Eintlik moet dit lees VRYSTAAT het die beste skole, net soos wat ons ook die beste rugbyspelers bv het ...
Hieronder in VB het hulle 'n puik artikel daaroor.
Elk geval, ek bly volstaan by my indrukke dat SA die beste land is ter wêreld, met die beste skole.
Ons skoliere is ook goed opgevoed en gemanierd.
Kyk maar na die VSA, OZ, NZ en EU kinders as jy demonies in aksie wil sien! Hierdie kinders gaan glad nie skool toe om te leer nie!!! Hulle gaan vir die buitemuurse aktiwiteite, soos dwelms, hul klasmaats verkrag, ontvoer en vermoor, en dies meer, alles behalwe akademies.
Wees gods-dankbaar as jou kinders in SA op skool is ... dis al ...
VB:
’n BESKEIE Deon Scheepers, hoof van Grey-kollege (sekondêr), glo en vertrou dié vooraanstaande Bloemfonteinse seunskool is inderdaad die vasteland se beste skool.
Sy reaksie kom nadat Grey-kollege die nommereen-plek op die tydskrif The African Economist se ranglys van die voorste 100 private en staatskole in Afrika ingeneem het.
’n Onlangse opname deur die tydskrif toon altesaam 35 hoërskole in Suid-Afrika is onder Afrika se topskole met uitstekende geriewe, ’n gunstige leeromgewing en hoë akademiese standaarde.
Die Koning Eduard VII-skool (KES) in Johannesburg en Hilton-kollege net buite Pietermaritzburg, is onderskeidelik derde en vierde op die lys. Die Rift Valley-akademie in Kenia is tweede.
St. George-kollege in Zimbabwe is in die vyfde plek. St. John-kollege in Houghton (tiende) en Maritzburg-kollege in Pietermaritzburg (11de) is ander Suider-Afrikaanse skole onder die voorstes op die lys.
Die tydskrif het veral ou gevestigde skole met historiese prominensie, wat in hul betrokke lande en op streekvlak uitblink, in aanmerking geneem.
Die meeste skole op dié lys het bestaan nog voordat hul eie lande onafhanklikheid verkry het.
Skole met leerlinge aan wie vooraanstaande nasionale en internasionale beurse toegeken is, het ook punte verdien.
Scheepers, ook ’n oudonderwyser aan Hilton-kollege, was verras oor die nuus dat Grey-kollege as die voorste hoërskool in Afrika beskou word.
Hy was nie eens bewus van die opname nie.
Die skool is nooit amptelik genader nie.
Nietemin is dit ’n groot pluimpie vir die skool waarop voortgebou moet word, want daar is altyd ruimte vir vernuwing en verbetering, sê Scheepers.
“My filosofie by die skool is: Kyk na vandag se uitslae en verbeter daarop.”
Scheepers sê ’n mens kan nie in die son sit en bak nie, maar moet hard werk word om op dít wat jy in die lewe aanpak, voort te bou.
Jy kan dit weer seg, maar hoekom sit Afrikaners dan altoos op hulle se hanne en tanne tel??
Ledigheid, en die lekka lewe huh ... julle moet fokkof OZ en NZ en sulke kak plekke toe waar julle bietjie leer werk ... of dwelms smous, dis al ...
Francois Williams


Kommentaar
Hel François, nie een die skole wat jy hier noem, is eens staatskole nie ... hulle almal volg streng WESTERSE standaarde - een van hulle is selfs KATOLIEK!... en is "Deon Scheepers" nie 'n wit (Afrikaanse) naam nie?... huh, hoe dan nou? ... dan wil hy nog ons Ubuntu omverwerp met "’n mens kan nie in die son sit en bak nie, maar moet hard werk word om op dít wat jy in die lewe aanpak, voort te bou" ... nee man, hier word daar geleer dat as iemand een kan koop, hulle twee kan koop - en waarvoor "hard werk" as jy net jou vinger op 'n sneller hoef te hou? ... Afrika groete, Mr. Hen
Francois: Mens kan nie Grey Kollege, KES en ander topskole wil voorhou as tipies van Suid-Afrika se skoolstelsel nie. Mens kan net sowel beweer daar is geen armoede hier nie, en dan vir Cyril Ramaphosa voorhou as tipiese Suid-Afrikaner.
Mr Hen, hierdie is maw, NIE Afrika skole nie?
Brian, die probleme waarvan jy praat is die oorblyfsels van die korrupte Apartheid-regime, toe tienderangse onderwys opgedis was aan kinders wat uitgehonger onder bome moes sit ... waar het al daai geld toe heen gegaan??
Francois: Ek is heeltemal bewus daarvan dat vele van die probleme waarmee ons sit, gewortel is in ons verlede. Maar om die oorsprong van die probleem te diagnoseer is nie dieselfde ding as om die wêreld se beste skoolstelsel te hê nie.
Jou beste grap nog dusvêr!!
Dankie alweer vir die entertainment.
Die standaard in Suid-Afrika is só laag, só laag, dat volgens PISA opnames (ranking) Suid-Afrika een van die laagste lande in die wêreld is.
Die top lande is Singapore (eintlik 'n stadstaat), Hong Kong, Suid-Korea en Finland.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Brian en Pietie?
Francois: Jy maak wilde veralgemenings. Al die westerse lande is nie bankrot nie. Afrika het 'n hoë groeikoers gedeeltelik omdat dit van 'n baie lae basis af groei. Westerse banke het bankrot gespeel omdat regerings versuim het om die banke behoorlik te reguleer. Westerse skole is nie in die reël meer gewelddadig as Afrikaskole nie. Ens ens.
Brian, so die Weste se banke vou agv regulering of gebrek daaraan deur die hoogsgeleerde regeerders van daai lande?
So, as ek jou reg verstaan vou Afrika-banke nie, want ons het goeie regeerders, mense wat ook skoolgegaan het in Afrika, of in Zuma se geval, NIE??
Francois: Jy maak al weer wilde veralgemenings.