Gay Wouter se “nice-guy” Pous Francis

  • 0

Die Katolieke kerk is dieselfde gister, vandag en more, mbt haar inmenging in sekulêre sake.  Daarby bedoel ek, hulle morele waardes moet nie net vir Katolieke alleenlik geskied nie, maar almal moet met hulle siening oor wat hulle as “morele waardes” beskou, inval, al is hulle nie met die Katolieke kerk in eenstemming nie. 

“The Church’s obligation to participate in shaping the moral character of SOCIETY (dit sluit almal in, nie net Katolieke nie) is a requirement of our faith. It is a basic part of the mission we have received from Jesus Christ, who offers a vision of life revealed to us in Sacred Scripture and Tradition”. Catholic Hotdish4/10/12

’n Voorbeeld is die Katolieke se huidige standpunt in die Filippyne.  Die staat het die beskikbaarheidstelling van kondome aan almal, wat dit wil gebruik, daar gestel.  Katolieke wat nie in voorbehoedmiddels glo nie, hoef vrywillig hulle van die geleentheid te weerhou.  47% Katolieke (ten gunste vir kondome); Moeslems (’n groot minderheid in die Filippyne); Protestante; Paganiste (ook ’n groot minderheid) en Ateïste, kan nou vrylik kondome daar bekom. 

Die Katolieke Biskoppe het die saak na die konstitusionele hof geneem, en die Katolieke staatspresident aan ekskommunikasie gedreig, ten doel om die onlangse toegewings tot niet te laat verklaar om sodoende selfs non-Katolieke hulle toegang  tot kondome te ontsê.

In die VSA, waar omtrent 1 uit elke vier persone Katoliek is (as gevolg van die instroming van die Hispanic’s oor die Meksikaanse grens),  wil Biskoppe wetgewing keer mbt Gay huwelike in weerwil van meerderheid (60%) Katoliek leke ondersteuning, asook; gay leefwyse erkenning; aborsie; euthanasia; brein-stem navorsing; ens.

“The Catholic Church – and its affiliate, the knights of Columbus – have made considerable investment in the (gay) marriage fights in Minnesota, Maryland, Washington state and Maine this election cycle – spending nearly $2mil”  dan weer:  “All this despite poll numbers showing that almost 60% of American Catholics support marriage equality.” Andrew Belonsky. 15/11/12 TOWLEROAD. 

Selfs Katolieke raak gatvol vir hulle kerk se inmenging in sekulêre sake, lees:
THE CHURCH AND POLITICS 
Challenging questions

  • Why does the Church interfere in politics — shouldn’t it just keep to religion?
  • Why does it try to control Catholics in the way that they vote — and to pressurise Catholic politicians on questions such as abortion?
  • What right does the Church have to interfere in the laws of secular states?
  • Is it a church or a state? Why does it act like a state?

CatholicIreland 4/10/11

Hierdie lywige document is die moeite werd om te lees.  Hier kom jy gou agter die inverdeling tussen leek en hiërargie.  Die leek se sekulêre sieninge in botsing met die hiërargie se sieninge, en waar die hiërargie van die kerk die reg oor politieke sake eien.

“While the Church teaches that church-state separation is PERMISSABLE, it does not endorse a separation of religion and politics,[78]  The Global Times 10 Aug 11 S E Shahat

The power of Rome was not only religious, but also political and economic. As nation states arose, The Vatican also has a history of meddling in politics, threatening the excommunication of Catholic politicians who deviated from the party line as late at the 1960s in Belgium and Holland”. The Global Times 10 Aug 11 S E Shahat

In teenstelling het ons die Jehova Getuies wat hulle eiesoortige morele waardes het, wat hulle nie op die samelewing (society) wil afdwing nie, soos bv hulle  dogma mbt die verbod-rakende bloedoortappings.  Hulle self sal vrywillig hulle aan die voordeel van bloedoortapping weerhou, maar verwag dit nie van non-Jehova Getuies nie.  Hoekom kan die Katolieke kerk nie dieselfde siening huldig nie?

Wouter se “nice” pous, wat so “nice” is om nie in ’n beskermde voertuig te wil ry nie, wat “nice” tussen die mense in die strate van Brazil geloop het, onder toesig van meer as R500mil se para-militêre beskerming, wat “nice” is om die moffies in die Curia te kon vasvat;  kan self nie die karakter van die hiërargie van die hele Katolieke kerk ongedaan maak nie.  Hierdie “nice” pous se siening mbt aborsie; gay huwelike; euthanasia; brein-stem navorsing; voorbehoedmiddels; ens, bly instemmend met die sieninge van vorige pouse, asook die reg in staatlike politieke inmenging om sodanige genoemde voordele van almal, Katoliek al dan nie, te ontsê.
Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top