Nog lewensbehoudende wenke

  • 2

1.       As jy perdry en jy het spore aan, moet tog om vadersnaam nie op jou hurke probeer sit nie.
2.       As jy  iemand ’n vis gee, het hy kos vir ’n dag; as jy hom leer om vis te vang, sit hy die heeldag langs die see en bierdrink.
3.       Onthou, jy is uniek, soos enige ander mens.
4.       Miskien is die doel van jou lewe om vir ander mense as waarskuwing te dien
5.       Die gouste manier om jou geld te verdubbel is om dit dubbeld te vou en terug te sit in jou sak.
6.       Moet asseblief nie agter my loop nie. Miskien lei ek nie. Moet ook nie voor my loop nie, want miskien sal ek nie volg nie. Moet ook nie langs my loop nie. Los my net uit.
7.       Voordat jy iemand kritiseer, moet jy eers ’n myl ver in sy skoene loop. Op hierdie manier is jy ’n myl weg, en jy het sommer sy skoene ook.
8.       Moenie onvervangbaar wees nie, want as jy onvervangbaar is, kry jy nie bevordering nie.
9.       As jy niks in jou kop het nie, hoef jy ook niks te onthou nie. (vir Dolf)
10.   Dit is altyd die donkerste net voor dagbreek. As jy jou buurman se koerant wil steel, is dit nou die tyd.

Groete
Angus

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top