een-v’r-een

  • 0

spes agente v’n agentskap, klinies-wet’nskapl’k, g’skool, opg’lei,
in ied’r opsig, v’n neo-lib markb’mark’ng, sup’rsorgvuld’g g’trein,
hulpbronb’nutt’ngsinstrument kil-klinies-kapitalisties vaartb’lyn,
meer’s g’noeg, eintl’k veel’s te veel, maks wins’t profijt uit t’kry

oorlog, uitbuit vannie swakke, v’rkragt’ng, allie trauma,
v’rskeie dimensies, manifestasies, v’n struktuurg’weld,
sed’rt eksodus yt Paradys g’lykb’regt’g’ng nie meer geld,
d’struktiwiteit v’n Self-d’struksie, onkund’-ontkenn’rskarma

“Duiw’lspiek”-para-d’moon, GM-g’kloon, sup’r-ultra-submissief,
v’r opponente v’n onkund’-ontkenn’ng, Self-d’struksie, niks lief,
nog minn’r v’r dié, wie nu v’n oorlogsindroom ontslae w’l raak,
aaire voort w’l veg, via eksploitasie, virrie groot geldmaaksaak

post-911, post-Osama, g’n hanekraai over Gitmo-baai,
koppe mos, nes dié v’n poppe, een-v’r-een g’swaai

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top