Brand Smit
Gebore op ’n wintersnag in Pretoria in 1971. Reis saam met sy familie deur Suid-Afrika vir die grootste deel van die volgende 15 jaar. Eindig weer op in Pretoria, waar hy matrikuleer in ‘89.

Na matriek betree hy die Universiteit van Pretoria. Gaan voort met die nodige opleiding om sy lewe te kan slyt as ’n produktiewe volwasse. ’n Jaar later vertrek hy Kaap toe. Na vyf jaar van leer om te dink volg hy die enigste pad wat redelik blyk te wees na hy daaraan gedink het.

Twee jaar in Suid-Korea maak hom gretig om die res van sy lewe in die land van sy geboorte te spandeer. Ses maande in Johannesburg volg. In Januarie 1999 verlaat hy weer sy geboorteland – dié keer vir ’n stad in die suide van ’n eiland in Noordoos Asië.

BRANDSMIT.NET

Is 'n kameelperd werklik oranje, soos 'n lemoen?
Brand Smit
2013-05-28
“Jy is verkeerd,” is wat mense veel later, in meer beskaafde tye sou sê. “’n Kameelperd is oranje, ’n leeu is bruin, gras is helder groen, lug is blou, bokke is ook bruin en hulle oë is geel. Dit is so, dit moet so wees, dit kan nie anders nie, want die Heilige Skets sê so.”