SêNet-briewe

Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat. Stuur jou brief aan webvoet@litnet.co.za. Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions. Send letters to webvoet@litnet.co.za.

Mens die skepper, God die skepsel

Jaco 2013-07-31 Vir hierdie brief se doeleindes, word van die Christelike Katolieke kerk in teenstelling met Christelike Protestantisme vergelyk.  ’n Vergelyking tussen die “Sola Scriptura” van Protestantisme  en Oorlewering (Tradisie) van die Katolieke.

Nog lewensbehoudende wenke

Angus 2013-07-31 Dit is altyd die donkerste net voor dagbreek. As jy jou buurman se koerant wil steel, is dit nou die tyd.

Naomi Meyer se besonderse onderhoud met Mervyn Eloff

Cornelius Henn 2013-07-30 Die punt wat ek egter hiermee wil uitsonder, is Naomi se laaste twee vrae, en Vader Mervyn se antwoord daarop.

Vir Jan Rap weer eens oor Afrikaans

Angus 2013-07-30 Of jy dit wil verstaan of nie, indien ’n woord ontleen is aan ’n ander taal, dan word dit deel van die nuwe taal.

Program oor Adam Small op RSG

Michael le Cordeur 2013-07-30 Rosalie Small het my laat weet dat RSG vanaand, Dinsdag, na die nuus om nege 'n spesiale program uitsaai oor 'n lang gedig wat Adam spesiaal vir Madiba se 95ste verjaardag geskryf het. Die digter gaan die gedig self voorlees.

werda?

Jacobus Faasen 2013-07-30 wie lattie takke so onheilspell’nd kraak,
watt’r Mens’t eie lewe, virrie res v’rsaak,
hoev’l keer word g’loof, in g’loof, onteer,
Naaste via soort Self-d’struksie d’gradeer?

SA het die beste skole!

Francois Williams 2013-07-30 Eintlik moet dit lees VRYSTAAT het die beste skole, net soos wat ons ook die beste rugbyspelers bv het ...

Wat is verskil tussen rioolplaas en voerkraal?

Hans Richardt 2013-07-30 Logiese vraag, is beeste dan nie juis Vegans nie?

Hulp vir laerskoolkinders

Francia Neuhoff 2013-07-30 Ek wil graag weet of u my kan help met bronne (verkieslik gedrukte boeke, nie net e-boeke nie) vir laerskoolkinders wat sukkel met taal (spel, skryf & lees), maar veral spel.

Gay Wouter se “nice-guy” Pous Francis

Jaco 2013-07-30 Die Katolieke kerk is dieselfde gister, vandag en more, mbt haar inmenging in sekulêre sake.

Kobus de Klerk se New Age Spirituele Intelligensie herbesoek

Cornelius Henn 2013-07-30 Al wat mens nodig het om te doen, is om van tyd tot tyd publisiteit te verleen aan die Bybelaanbidders se bedrog, veral soos dit deur die "Spirituele Intelligente" Kobus de Klerk opgedis word.

Ian oor koningshuis in Brittanje?

Hans Richardt 2013-07-30 Ek raak nogals erg gefrustreerd met beterweterige omroepers, wat vra hoekom Suid-Afrikaners so oorhoop is met Britse koningshuis!

Cornucopia 2: Korrektiewe verkragtig, Pous Francis & Desmond Tutu, Annelie Botes & Barack Obama en Margaret Atwood as 'n inleiding

Wouter 2013-07-30 Vir 'n hele ruk nou al soek ek na 'n goeie artikel oor die epidemie van korrektiewe verkragting maar kon tot op datum nie 'n artikel spoor wat die menslike aspekte daarvan hier in Suid-Afrika bespreek nie.

Renosters?

Hans Richardt 2013-07-30 Die renoster het nie natuurlike vyande oor nie en is half uit plek in die ewolusiegang van sake, nes olifante!

Die selfaangestelde kritici

Reusedwerg 2013-07-30 In ons diverse samelewing is almal, ek inkluis se velle selektief flippen dun.

Nou die dag op Praatsaam …

Jan Rap 2013-07-30 … bel daar ’n vrou in en sê sy wens dat sy in ’n Engelse skool was, en dat haar ma-hulle haar Engels grootgemaak het sodat sy nie Afrikaans kon verstaan het nie want dan was sy nie so gegrief om geradbraakte Afrikaans aan te hoor nie.

onn’r DF Malan

Jacobus Faasen 2013-07-29 onn’r DF Malan had iets Europa- of Afrika-status,
vanne grys g’bied, onn’r apartheid, kwal’k sprake,
vannie b’gin af, wys superioriteitsiekte haar krake,
as’f oorname vannie grond, prestige, status, niks is

Nuus uit Afrika

Francois Williams 2013-07-29 Dis nou al ounuus dat Afrika een van die weinige wêrelddele is wat nie geheel en al bankrot is nie ... heel voor in die tou van die bankrottes rank die VSA en Europe ... hoe dan anders?

Cornelius, gesprekke op LitNet?

Hans Richardt 2013-07-29 Die 9 beginsels van Asatru word in elke huis in SA aan kinders geleer, tog word dit deur sommige as 'satanisme' beskryf!

Pierre de Vos braak gal teen Annelie Botes

Johannes Comestor 2013-07-29 Maar waarom so 'n bohaai opskop as haar verweer volgens hom "onsuksesvol" was? Dit is duidelik dat hy vir "die vrou" geen "respek" het nie.
Top