En my skaduwee rek, en dit rek ... en dit rek ...

  • 8

Ek het 'n boodskap (sonder om terug te blaf)!

'n Man se wese en inbors word bepaal aan die hoedanigheid van sy vyande; of so meen baie ...

Die hoeveelheid lyfwagte nodig, dui glo ook hoe suksesvol 'n mens is ...

My toewyding om koring en kaf te skei (net waar ek seker daarvan is), het egter reeds menige egotis se affrontasie my op die hals gehaal.

Ook waar ek 'n keuse het, is fleur my voorkeur in die mense met wie ek omgaan, en kies ek my vyande net vir hul intelligensie ...

Maar hel, kyk wie's almal kwaad vir my: Wouter, omdat hy propageer dat die Afrikaner in 1913 aan bewind was; Kobus de Klerk, wat dweep dat Jupiter se mane 'n mite is; Chris Dippenaar, wat intellektualisties bepaal het dat die Kopte, Hellene en Ortodokses te onlangs in die geskiedenis is om van enige waarde in sy ondersoek na 'n mitiese of historiese Jesus te wees; Dolf, wat weier om die verskil tussen 'n gelowige en 'n ware Christengelowige te verduidelik; Jaco, omdat hy nie sy bril kan opsit as hy lees nie ...

... en dis maar net die haartjies op die ondier se ore wat my wil bespring!

Soms probeer ek myself troos aan die gedagte dat 'n mens seker maar vyande moet het; allemans vriend is immers niemands vriend ...

Daarby leer ek ook soms ietsie by my vyande ...

Daar is inderdaad ook net twee bronne van waarheid omtrent 'n mens self; 'n vyand wat sy humeur verloor, en 'n genoot wat jou innig lief het ...

Die wysgeer Laotsze se lering; dat 'n mens se vyande die skaduwee is wat jyself in die lewe gooi, lê my egter die seerste in die hart.

Ek wil nie vyande hê nie.  

Aanskou ek egter my lang uitgerekte skaduwee, dan strek dit donker hier langs my. Dis inderdaad asof die son besig is om te sak (al probeer ek myself hard oortuig dis eintlik dagbreek).

Ja, die Son hoort mos altyd reg bokant 'n mens!

Daarom, mag al my vyande lank lewe sodat hulle ook iets kan leer, en wie weet, dalk sien hulle eendag ook die son eendag reg bokant my!

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 8

Kommentaar

  • Henn,

    ... dis omdat jy nie tot 10 getel het soos ek jou voorheen gevra het, voor jy terugspoeg. Dat 'n simpel meisietjie soos ek jou nou moet vertel daar is 'n verskil tussen 'n brief wat deur woede uit die hel aangevuur word, of een wat tydens nugter verfeit is terwyl die son reg bokant jou is.

    Nogtans, jou erkentlikheid en nederigheid is vir my prysenswaardig.

    Moet natuurlik ook erken dat Wouter jou tot uiterste 'uitgelok' het - fokus volgende keer eerder op die son ...

    (Wee hom deur wie die struikeling kom)

  • CorneliusHenn

    Beste Trienie, ... dankie vir jou kommentaar ... kan jy dalk 'n voorbeeld met jou verduideliking daarby, uit enige van my kommentare of bydraes haal wat jy as teruspoeg beskou?

     

     

  • Hello Trienie, 

     
    Dink jy nie dit is te veel dat Henn hom as persoon hier wil laat geld nie in plaas van argumente nie. Hierdie is die hoeveelste brief waar daar weer oor Henn as persoon gepraat moet word. 
     
    Ek het sekere van my aspekte hier gedeel op beprekte skaal. In die bespreking oor genadedood toe ek plat was deur VIGS voor my behandeling en onlangs weer onder die bespreking van homoseksuele regte oor my (nou) HIV-status wat in die terme van die siekte 'n verbetering is.  
     
    Daar is egter geen uitlokking nie maar doodgewoon 'n aanduiding aan Henn dat sy praaitjies gaan nie hou nie aangesien die gesprek volgens hom gaan oor Henn die mens om elke hoek en draai soos nou weer en daar kan nie die hele tyd net met die mens gehandel word, veral waar dit so opgewerk is soos Henn. 
     
    Ek het 'n absolute weersin daarin om enige deelnemer hier as persoon te bespreek om so fout te vind met die persoon en vermy ek dit. 
     
    Maar hier het jy dit nou weer, die argumente en die persoon word een in Henn soos die inleidende brief wys. Wie het tyd vir sulke nonsens? 
     
    Veel beter dat ek hom ignoreer in die toekoms. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Wouter, jy kan my met 'n veer om tik... ek vra verskoning vir my harde kritiek teenoor jou ... alhoewel ek geen idee het waar ook my laaste oomblik op aarde gaan aanbreek nie, ek jou heelhartig CARPE DIEM!!!,  toewens ... Wouter, ek kan maar net vra dat jy my sal vergewe, wyl ek bid dat ek en jy mekaar op 'n ander vlak kan vind - al weet ek op hierdie stadium self nie hoe nie! ... Namaste! Cornelius

  • Cornelius, graag wil ek kommentaar lewer op jou skaduwee wat rek en rek...

    Hou goeie moed, want kyk... dit is nie jou skaduwee nie... dit is maar net die donker hier op LitNet wat jy sien. Die donkerte volg jou ook nie, dit pop net oral op waar enige iets gesê word en net soos al die ander mense... dink jy dit is JOU skaduwee... dit is nie. Hulle is nie jou vyande nie... is maar net donker mis wolkies wat gaan wegsmelt wanneer die son hoog gaan begin skyn... en skyn sal die son skyn, want dit was aand en dit was môre... die eerste dag. Altyd eers donker voor die lig kom. Hou dus goeie moed, want lig skyn in duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Al gesien dat muf nie in die son kan groei nie...?  Laat daar lig wees en daar was lig.  

  • CorneliusHenn

    Liewe Berdine, dankie vir jou bemoediging ... ons Lig, hou die skadu's kort in ons harte ... groete in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE, Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top