Brand Smit en "die oë van God"

  • 3

Beste Brand,

Weereens dankie vir jou betekenisvolle bydrae onder hoofde "Is 'n kameelperd werklik oranje, soos 'n lemoen?".

Ene "Dolf", dweep die volgende onderaan jou genoemde bydrae:  Brand, Die punt is die “gordyn” is toe nooit toe getrek nie – om die waarheid te sê, dit het middeldeur geskeur meer as 2,000 jaar gelede. Dit is die oë van God gegewe geloof wat die ware prentjie sien soos dit nog altyd was én altyd sal wees. Soveel só, dat dié gelowige, alles wat hierdie wêreld bied, kwytraak, bieg, probeer bewys, ens. aan die een Waarheid kan toets, die Waarheid van die Woord van God, wat nog nooit verander het nie. Dit is die siende blinde en horende dowe mens wat daaraan wil verander, byvoeg en/of verdraai om die prentjie te probeer verander in dít wat hy of sy graag wil hê dit moet wees ... Jy sien, Christus is gister en vandag dieselfde en tot in alle ewigheid. Sterkte. Dolf

(Die vetdruk in die aanhaling hierbo, is deur die uwe aangebring)

Brand, sedert die ontstaan van LitNet is menige belangstellende reeds deur infernale ware Christengelowiges soos "Dolf" geteister; teister, want respek vir hul medemens, of diens tot eer van God, is daar nooit van enige sprake in hul farisese twis vol selfverheffing nie.

Teëstellend en ter bemoediging vir jou en enige ander wat sou belangstel, deel ek die volgende: Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 1 Korinte 13:12 

Ja, dit staan inderdaad in dieselfde Bybel wat sogenoemde ware gelowiges in eie reg as die Woord, God, verafgod.

Mag Jesus Christus onse God, die Woord, self die wonder van verlossing in 'n ieder se hart skilder.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke liefde,

Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • Brand,

    As jy dalk “geteisterd” voel (ek twyfel) na my kommentaar op jou skrywe……..wel, sterkte dan daarmee…

    Wat Cornelius aanbetref het hy hierdie keer, as ‘n hater van ware christen gelowiges, so wraggies uit die Bybel aangehaal alhoewel hyself nie 'n christen nie is nie..….hy is eintlik ‘n moslem en lees die Koran…..nee-nee, skuus, ek dink hy is ‘n hindoe en lees eintlik die Vedas…..ag nee, sorry man, hy is eintlik ‘n boeddhis en die Dhammapada is een van sy heilige skrifte………ai, nee-nee, ag tog man,…hy is eintlik ‘n…hy is ‘n….mmmm….nee-wat, ek is nou so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks en sukkel om by ou Cornelius se mengelmoes-kardoes godsdiens ideologie te hou. Ek sal maar eeder by die enigste ware evangelie hou soos vevat in die Woord van God, die Bybel.

    Maar moenie komkommer nie, jy’t blykbaar ‘n broer in Cornelius bygekry…..die man kan nou wel nie vergewe nie, maar hy loop oor van allerlei “liefde”.

    Sterkte

    Dolf

  • Hello, 
     

    Die Henn het 'n nuwe vyand, Dolf, en is my voorspelling bewaarheid, die persoon van 2 honde het nie eers kans gekry om sy eie bene te staan nie. Vroeg dood en kan die Henn nie sonder 'n vyand nie. Daar moet 'n vyand wees. 

     
    Dit is hoe die Henn werk - kan nie anders nie. 
     
    Maar dan ook is ek gebreinspoel, 'n lakei van die KORPORASIE, en 'n Ingelse agenda. Alles die Henn se terme. 

     
    Ek wag nou vir die stortvloed wat my gaan tref, daarom dan by voorbaat, Cornelius Henn, ek vergewe jou. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Wouter, sonder om terug te blaf; jou gekrenkte ego en pyn net omdat jy verkeerd was is duidelik ... maar wat dink jy gaan dit jou baat as jy nadese my bydraes so probeer verdraai en jou pyn oral opdring? ... dink jy nie jy onderskat dalk ander belangstellendes se intelligensie nie, of dink jy regtig almal gaan jou onthutstheid as die alfa en omega sluk?... ek bid dat die boodskap wat ek hierbo deel, ongeraak verby jou en "Dolf" se bose aanslag daarop sal kom ... genade! Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top