Is 'n kameelperd werklik oranje, soos 'n lemoen?

  • 16

Vanoggend om en by vyfuur wakker geword vir omtrent 5 sekondes, ’n gedagte gehad oor ’n handvol vetkryte, ’n kind en ’n prentjie, en die wyer implikasie oor die beperking van taal met betrekking tot godsdiens en die “absolute” waarheid, en toe verder geslaap.

Die punt was dit: jy gee aan enige iemand 10 of 15 potlode (of vetkryte), elk ’n ander kleur. Dan trek jy die gordyne oop op ’n pragtige, kleurvolle toneel – kom ons sê ’n blommemark in Thailand, of ’n grasveld in Afrika net na goeie reëns, met dosyne spesies diere wat orals rondstaan, rondloop, of rondlê. Na die persoon die toneel ingeneem het, gee jy aan hom die opdrag om ’n voorstelling te maak van hierdie toneel, so na as moontlik aan die werklikheid. En hy moet dit doen met die 10 of 15 kleure wat jy aan hom beskikbaar stel.

Dalk is die persoon werklik talentvol, en sy skets is ryk aan detail, en vol kleur.

Vraag is: is sy voorstelling ‘n 100% akkurate verteenwoordiging van die werklike toneel – van die gras en bome en diere en lug en wolke en voëls, of van die mense en die blomme en die waterkanale en die bote en al die ander fyner detail wat die werklikheid vol maak?

Hoe kan dit wees? Hy’t net ’n dosyn kleure gehad om die toneel mee te skets! En dan is daar sy persoonlikheid, selfs die gemoedstoestand waarin hy was toe hy die skets gemaak het. Het hy, om een voorbeeld te noem, doelbewus nie die onweerswolke deel gemaak van sy weergawe nie? Of hoeveel detail het hy uitgelaat, eenvoudig omdat sy talent te kort geskiet het?

Stel jouself nou voor iemand trek die gordyn toe, en die skets word ’n toenemend kosbare kommoditeit. Binne ’n paar geslagte word hierdie skets die gemeenskap se enigste verwysing na die oorspronklike toneel.

Aanvanklik sou daar gesê kon word: “Hierdie is duidelik ’n kameelperd, hoewel ’n kameelperd nie werklik oranje is soos ’n lemoen nie, dis meer ’n donker mosterdkleur.”

’n Paar geslagte na die gordyn toegetrek is, is ’n kameelperd egter oranje, soos ’n lemoen, en dit was nog altyd oranje. Want die skets dui dit so aan – duidelik, vir almal wat oë het om te sien (“Hoe kan enige een dit ontken, selfs ’n kind kan dit sien … inderdaad, jy moet glo soos ’n kind”).

Nog ’n paar geslagte later, en jy kan in ernstige moeilikheid kom by die gemeenskap as jy eens daaraan dink om te beweer ’n kameelperd is enige iets anders as Oranje, Soos ’n Lemoen. Individue wat waag om iets te prewel wat klink soos “mosterd” in verwysing na die kameelperd, kan summier voor die hof gedaag word, gestraf word, in die kerker gewerp word, gefolter word, en in gevalle waar vermoed word dat so ’n persoon ander dalk kon beïnvloed met die ketterse mosterdkleur besigheid, na die brandstapel gestuur word.

“Jy is verkeerd,” is wat mense veel later, in meer beskaafde tye sou sê. “’n Kameelperd is oranje, ’n leeu is bruin, gras is helder groen, lug is blou, bokke is ook bruin en hulle oë is geel. Dit is so, dit moet so wees, dit kan nie anders nie, want die Heilige Skets sê so.” En enige een wat slim dinge wil kwytraak van ’n boksie potlode met net 10 of 15 kleure, en dat die skets net ’n opregte poging was om ’n voorstelling van ’n werklikheid te maak veel ryker in kleur, smaak, klank en gevoel vir enige mens met beperkte hulpbronne en vermoëns om ooit 100% akkuraat weer te gee, is eenvoudig te slim vir hulle eie beswil.

Brand Smit

  • 16

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Juistement! ... na die letter en na die gees ... Brand, jou uitbeelding van eng, kleingeestige redetwisters en fundamentele godsdiensboewe (soos byvoorbeeld die infernale en berugte "ware Christengelowiges" op die werf), is gewis ruim die waarheid ...

  • Brand,

    Die punt is die “gordyn” is toe nooit toe getrek nie – om die waarheid te sê, dit het middeldeur geskeur meer as 2,000 jaar gelede. Dit is die oë van God gegewe geloof wat die ware prentjie sien soos dit nog altyd was én altyd sal wees. Soveel só, dat dié gelowige, alles wat hierdie wêreld bied, kwytraak, bieg, probeer bewys, ens. aan die een Waarheid kan toets, die Waarheid van die Woord van God, wat nog nooit verander het nie. Dit is die siende blinde en horende dowe mens wat daaraan wil verander, byvoeg en/of verdraai om die prentjie te probeer verander in dít wat hy of sy graag wil hê dit moet wees ...

    Jy sien, Christus is gister en vandag dieselfde en tot in alle ewigheid.

    Sterkte

    Dolf

  • Dolf

    As God so magtig, liefdevol en alomteenwoordig was, hoekom sukkel hy so om die mensdom te oortuig van sy bestaan en hoekom is hy so selektief om net vir sekere uitsoek mensies soos jy, die spirituele insig te gee om 'n onbewysbare boek as waarheid te kan beleef?

     

    "Siende blind en horende doof" is eintlik net so van toepassing op mense wat nie na die saak van 'n anderkant af kan kyk nie. Bewyse, bewyse bewyse ... dis wat ons in 'n rasionele wêreld soek en daarvan is niks in die sg. Godgeinspireerde Bybel nie.

  • Brand, hierdie is weer een van die beter briewe, eerder as die skellings waar persone gekluister aan hulle eng waarhede die liefde probeer troef.

  • Perdebytjie,

    God ís die Skepper, God ís Almagtig, God ís Liefde en Hy ís Alomteenwoordig. Net die feit dat jy en ek lewe is al klaar klinklare bewys daarvan. Gaan kyk in jou spieël – wil jy vir my sê, dat, die feit dat jy kan sien, voel, ruik, hoor, dink, redeneer, en dies meer, jou oortuig dat jy tesame met die vyeboom in jou agterplaas, die vrugte-vlieg op een van die vye, die roosboom in jou voortuin, die luise op die roosknoppe, die mol onder jou grasperk, die goud vissie in jou vis-tenk, die mos aan die skadukant van jou huis en die duif wat op jou dak sit en koer, klaarblyklik dieselfde oer-oer-voorouer deel wat skynbaar miljoene-der-miljoene jare gelede, per toeval, ontstaan het vanuit een moewiese ontploffing……..en dit álles, omdat die wetenskaplikes só sê slegs omdat hulle só vermoed (eerder raai), want hulself het geen ware geloof en insig nie en soek daarom eerder naarstigtelik na iets rasioneel (volgens hulle) om God wat hul nie wil erken nie, te probeer wegbewys? En die feit dat jy meer ontwikkeld as jou bo-genoemde broers en susters is, slegs is omdat jy skynbaar vinniger “natuurlik geselekteer” het om te vorder in jou sogenaamde evolueering? Jy sien, die wetenskap het dit Nie bewys Nie en tóg glo jy dit, want dit is rasioneel? Wel indien dít die geval is, het jy eintlik ‘n ongelooflike groot “geloof” in die on-bewysde en on-rasionele.

    Verder is God juis nie selektief nie – Hy het dan jou en my gemaak – Hy het ook Sy liefde vir ons weereens bewys meer as 2,000 jaar gelede in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus – Sy liefde is juis vir állle mense deur Sy genadeversoening. Nee-nee, die selektiwiteit lê by die mens wat óf dit aanvaar óf dit verwerp – dié keuse is en bly joune en myne. Nader tot God en Hy sál tot jou nader!

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Dolf

    Het jy al ooit net miskien gewonder oor die Christusverhaal? Dis darem eintkik skokkend dat daar 'n paar duisend jaar voor Christus 'n identiese verhaal van 'n Egiptiese god bestaan het. Hierdie god se naam was Horus.

    Daar was ook 'n ster in die ooste, hy is gebore uit 'n maagd. Dertig jaar lank was daar niks bekend oor hom nie. Vanaf sy dertigste jaar verskyn hy op die toneel. Hy is gedoop in die Eridanusrivier in Jordanië deur Anup die Doper. Anup is later onthoof. Horus was bekend as 'n visser van mense en het twaalf lojale volgelinge gehad. Daar word vertel dat hy op water geloop het, duiwels uitgedryf het en siekes gesond gemaak het. Daar is vertel dat hy en God een is. Horus was ook bekend as die lig van die wêreld, die Lam, die Leeu, die een wat ly en die bron van ewige lewe is en dat hy die weg, die waarheid en die lewe is. Hy gaan ook na 'n berg vanwaar hy mense toespreek. Op die end word hy ook gekruisig en tussen twee diewe, begrawe in 'n grafkelder en hy verrys.Op 'n berg verander hy in iets wonderliks,daal af na die hel en gaan preek vir die siele daar,voordat hy uit die dood opstaan.

    So is daar nog gode se verhale met presies dieselfde ooreenkomste, nl Osiris, Krishna, Bacchus, Orpheus, Adonis, Attis, Hercules, Mithras, Thor die seun van Odin, Tammuz van Sirië, Beddru van Japan en Deva Tat van Siam.

    As mens eers hierdie goed raaklees, begin die Christusverhaal se egtheid verkrummel. As dit jou nie laat wonder nie, dan is jy nou maar eenmaal vasgevang in die indoktrinasie wat jy van kleins af beleef het.

    Sterkte vir jou ook.

    Perdebytjie

  • Perdebytjie,

    Dit is altyd vir my só opvallend (en soms kostelik) hoe ateïste/ogelowiges/antichriste hul bes probeer om met allerhande valshede vorendag te kom om Christus te probeer “wegkry” om sodoende hul eie dwase keuse van afvalligheid te regverdig en om die ou gewete te sus ... neem nou maar jou uiterste flou poging om twyfel te probeer saai deur absolute valshede kwyt te raak en Jesus probeer vergelyk met horus, ’n egiptiese afgod. Lyk my jy het weer jou ore uitgeleen aan Bill Maher nê? Of is jy ’n ou Gerald Massey (1828-1907) aanhanger?  Maar jy is gelukkig, want ek gaan jou gou-gou reghelp – jy sien, jy is nie die eerste een wat probeer om Jesus Christus te valsifiseer met onbewysde en ongegronde leuens nie, o nee, daar was al baie mislukte pogings voor jou en daar sal baie na jou wees en so sal julle kom en gaan, maar die Koninkryk van Christus sal altyd bly bestaan … haai dit rym!

    Maar ek dwaal af, laat ek gou die horus-kwessie die nekslag toedien. Kom ons kyk eers wie was horus. Horus is een van die oudste gode in die antieke Egiptiese geloof. Hulle het hom dikwels as ’n valk of ’n man met ’n valk-kop uitgebeeld. Die antieke egiptenare het geglo dat horus die god van die son of oorlog was, of albei. Aanvanklik was horus eers net ’n plaaslike god maar oor tyd is geglo dat die regerende Farao ’n manifestasie van horus is (Encyclopedia Britannica, “Horus”).

    Nou ja, die volgende valsheid word dikwels kwytgeraak om Jesus te vergelyk met horus:

    Geskryf in 1280 vC, die egiptenare se “boek van die dood” beskryf ’n god, Horus. Feit is, daar is baie antieke egiptiese “boeke van die dood” en nie net een amptelike een nie. Hierdie boeke is ’n kolleksie van antieke egiptiese uitsprake/idees wat hul geglo het help die gestorwenes op hul weg na die hiernamaals. Hierdie varieerende “boeke van die dood” is hoofsaaklik saam met “mummies” gevind deur argeoloë (The Oxford Guide to Egyptian Mythology, “Funerary Literature”). Party van hierdie boeke bevat uitbeeldings van horus maar sê nie veel van hom nie. Wat wel uitgevind is oor horus, is dat daar baie verskillende variasies oor sy storie is, wat gevorm, aangepas, aangevul en verander is oor die 5,000 jaar van die antieke egiptiese geskiedenis. Egiptoloeë verwys na die variasies as duidelike horus-gode.

    Die valshede oor Jesus en horus neem hier aanvang, waar daar beweer word dat die vroeë christene hul verhaal van Jesus gegrond het op horus se verhaal, deur net sekere gedeeltes uit te gesoek het oor die tydperk van die antieke egiptiese geskiedenis (onthou horus se verhaal is oor dié tydperk (5,000 jaar) aangepas, verander en aangevul). Die probleem met hierdie opvatting is dat dít slegs in huidige tye gedoen kan word omdat die moderne argeologie ons nou eers uitgebreide kennis gegee het van wat die antieke egiptenare geglo het. Die vroeë christene, selfs al sou hulle wou, het geen manier gehad om hul geloof op horus se mietes te kon grond nie. Hulle het miskien geweet wat was geglo oor horus deur die antieke egiptenare in hul tyd, maar hulle het geen toegang gehad tot die eindlose variteite van die stories van horus wat eeue onder die sand begrawe gelê het voordat dit in die 1800’s begin opgegrawe is nie.

    Die volgende voorbeelde hieronder van valse bewerings het dan ook sy oorsprong uit die bo-genoemde (ek skryf die valshede in “bold”) …

    Horus is die seun van die Osiris, gebore uit ’n maagd, nogal. Daar is geglo dat die ma van horus die godin Isis was. Haar man, die god Osiris, was doodgemaak deur sy vyand Seth, die god van die woestyn, en is later in stukke opgekap. Isis het daarin geslaag om Osiris se liggaamsdele bymekaar te maak behalwe sy fallus ("phallus") wat in die Nyl gegooi is en deur babers opgeëet is. Isis het haar goddelike kragte gebruik om tydelik ou Osiris op te wek nogal met ’n goue phallus. Sy is toe swanger gemaak en horus is gebore. Dus, hoe ookal na die storie gekyk word, horus is nie uit ’n maagd gebore nie.

    Horus was “gedoop” in ’n rivier deur "Anup die Doper", wie se kop later afgekap is. Daar is geen karakter in die antieke egiptiese mitologie met die naam “Anup die Doper” nie. Dit is die konkoksie van ’n 19de eeuse engelse digter en amateur egiptoloog by name Gerald Massey. Alhoewel Massey  ’n aantal boeke geskryf het oor die onderwerp Egiptologie, word sy werke grootendeels deur professionele Egiptoloeë geignoreer. Die feit is, Massey se werke word só laag geag in die argeologiese kringe dat dit moeilik is om verwysings na hom te kry in gerekende moderne publikasies.

    In sy boek Christ in Egypt: The Horus-Jesus Connection probeer die skrywer D.M. Murdoch – deur swaar op die konkoksie van Massey te leun – om “Anup die Doper” as die egiptiese god, Anubis, te identifiseer. Hy probeer dan die sogenaamde parallele illustreer tussen Anubis en Johannes die Doper. Daar bestaan egiptiese grafkelder skilderye en beelde om die idee te ondersteun dat ’n rituele wassery gedoen is gedurende die inwyding van ’n farao, maar dit word altyd voorgestel as dat dit gedoen is deur die gode. Dit dui daarop dat die wassery verstaan is as ’n spirituele gebeurtenis en dat dit waarskynlik nie werklik, in realiteit, gebeur het nie (Alan Gardiner, The Baptism of Pharaoh, The Journal of Egyptian Archaeology, vo. 36). Dit het ook net met konings (farao’s ) gebeur (indien dit enigsins gebeur het), en daar is geen illustrasies, beelde, sketse, ens. wat bestaan of bewys dat horus in ’n ritueel “gewas” is deur Anubis nie. Dit is bloot ongegeronde wensdenkery.

    Soos Jesus, is horus ook versoek in die woestyn. Die gids van die fliek “Zeitgeist” beskryf die basis van die bewering, deur te verduidelik dat “soos wat satan met Jesus gedoen het, só poog Seth om Horus te dood” - Seth, die god van die woestyn, veg teen Horus, terwys Jesus versoek word deur satan in die woestyn. Maar hier is die fout – om oorlog teen die “god van die woestyn” te doen is nie dieselfde as om versoek te word terwyl Jesus alleen in die woestyn is nie – satan poog nie om Jesus te dood nie. Verder is die verhouding tussen Horus en Seth in die antieke egiptiese geloof, totaal verskillend van die verhouding tussen Christus en satan. Terwyl Seth en Horus gereeld in geskille teenoor mekaar was, is dit geglo dat dit juis hul rekonsiliasie/versoening was, wat die farao’s toegelaat het om oor ’n verenigde land te regeer. Dit was geglo dat die farao ’n “Horus versoen in Seth” was of ’n heer in wie die gees van wanorde geintegreer is (The Oxford Guide to Egyptian Mythology, “Seth”). In skrille en duidelike kontras, is daar nooit enige rekonsiliasie/versoening tussen Christus en satan in die Bybel nie.

    Horus soos Christus, het siekes gesond gemaak, blindes laat sien, duiwels uitgedryf ens. Die “Metternich Stella”, ’n monument van die 4de eeu vC. vertel ’n storie waar Horus vergiftig word deur Seth en dan weer lewend gemaak word deur die god Thoth op versoek van Isis, horus se ma. Die antieke egiptenare het die uitsprake (“spell”) soos beskryf op die monument gebruik om mense te probeer gesond te spreek/maak. Dit was geglo dat die gees van horus in die sieke sal loop/woon en dat hulle dan gesond sal word op dieselfde manier as wat hy genees is. Hierdie spirituele inloop/woning is vêr verwyderd van die fisiese genesings bediening van Christus. Horus het nie die land deurkruis, sy hande op siekes gelê en hulle genees nie. Soos in glad nie.

    Horus het Asar uit die dood opgewek . “Asar” vertaal na “Lazarus”.  Die naam “Osiris” is ’n griekse transliterasie van die egiptiese naam “Asar”.  Onthou dat Osiris die vader van horus is, wat, soos die mite gaan, gedood is deur Seth en tydelik terug gebring is in die lewe deur Isis, om haar swanger te maak met horus. Dit was dus nie Horus wat “Asar” tydelik uit die dood teruggebring het nie, maar sy ma Isis.

    Die naam Lazarus is eintlik afgelei van die Hebreeuse woord “Eleasar” wat beteken “God het gehelp”. Dié naam is was algemeen onder die jode in die tyd van Jesus. Om die waarheid te sê, twee figure het die naam in die NT (Joh. 11 en Lukas 16:19-31).

    Horus het soos Jesus ook twaalf dissipels gehad. Weereens kry hierdie valsheid sy oorsprong in die werke van Gerald Massey (Ancient Egypt: The Light of the World, book 12), wat verwys na ’n muurskildery uitbeelding “die twaalf wat die oes inbring”. Maar Horus verskyn nie op dié muurskildery nie. In verskeie Horus mites is daar indikasies van die vier “seuns van horus” of ses semi-gode, wat hom gevolg het en by tye was daar ook verskeie getalle menslike volgelinge, maar hulle tel nooit op na twaalf nie. Dit is net Massey wat by hierdie syfer uitkom en hy doen dit deur slegs deur te verwys na die muurskildery met geen Horus daarop nie.

    Horus was eerste gekruisig. In vele boeke en op talle webwerwe wat poog om hierdie konneksie te maak, word daarop gedui dat daar talle antieke uitbeeldings is van Horus wat met sy arms uitgestrek staan in kruisvorm. Die opvatting kan net met ’n opregte “En jou punt is?” beantwoord word. ’n Uitbeelding van iemand wat met sy/haar arms uitgestrek in kruisvorm staan is glad nie ongewoon nie, dit is ook nie enigsins ’n “bewys” dat die storie van ’n "ander" gekruisigde redder,  Jesus Christus voorafgaan nie.

    Verder is daar uitgebreide bewyse vanaf buite-Bybelse bronne, dat die Romeine rondom die tyd van Christus, kruisiging as vorm van doodstraf gebruik het. Nie net dit nie, maar daar is ooggetuies in die Bybel self, van Christus se kruisiging. Daar is egter geen historiese bewyse hoegenaamd, wat voorstel dat die antieke egiptenare van hierdie tipe straf gebruik gemaak het nie.

    En na drie dae, het twee vroue aangekondig dat Horus, die redder van die mensdom, opgestaan het uit die dood. Soos verduidelik hierbo, die storie van Horus die kind, wat sterf en weer lewend gemaak word, word beskryf op die “Metternich Stella”-monument, wat op geen manier met die offerdood en opstanding van Jesus Christus vergelyk kan word nie. Christus het nie as kind gesterf nie, om net weer lewend gemaak te word omdat sy treurende ma na ’n "towenaar-dier-kop-god" gegaan het nie.

    Die mitologie van horus is naby verwant aan die farao’s, want daar is geglo hulle is in die lewe, Horus en in die dood, Osiris. Met die opvolging van die een farao na die ander, oor die eeue heen, het ook baie nuwe variasies van díe mite gekom. Soms is geglo Horus is die god van die lug of son, ander tye is geglo hy is die god van oorlog, ander tye is beide geglo – maar hy is nooit as die redder van die mensdom beskryf, uitgebeeld of as sulks geglo nie.

    Daar is nog ander powere en wanhopige pogings deur ateïste en antichriste om Jesus Christus te probeer wegbewys of as mite voor te stel. Almal van hulle is onbewys en kan nie gestaaf word deur betroubare historiese en argeologiese bronne nie.

    Nou ja, Perdebytjie, jy soek mos “bewyse, bewyse, bewyse, … in jou rasionele wêreld ”, dan nie? Wel daar het jy dit dan nou.  Elk van jou bewerings is toe nou as vals uitgewys/bewys. Jy is egter baie welkom om my verkeerd te bewys met die nodige verwysings na jou bronne ter ondersteuning. Hoekom beweeg jy nie dan maar Adonis, Hercules, en dies meer nie … miskien kan hulle jou help om God weg te bewys. Maar ek sal nie my asem ophou nie. Jy kan egter gerus jou skrywe hierbo staaf en die lesers verwys na die bewysde “presies dieselfde ooreenkomste” soos deur jou beweer wat bestaan tussen Christus en Adonis, Hercules, Osiris, ens en ook natuurlik ter ondersteuning van jou beweerde “verkrummeling” van die Christusverhaal.

    Jy sien, Perdebytjie, ek twyfel nie aan Jesus Christus nie en nog minder skaam ek my vir Hom - maak nie saak wat jy in wanhoop na my kant toe gooi, om twyfel te probeer saai nie. Jy, soos vele ander op die net, ken Hom nie en ware geloof ontgaan julle eenvoudig net, maar julle is ongelooflik uitgesproke oor Hom.

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Dolf,

    Ek sien jy is nog steeds besig om jou vingers stomp te tik vir jou god. Sterkte, man!
    Vir jou inligting: wetenskaplikes het darem bewyse vir hulle teorieë en elke dag stroom nog meer by. Watter bewyse het Christengelowiges vir dit waarin hulle glo? Watter bewyse het hulle daarvoor dat die eerste mens Adam was, en dat hy eensklaps, volwasse geskape is met tieties en al? En watter bewyse stroom nog daagliks in dat Eva eensklaps van Adam se ribbebeen gemaak is? Het hulle al probeer bewys dat bome en diere kan praat soos jou woord van god dit as waarheid verkondig? Indien wel, laat my asseblief weet dat ons die egtheid daarvan kan toets.
     
    Groete
    Angus 
  • Beste Dolf,

    Jy vra bewyse daarvoor dat Chistus 'n mitologiese figuur is? Dit staan dan in die Bybel! Honderde mitologiese figure se moeders was maagde en is deur gode bevrug: Attis, Aion, Dionysus, en selfs Julius Caesar is ewe skielik maagdelik gebore nadat hy as Romeinse god verklaar is. 
     
    Soek jy nog bewyse? Daar is nog baie.
    Groete
    Angus 
  • Hello, 

     
    Om te begin laat ek almal eers sterkte toewens. 
     
    Sterkte.    :>)
     
    Ons almal het dit nodig. 
     
    Daar is geen twyfel nie maar ek is erg oor Perdebytjie en het nog net altyd goeie interaksie gehad en daarvoor is ek baie dankbaar en sal niks doen om skade te doen daaraan nie. 
     
    Ek is egter bly dat die verwysing na Horus opgekom het, aangesien dit 'n onderwerp is waaroor ek nog altyd wonder en heeltemal bereid is om Jesus te verdedig as 'n werklike persoon en soos elders teenoor Chris aangedui dat ek nie kan aanvaar dat Christus slegs 'n mitologiese figuur was nie en tesame daarmee die verwantskap wat daar gepoog word om te maak tussen Horus en Jesus. 
     
    Voorheen het ek ook al briewe geskryf hier om Jesus as 'n werklike persoon, Yeshua, te verdedig en gaan voort om so te doen en herhaal ek weer van daardie argumente: 
     
    Die stelling gemaak op daardie tyd was ook dat die historiese Jesus nie bestaan het nie en was die argument aangebied dat Jesus 'n vergestalting van Horus was. 

    Hierdie is 'n tameletjie want wat sou dan as genoegsame bewyse geld. 

    In die eerste geval bespreek Michael Dirda die briewe van "Pliny the Younger" en skryf Dirda die volgende,

    Pliny even speculates about those strange cultists known as Christians. 

    Nou dit is nie om hare te kloof nie, maar daar word na die kultus verwys en nie die persoon nie. Ook so, Josephus, uit sy werk getiteld, Antiquities wat die volgende stel: 

    "About this time there lived Jesus, a wise man, if indeed one ought to call him a man. For he wrought surprising feats and a teacher of such people as accept the truth gladly. He was the Messiah. 

    Die enigste probleem wat die redakteur het met bogenoemde beskrywing is die volgende: 

    This celebrated passage, with its open acknowledgment of Jesus Messiahship and its not very subtle Christian colouring throughout, has long provoked suspicion that either a complete forgery or a series of interpolations had taken place. The latter is not an unlikely possibility, particularly in the light of such latter-day versions as the following, found in a 10th century Christian historian, Agapius of Manbij and reads as follows: 

    Similarly Josephus the Hebrew. For he says in the treatises that he has written on the governance of the Jews: 

    "At this time there was a wise man who was called Jesus. And his conduct was good, and he was known to be virtuous. And many people from among the Jews and the other nations became his disciples. Pilate condemned him to be crucified and to die. And those who had become his disciples did not desert his discipleship. They reported that he had appeared to them three days after his crucifixion and that he was alive; accordingly, he was perhaps the Messiah concerning whom the prophets have recounted wonders. 

    Wie is dalk die belangrikste profeet in hierdie verband? 

    Sekerlik Jesaja en hierdie laaste gedeeltes van (2) Jesaja 49:1-6: 

    "It is too little that you should be My servantIn that I raise up the tribes of JacobAnd restore the survivors of Israel: I will also make you a light of nations, That My salvation may reach the ends of the earth

    Met bogenoemde is die kiem geplaas in Joodse denke vir 'n Messias en het genoeg Jode in die konteks van Jesus se tyd geglo dat hierdie persoon aan daardie vereistes voldoen. 

    Die probleem van Christus moet dus nie net gesien word in die konteks van die periode waarin hy funksioneer het, maar in die geskiedenis van die Joodse geloof wat so 'n persoon moontlik maak.

    In hierdie konteks kan die werk van Maimonides beskou word: 

    But if he (who claims to be the Messiah) does not meet with success or is slain, it is obvious that he is not the Messiah promised in the Torah. Even Jesus of Nazareth, who imagined that he was the Messiah and who was put to death by the court, Daniel had prophesied, "And the children of the violent shall lift themselves up to establish the vision but they shall stumble. But he caused Israel to be destroyed by the sword, their remnant to be dispersed and humiliated. He was instrumental in changing the Torah and causing the world to err and serve another besides God. 

    Hierdie aangehaalde gedeeltes bewys nie die bestaan van Jesus as sodanig nie, maar dien as bevestig die moontlikheid dat 'n persoon wel in hierdie hoedanigheid funksioneer het, en word dit aanvaar in die algemeen dat daar 'n werklike persoon was, wat die persoon waaroor bespiegel word, vergestalt het. 

    Om dus Christenskap aan te val met die argument dat Jesus nie bestaan nie, is totaal die verkeerde strategie, want dit is nie waarop dit rus nie, behalwe vir die Christen, maar wel hoe daardie persoon moet interpreteer word. 

    Die moontlikheid van 'n Messias het 'n lang aanloop en kan die omstandighede wat dit moontlik gemaak het vir hierdie persoon om as die Messias verklaar te word eerder ondersoek word en is dit die sleutel tot die historiese Jesus. 

    Hoekom Yeshua? 

    En hoekom op daardie stadium?
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 
     

    Die vraag oor Jesus vs Horus, doen nou al lank die rondte hier en wantrou ek die gemaklike ooreenkomste wat tussen Jesus en Horus gevind word en wil ek dit verwerp as onsin, tot en met iemand vir my 'n betroubare studie oor die onderwerp kan lewer. 

     
    Vreemd genoeg vind ek niks wat dit bevredigend aanspreek in enige van die bronne wat ek vertrou nie. Die naaste wat ek kom aan iets wat dalk die metodiek beskryf van waarom hierdie idees die rondte doen is uit 'n boek getiteld, Structuralist Interpretations of Biblical Myth by Edmund Leach & D Alan Aycock. 
     
    Die argument word soos volg opgesom: 
     
    The basic argument that lies at the back of this collection, Leach remarks, is that sacred texts contain a religious message which is other than that which can be immediately inferred from the manifest sense of the narrative. 
     
    Religious texts contain a mystery; the mystery is somehow encoded in the text; it is decodable.
     
    ”The main example of how Leach’s form of structuralist analysis applies to Bible mythology is a fascinating discussion of Moses and his sister, Miriam, entitled “Why did Moses have a sister?” 
     
    Leach begins by asserting that the Pentateuch is dominated by Egyptian models of the relations between gods and men. 
     
    This is reasonable although the central idea in Israelite religious history is its radical difference from surrounding peoples and especially from Egypt. 
     
    We can be persuaded to see Abraham as a minor Pharaoh figure, when we remember that he offers his wife, Sarah, to Pharaoh, saying that Sarah is his sister. 
     
    We recall that the Pharaoh’s principal wife was reputed to be his sister or half-sister, and was associated with the goddess Isis. 
     
    According to Egyptian myth, the double godhead of Osiris and Horus is incarnate in the Pharaoh and his heir. In Genesis, Joseph becomes the adopted son of Pharaoh and, eventually, his co-ruler; so, in Leach’s interpretation, he becomes Horus to Pharaoh’s Osiris. 
     
    Later in the story the miraculous childhood rescue of Moses from the bulrushes echoes the myths of the infant god, Horus, who was taken from the reeds. 
     
    In tracing how these myths are entwined through Egyptian sources, the Old Testament, and the New Testament, Leach emphasizes the influence of the Egyptian “model.” 
     
    Herod’s massacre of the innocents at the birth of Jesus resembles closely the account of the Pharaoh who, in Moses’ time, orders the death of the male Hebrew children. 
     
    So for Leach the infant Jesus corresponds to the infant Moses and the infant Horus. 
     
    The female counterpart to the Osiris-Horus figure is Isis. If the three figures of Jesus, Moses, and Horus are equivalent according to the Egyptian model, a question arises about Miriam, Moses’ sister. 
     
    Why does Miriam, if she is to be equated with the powerful goddess Isis, cut such a shadowy and inconsistent figure? 
     
    The answer, according to Leach, is that the religion of the Hebrews developed in a region “in which the sacrifice of firstborn children was very widespread.” Child sacrifice was part of the cult of Moloch, the male god, and Ashtaroth, the female goddess. The Jewish religious reformers, seeking to reject this cult, eliminated the female aspect of divinity, and replaced child sacrifice by other rituals, for example, consecrating their firstborn to God’s service. (At this point, Leach has tacitly replaced the Egyptian religious model with a Phoenician one - Molech and Astarte - to which he claims the Bible characters correspond. 
     
    The shift does not, however, satisfactorily explain why Moses’ sister should be sent backstage, since she is, according to Leach, associated with Isis, not with Ashtaroth.)
     
    Dit beteken nie die dat baba Horus, is dieselfde as baba Moses en dan uiteindelik baba Jesus nie  en die voorbeelde soos uitgelig in die aangehaalde gedeelte, maar dat dieselfde "patroon" gebruik word, maar dit beteken dat die onderwerp van Structuralism aangespreek moet word. 
     
    Mary Douglas, is nie werklik te vinde vir hierdie ontleding van Leach en kom sy met die volgende argument vorendag: 
     
    Every element of the Egyptian model seems to be present, the problem with Leach’s method of myth analysis is that a preconceived structure may be found practically anywhere. If Leach is really doing something more scholarly and rigorous than Frazer and Eliade, his own special kind of structuralism must provide a way of avoiding the pitfalls that they fall into. 
     
    He should show that he is not imposing his own categories on the myths, and that he has a reliable method for finding the structure that is already there. He will then be revealing something, not inventing it. 
     
    For that revelation, however, Leach cannot rely on his own intimate knowledge of the culture and society he chooses to examine. For he does not read Hebrew and does not pretend to be a Hebrew scholar, still less an Egyptologist. Indeed, his bold etymologies have made many an Ancient Near Eastern scholar shudder. 
     
    Evidently Leach places all his faith in his own method of finding patterns.
     
    Bogenoemde is dalk 'n antwoord op die sogenaamde patrone wat orals gevind word, neem kennis dat dit ontken nie invloede tussen kulture nie, maar is 'n aparte en meer komplekse studie. 
     
    Baie dankie en weereens sterkte vir almal. 
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Die eerste verwysing na die Testimonium Flafianum is in die werk van Eusebius. Soos jy aangedui het in jou aanhalings, dit is onmoontlik om die woorde van Josephus te neem as oorspronklik in die 'Antiquities'. Nie 'n enkele Kerkvader voor Eusebius verwys na die Testimonium nie en dit versterk die vermoede dat hierdie gedeelte die werk was van Eusebius.

    Ek kan sommer al klaar sien dat ek en jy oor heelwat gaan verskil. Jy sê die volgende: "Om dus Christenskap aan te val met die argument dat Jesus nie bestaan nie, is totaal die verkeerde strategie, want dit is nie waarop dit rus nie, behalwe vir die Christen, maar wel hoe daardie persoon moet interpreteer word". Hoekom so haastig? Maak dit nie meer sin om te probeeer vasstel of dit 'n historiese figuur is, en of dit nie dalk 'n mitologiese figuur is wat ondersoek en geinterpreteer moet word nie? Ek besef dat hierdie vraag dalk nie geantwoord kan word nie, maar om dit te ignoreer, soos wat jy voorstel ons doen, is nie aanvaarbaar nie. Die onderwerp is dan juis die oorsprong van Christendom. Ek dink dat jy hierdie vraag verwar met die gevolg daarvan.

    Ek het, idioot wat ek is, 'n bydrae elders geplaas waar ek probeer verduidelik hoekom ek ook nie die Horus parallel sluk nie. Plaas dat ek dit hier geplaas het.

    Chris

  • Hi Angus,

    Het jy my en Chris se skrywes gelees dat daar baie gerekende historiese en selfs argeologiese bronne is wat die historiese feite in die Bybel bewys? Daar is ook buite-Bybelse bronne wat bewys en bevestig dat Jesus Christus geleef het en gekruisig is. Jy kan dit gerus "Google" soos ek en elkeen op hierdie forum dikwels doen as ons antwoorde/bewyse soek wat ons nie noodwendig ken nie (party wil dit net nie erken nie en probeer die indruk skep dat hulle self navorsing in biblioteke, ens. gaan doen - Ja-ja, "whatever"). Verder is daar ook oog en oor getuies in die Bybel self, wat die waarheid van die lewe, kruisiging en opstanding van Christus bevestig. Dus, om te beweer dat Christus 'n mite is, is eenvoudig 'n idiotiese opvatting. En om verder Christus te probeer vergelyk met bewysde gode-mites van die antieke egiptiese en griekse mitologie grens aan niks anders as dwaasheid nie. Soos hierbo bewys is, is enige vergelyking tussen gode-mites (in hierdie geval, horus) en die enigste Messias, Jesus Christus, die nekslag toegedien. Indien jy anders dink is jy, perdebytjie en enigiemand welkom om my verkeerd te bewys tesame met verwysing na gerekende en betroubare bronne ter ondersteuning. Anders is dit maar net 'n poging van jou/julle om die Waarheid van Christus te probeer valsifiseer deur kwaadstokery en blatante leuens.

    Julius Caeser is nie 'n mite nie, en het werklik bestaan (vra ou Brutus, wat Julius beslis nie as 'n god gesien het nie). Ek dink dit is dwaas van jou om met allerlei vermengings tussen mitelogiese gode en geskiedkundige figure vorendag te kom en dan dit met Christus probeer vergelyk - maar dit is waarskynlik dan ook net nog 'n poging van jou ter selfregverdiging en gewete-sussery van jou selfgekose weg.

    Terloops, jy moes my aanvanklike vraag aan Perdebytjie hierbo gelees het - die een waar ek haar vra om in die spieel te kyk, ens..... Siende dat jy steun op wetenskaplike bewyse waarvan "elke dag meer bystroom", hoekom antwoord jy dan nie sommer namens haar nie?

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Hello Dolf

    Ek neem aan dat die buite-Bybelse bronne wat jy van praat verwys na Josephus en Tacitus. Soos Wouter hierbo aangedui het sal dit onmoontlik wees om te aanvaar dat die gedeelte uit die 'Antiquities' die woorde van 'n eerste-eeuse Jood kan wees. Selfs as mens sou wou aandring op 'n verwysing na Jesus deur Josephus, nadat die ooglopende Christen interpolasies verwyder is, sit jy met 'n verwysing na wat Christene glo, nie bewyse van 'n historiese figuur nie. Dieselfde geld vir Tacitus se verwysing na Christus (nie Jesus nie). Om dinge verder moeilik te maak weet ons ook nie wie Josephus en Tacitus geraadpleeg het as bron nie.

    As ek berig dat daar 'n groep mense is wat glo aan ruimtemannetjies maak dit my slegs bewus van hierdie geloof wat sommige mense het. Dit kan nie dien as bewys vir ruimtemannetjies nie.

    Chris

  • Hello Chris, 

     
    Vir die rekord ek is heeltemal bereid om te verskil van jou aangesien ek jou insette waardeer en besef dat jy dinge weet wat ek nie weet nie en 'n ernstige student oor hierdie en ander onderwerpe is. Daarom is jou ontledings vir my leersaam en slaan ek ag op jou stelling dat daar dalk te vinnig deur my opgetree kan wees en dat daar waarde daarin steek om die aard van die wese te bepaal. 
     
    Dalk is dit net 'n mitologiese figuur. 
     
    Hoe sal so ondersoek werk?. 
     
    Met dit dan ook, ek het jou brief oor Horus gemis, kan jy dit hier plaas of dan die skakel vir dit plaas?
     
    Ek wil dit ook graag lees. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Dolf

    Ek antwoord graag op jou vraag oor die kyk in die spieël. Ek sien 'n wese wat deel was van miljoene der miljoene jare se evolusie. 'n Wese wat totaal onvolmaak is, vol skete, pyne, gebreke, kans om enige oomblik om te kap vanweë baie onvolmaakthede aan hierdie sogenaamde volmaak geskape lyf. Dis 'n mite dat enige wese op aarde volmaak geskep is. Siekte, gebreke en die dood is deel van elke liewe plant, mens, dier, voël, insek, vis.

    Daar is miljoene bewyse vir evolusie en dis lankal nie meer 'n teorie nie. Daar is natuurlik nog baie ruimte vir navorsing, want dinge verander dag by dag, soos wat nuwe inligting beskikbaar raak en navorsingsmetodes verbeter.

    Hierdie gesprek is al honderde kere op hierdie forum gevoer en ek verbeel my ek het jou al gevra of jy ooit Darwin se boek gelees het, asook Richard Dawkins se Greatest Show on Earth. Die blote noem van hierdie twee here se name, laat Christene in hul dop kruip, want dit is vyand nommer een vir die mite waaraan hulle klou. Ek het al hoeveel keer gehoor dat daar gesê word "ek is nie uit 'n aap ontwikkel nie". Hierdie opmerking bewys gewoonlik die totale onbegrip waaroor evolusie gaan. Dit kan nie met een enkele sinnetjie van die tafel gevee word nie en daar moet 'n deeglike studie van gemaak word, voordat so 'n dom uitspraak gemaak kan word.

    Evolusie verg intense biologiese studie van lewe op aarde vanaf die vroegste tyd. Dis nog geensins 'n voltooide studie nie en baie wat ons vandag as feit aanvaar, kan in die toekoms nog verander. Die feit dat die aarde toe nooit plat was en ook nie die middelpunt van die heelal nie is juis bepaal deur navorsing en voortdurende verandering vanweë kennis en nuwe inligting. Hoekom is dit dan dat daar nog vasgesteek word by baie idees uit 'n horingou geskrif, wat deur mense uit 'n totaal ander tyd, geskryf is?

    Ek waardeer jou en Chris se skrywes oor Christus as Mitologiese figuur. Ek het presies dieselfde denkfout as jy gemaak, net uit 'n paar bronne geraadpleeg en slegs dié wat aandui waarin ek glo. Jou bron is die Bybel, en ander geskrifte wat jou standpunt ondersteun.

    Die gevolgtrekking waartoe ek kom, is dat elkeen  moet glo wat hy wil. Jy kan glo aan goed sonder bewyse,ek soek bewyse. Ongelukkig was dit die alomteenwoordige, alleswetende God se plan met my, om my nie spiritueel te bereik nie. Hy het dit mos al lank vooruit geweet, dus is nog 'n gedoemde wese geskape deur 'n baie sadistiese "vader"!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top