dié wie wil lees

  • 0

diep’n struktuurg’weldsoerwoud raak denge nu b’noud,
mid-in all’ergst’ omni-globalisties p’narie, fiasko, krisis,
b’slis iets, oor hys toe t’skryf, t’SMS, t’e-pos, dís g’wis,
selfs in som’rtyd, sonskyn, Kaapsche Dokt’r yskaskoud

min Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens nog nuusgier’g,
t’n opsigt’ v’n Lewe Twee Lewe, nie eens bíétjie weetgier’g,
aaire onkund’-ontkenn’nd, sup’r-teoreties, pseudo-akademies,
psigo-somaties “Duiw’lspiek”-slaaf, ultra-onlogies, onteologies

sedertdien’t Homo via eie Self-d’struksie v’rval,
slent’r sleepvoet’nd, sleeptong, skou’rs g’boë,
skoon ontaard, Skeps’l-in-Paradys, v’n v’rvloeë,
dié m’t oopkop-kop, al minn’r, g’ring’r, in g’tal

deterioreer Mens, progressief, liggaam-siel-’n-gees,
al’s als lett’rl’k tenie Muur, vir dié wie sal wil lees

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top