wie lattie takke so onheilspell’nd kraak,
watt’r Mens’t eie lewe, virrie res v’rsaak,
hoev’l keer word g’loof, in g’loof, onteer,
Naaste via soort Self-d’struksie d’gradeer?
elke dag sterf een, kanti, nog een word g’bore,
nog een v’rwelkom in Homo Sapiens se koor,
nuutste info nu als ekstern, draagbaar, g’stoor,
stryd, v’r Oorwinn’ng duur voort, niks is v’rlore
gaat vreemd’l’ng v’rby, vra Mens: “Werda?
Wie is daar, wat staan g’skryf’p jou agenda,
voel jy ooit iets, v’r post-Gondwana-Afrika?”
ego-identiteit, ’t rus fundamenteel, ’p sekerheid,
sekuriteit, g’borg’nheid, veil’gheid, vreesloosheid,
so ann’rs as allie “ras”-, “klas”-, kapitaal-apartheid
Jacobus Faasen

