Heil die leser.
Die werf is die afgelope tyd weer erg geklem met die opsetlik en onredelik verkeerde voorstelling van die Katolieke, en die katolieke.
Daarom bied hierdie onderhoud wat Naomi met die rektor van die Heilige James gemeente gevoer het, soveel lafenis.
Naomi se onderhoud met Vader Mervyn, was hoofsaaklik na aanleiding van die terreuraanslag twintig jaar gelede toe die "demokrasie-stryders" onder die aanvoer van die PAC, handgranate tussen die vroue, kinders en ander ongewapende lidmate tydens 'n diens geslinger het. Die geweervuur agterna op die gewondes en ander geskokte omstanders, was doelbewus op hulle as wittes gevuur.
Ek haal ook Johannes Comestor se sinvolle kommentaar oor die onderwerp daaronder aan:
Naas die gebeure by die St James Kerk, Kenilworth (25.07.1993, 11 mense dood) was daar soortgelyke slagtings, bv in Kerkstraat, Pretoria (20.05.1983, 19 dood), die Amanzimtoti-winkelsentrum (23.12.1985, 5 dood) en die Helderberg Taverne, Observatory (31.12.1993, 4 dood). Twee van hierdie terreurdade word aan die ANC en die ander twee aan die PAC toegeskryf. Dit sal interessant wees om te sien of die burgemeester van Kaapstad, wat 'n PAC-lid was, vandag se herdenkingsverrigtinge bywoon. Wat my hinder is dat die bomontploffing op Worcester (24.12.1996, 4 dood), wat aan verregse blankes toegeskryf word, jaarliks in herinnering geroep word en publisiteit in die pers kry, terwyl die eersgenoemde vier slagtings hoogstens dekade gewys genoem word en dan min publisiteit ontvang. 'n Ander verskil is dat diegene wat die Worcester-bom geplant het in die tronk sit, terwyl die misdadigers wat die ander vier terreurdade gepleeg het WVK-kwytskelding ontvang het.
Op Naomi se vraag: "What has changed in the church since the massacre, if anything? What has remained the same?" antwoord Vader Mervyn net so toepaslik op Johannes se kommentaar "Our point of view regarding the attack remains the same as it was all those years ago. We view the attack as an atrocious act of evil, an event which, whatever the motives of those who were involved, contributed nothing toward the struggle for freedom in South Africa."
En dis 'n feit!
Net so sal die huidige moord en verkragting op blankes vandag deur hatiges en hul toesmeer-meelopers, nog eendag as 'n sinnelose misdaad teen die mensdom beskou word.
Die punt wat ek egter hiermee wil uitsonder, is Naomi se laaste twee vrae, en Vader Mervyn se antwoord daarop:
The people responsible for the massacre were granted amnesty by the Truth and Reconciliation Commission a few years after the event. How did you feel about this?
As Christian people, who are very conscious of God's undeserved grace, we were willing at a personal level to forgive those involved. This offer of forgiveness was extended to them at the time and, of course, played a key part in the proceedings of the TRC.
What message do you have today, and is this message different from one you might have on any other day of the year?
Like all of us, those who attacked St James 20 years must one day stand before God and give an account for their actions. It has been and remains our prayer that they, like us, will have found peace with God through faith in Jesus Christ before that time. Although the attack at St James put us into the spotlight, the events of that night did not actually change who we are or what we stand for – from the very first day our calling has always been to introduce people of all ages to Jesus Christ as Saviour and Lord and to help them grow to maturity in Christ. That remains our calling to this day.
Dis my ervaring vir baie jare reeds met die Katolieke; die nederige hart waarmee hulle die Evangelie dien en uitdra, midde en ongeag die gruwels om hulle - of selfs deur enkele van hul amptenare gepleeg.
Ek dank Jesus Christus onse GOD, vir die liefde en genade wat ek self as eenvoudige kind van die HERE, gereeld en iewers op 'n agterbankie saam met soveel Katolieke gemeentes mag ervaar - dieselfde harte wat onder meer deur New Age dwepers met twak soos "Spirituele Intelligensie" en ander "ware gelowiges" (Kobus de Klerk en sy sikofante), gedurig as hutspot stokers en ketters neergehaal word.
Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,
Cornelius Henn

