarvan, as 'n "mengelmoes-kardoes" hoon en verafsku (alles gereken in terme van hul geëien spirituele intelligensie en hul besonderse gawe om grense te bewaak)!

Ek wil regtig nie argumenteer oor sulke oorlogshond geswindheid en intellektualisme nie, maar kan enige van hierdie ware gelowiges asseblief die verskil tussen 'n ware gelowige en 'n gelowige verduidelik, asook hoe hul geloof, verhewe oor ander se eenvoudige geloof in God, bepaal word?

Ware gelowiges het ook 'n klipharde en argaïese manier om na hul beperking van God in hul vasomlynde leerstukke, as "sake gods" te verwys. Daarby is dit ook opmerklik hoe hierdie selfgetitelde ware gelowiges onder meer na ander as Moslemgelowiges, Hindoegelowiges, ... ensovoorts verwys.

Sal enige van hierdie sogenoemde ware Christengelowiges, asseblief ook verduidelik; is daar hoegenaamd iets soos 'n Moslem-ongelowige, Hindoe-ongelowige, ... of selfs 'n Christen-ongelowige?

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke liefde,

Cornelius Henn

  • 10

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Kyk net die taal. 
     
    Dolf skryf nie - Dolf spu. 
     
    Dolf is ook nie Dolf nie, maar "Dolf''.
     
    Hoekom so? 
     
    Net soos Wouter nie Wouter is nie, maar 'Wouter'. 
     
    Wat is dit met die alewige 'woernaal'?  
     
    Ook will die Henn nie blaf nie en Dolf is soos 'n 'oorlogshond'.
     
    Is die Henn nou finaal van sy fineer gestroop maar maak Henn tog 'n strooipop staande met sy 'ongelowige.....'
     
    Die enigste punt van bespreking bly maar die mengbak van gelowe wat Henn opklits tot 'n skuim van geen voedingswaarde nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
     
     
  • Hi Wouter,

    Ek wou aanvanklik nie eens die moeite doen om Cornelius te antwoord nie, bloot omdat hy eintlik geen argument voer nie maar eerder absolute snert kwytraak in 'n poging om sy eie ideologie te probeer regverdig? Hy is al soveel keer in die verlede uitgewys (tot vervelens toe) en nog steeds "woermaal" (een van sy gunsteling woorde) hy voort. Maar nadat ek jou skrywe gelees het, besef ek net weereens, dat alhoewel jy, ek en talle ander soos Kobus, Chris, ens. wat nie noodwendig sieninge deel (oor ware christen geloof, ens) nie en meerendeels verskil , maklik deur Cornelius se mengelmoes-kardoes godsdiens ideologie sien en dit dan ook dikwels as sulks bewys en uitwys.

    Soos jy tereg in een van jou vorige skrywes opgemerk het, gaan ons seker moet regmaak vir Cornelius se stortvloed van woorde wat vanuit sy allerlei "liefde" voortvloei, mos.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Ja, soos 'n pak wildehonde sak hierdie gewondes met  hul seergemaakte ego's op my toe  - die onderwerp skoon vergete ... hulle eentonige getjank - "die mengbak van gelowe wat Henn opklits tot 'n skuim van geen voedingswaarde nie" (sic), nog 'n desperate poging om antwoord op hul selfverheffing as "ware gelowige" teenoor eenvoudige kinders van die HERE, te ontduik (wonder nogals wat die ongelowige "Wouter Ferns" daarme te make het?) ... ek sou werklik 'n antwoord verwag het waarmee die maat van "ware Christengelowige" bepaal word ... maar nou ja, die hoop beskaam nie ... ek sal aanhou hoop dat selfs enige van hierdie slimjanne, "Dolf" en die karikatuur "Wouter Ferns", hul fenomenale spirituele intelligensie sal aanwend en verduidelik hoe "ware gelowige" bo gelowige verhewe staan ... die "Dolf - Wouter" aanslag, herinner ook sterk aan die "Tant Alie - Wouter" saga voorheen... siestog ... en o ja "Dolf", ek vra vrae - ek voer nie 'n argument nie ... erken maar net gewoon as jy nie die antwoorde daarop het nie en hou jouself dan daaruit ...

  • Hello Dolf, 

     
    Dit is my idee ook dat daar nie eerder in gesprek met Cornelius verkeer moet word, want gou gou word dit net 'n argument wat fokus op die  persoon en ek haat om hier deel te neem en die deelnemers op daardie vlak te bespreek en te argumenteer oor. 
     
    Maar die argument staan, Cornelius, het 'n vyand nodig. Daardlie lys sluit in myself, Kobus en nou jy as die nuuste vyand, die een waarop hy dan met absolute venyn fokus. Moet nie Tant Alie vergeet nie. 
     
    Die moontlikheid van 'n kalm gesprek is onmoontlik. 
     
    As vir hoekom ek as 'n ongelowige aan hierdie argument deelneem is soos volg. 
     
    Dit is volgens my noodsaaklik dat elke tradisie op sy eie terme ontmoet en verstaan moet word. 
     
    Op daardie manier word daar respek betoon aan die onderskeie tradisies en uitlewing van gelowe en oor tyd het ek 'n baie sterk gevoel daaroor ontwikkel en wil graag in die bresse tree vir die verskille. 
     
    Gee dan eerder vir my jou stellings en Kobus se stellings waar daar geen onduidelikheid is oor waarin julle glo nie. Al sou julle stellings per definisie jul praktyke as die enigste waarheid verdedig. 
     
    Daarmee kan gewerk word, nie om te oortuig nie maar om die bestaansblik te verstaan. 
     
    Te veel kere skuil Cornelius agter woorde en vaaghede. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Jou venyn teen my as persoon sonder om enige van my vrae te antwoord, is tog duidelik vir enigeen wat hier lees.

    Wie voer dan nou kwansuis persoonlike vendettas op grond van gekrenkte egos?

    Ja, ek gee toe; dit moet vreeslik onaangenaam vir jou wees om so aanhoudend op jou onsin wat jy hier blaker, gewys te word!

    Hoekom gebruik jy nie hierdie geleentheid deur nou gewoon jou persoonlike pyn met my agterweë te laat, en my vrae hierbo te antwoord - as jy kon nie?

    Dink jy nou eerlikwaar dat jou saamsweer met "Dolf", en jou aanmoediging aan hom om my vrae te ontduik, enige ander intelligente belangstellende hier sal beïndruk?

    Agge nee hel Wouter; derhalwe voer jy ook nou lank reeds die leun dat jou doopnaam kamstig "Wouter Ferns" is (nes "Dolf" wat ook net nog 'n verskuilde is wat probeer voorgee dat Dolf, sy eie naam in 'n Doopregister iewers opgeteken is). Ander eerlike bydraers soos Angus, Oester, en Thomas byvoorbeeld, lieg nie dat hul nom de plumes, hul doopname is nie...

    Dink jy nie miskien jou skuldige gewete om met soveel leuens hier rond te hang, jou nou begin inhaal nie?

    Keer terug tot my vrae en antwoord dit as jy kan!

    STERKTE vir jou en nie te danke,

    Cornelius

  • Beste Cornelius,

    'n Kollega van my en lekeprediker by wat ek noem 'n Amishgemeenskap (hy is 'n Duitser) trek die verskil tussen warm Christene, lou Christene en nie-Christene. Hy meen die lou Christene hou die meeste gevaar in vir die samelewing. Vir my is dit gelowiges wat glo in die bonatuurlike teenoor diegene vir wie die bonatuurlike nie bestaan nie. Daarom maak jou "Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke liefde," vir my sin. Kon jy ook Protestantse en Heidense hier bygevoeg het? Ek vra maar net, want dis mos ook geloof in die bonatuurlike.

    Groete
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Weens jare se Calvinistiese indoktrinasie omtrent 'n sogenaamde Roomse (Katoliek met 'n hoofletter)-gevaar, weet Protestante lankal nie meer hulle is katolieke nie.

    Sou hulle egter hul Nederlandse Geloofsbelydenis agter in 'n ou Psalmboek omblaai en dit lees, dan sal hulle wel die woord "katoliek" (met 'n kleinletter) in hul belydenis lees.

    Katoliek met 'n kleinletter verwys na die Algemene Kerk in Jesus Christus onse HERE die afgelope 2000 jaar  - oor die hele spektrum en al die vertakkinge daarvan heen.

    "Heiden", is seker relatief tot die Calvinis se denke, of te wel enige ander wat nie die Bybel as die Woord verafgod nie, en sluit daarom die Katolieke (Roomses), Hindoes, Moslems, Jode, ... in.

    Dis hartseer hoe harte soos Chris, Perdebytjie, Thomas, ... en baie ander hulself as ateïste ag, net omdat hulle nie die Bybel verafgod, of hulself buite die "susters" bevind.

    Dus sluit ek hopelik die Protestant en "heiden" in my hart, in my groete in.

    My liefdegroete is inderdaad vir 'n ieder mens op aarde ( my medemens - my naaste ) ... jy ook ...

    Namaste!

    Cornelius

    ( en o ja, al rol ek die kuber-boelies soos "Wouter Ferns" en "Dolf" hierbo kaalvuis, is die karikatuurmeesters agter hulle ook my naaste ... )

  • Beste Cornelius,

    Ek het eendag my eertydse buurman lelik geskok toe ek gesê het Katolieke is Christene. Ek dink hy het stilletjies vir Dominee gaan vra, want hy nooit verder gestry nie. 
     
    Jy bevestig my vermoede dat lidmate van die Susterkerke die Bybel verafgod.
     
    Ek sien jy sluit my (met hakies) uit as jou medemens -  jou naaste.
     
    Groete,
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus, ek bedoel jou in besonder te beklemtoon as my my naaste ... jy is reg! ... dis ongelooflik hoe hard oorlogshonde grense in Godsdeins probeer bepaal - so asof ons Skepper (as 'n objek nes 'n Bybel), kamstig buite ons moet wees ... Namaste! Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top