Alle godsdienste het sekere aspekte in gemeen. ’n God of gode wat aanbid moet word, met rituele stelsels om die god te plesier, asook “goddelike” wette om die leek se gedrag, kleredrag, eetgewoontes, seksuele praktyke, ens te manipuleer na sodanige god of gode se wense. Elkeen het ’n fundering-stelsel om die godsdiens en die se amptenare in stand te hou. En om die leek in toom te hou, is daar altyd die een of ander vorm van na-doodse ellendige straf om te vrees, in die Christen se geval, die HEL! Mbt tot laasgenoemde sin, nie liefde vir die god soos voorgegee word nie, maar VREES vir die god en Vrees vir die HEL waarnatoe hy ongehoorsame leke toe gaan stuur. En om alles te kroon, sonder uitsondering, is alle godsdienste, die versinsel van die mens se brein, met menslike breinspoeling van leke tot gehoorsaamheid aan ’n spesifieke godsdiens. Die mens is die skepper van god die skepsel.
Vir hierdie brief se doeleindes, word van die Christelike Katolieke kerk in teenstelling met Christelike Protestantisme vergelyk. ’n Vergelyking tussen die “Sola Scriptura” van Protestantisme en Oorlewering (Tradisie) van die Katolieke.
Protestantisme het alleenlik die hele Bybel of gedeeltes daarvan, soos dit vandag daar uitsien as hulle uitsluitlike bron van goddelike openbaring “Sola Scriptura”. Hierdie uitsluitlike bron van openbaring is onderhewig aan menigte vertolkings van die inhoud daarvan, met klem op sekere aspekte van die Bybel waarvolgens elkeen afsonderlik uitgeken word. Baptiste = die groot doop; Presbyterian = regeringstelsel van die kerk; Calviniste = die uitverkiesingsleer; Adventiste = die 7de dag Sabbat; Mormone = die doop van die dooies; Apostolies = die gepraat in tale; Profeties = profete met “visions”; ens. Die ander duisende tipe kerke onder die sambreel van Protestantisme bevat een of meer van bogenoemde, plus hulle eiesoortige Bybel-vertolking wat elkeen as sodanig spesifiek uitken.
Protestantisme (ook bekend as die dogters van die hoer in Openbaring) bepaal haarself uitsluitlik tot geestelike waardes, elkeen soos sy die Bybel vertolk, en ook weens die absolute onenigheid, nooit ’n wêreld gevaar kan word nie (kan wel in plaaslike gevalle wees).
Die Katolieke kerk in teenstelling, maak groter staat op Oorlewering (Tradisie). Hulle argument is dat vanaf Abraham tot Moses, omtrent 500jr gaping, was daar nie “heilige” skrifte nie, en moes die volk deur geestelike leiers onderrig word, en dat hierdie onderrig weens Oorlewering geskied het. Moses se boeke was die opsomming van oorlewering vanaf die ontstaan van die mens tot Moses se tyd, wat in skrif opgestel is. Die Bybel het stelselmatig oor die volgende 1000 jaar vanaf Moses tot die laaste boek in die Nuwe Testament geleidelik vorm geneem, ’n opvatting van Oorlewering oor genoemde tydperk tot skrif aangewend. Dis die dat Oorlewering dieselfde godsdienstige gesag, indien nie meer as die Bybel dien.
Oorlewering het nie tot ’n einde gekom met die laaste boek in die Bybel nie, maar is ’n voortvloeiing van hierdie tradisie, deur die pouslike, en biskoplike amp van die kerk voortgesit tot vandag. Intussen het verdere “openbarings” plaasgevind, nl. Vagevuur (Purgatory ’n reiniging van afgestorwenis na die hemel bestem, om van uitstaande sondes gereinig te word deur boetedoening = penance - deur vuur); die heiligmaking van Maria. Soos Jesus sonder sonde die anti-tipe van die sondige Adam was, is Maria, sonder sonde die anti-tipe van die sondige Eva; die verordening van sekere afgestorwenes tot “heiliges” waarnatoe gebid mag word; die wonder van “relics” wat sekere goddelike eienskappe besit om in sekere gevalle, gesondmaking bewerkstellig wat duisende pelgrims trek; ens.
Vir die Katoliek kerk (ook bekend as die hoer van Openbaring) is Jesus die heerser van die wêreld, en die pous sy tweede in bevel met gedelegeerde magte, beide spiritueel asook sekulêr. Die pous is beide onder-koning = Viceroy (met Jesus as koning), asook spirituele “Vicor of Christ” van die hele mensdom. Die hele hierogie van die Katolieke kerk is geskoei op ’n Romeinse regeringstelsel. Priester = regerings-amptenaar; Aartsbiskop = burgemeester; Biskop = Provinsiale hoof; Kardinaal = nasionale hoof; Pous = keiser van die ryk (die wereld). Die hiërargie bepaal die godsdiens van die kerk; die leek gehoorsaamheid aan die hiërargie.
Die Katolieke kerk bied ’n gevaar in vir die hele mensdom, juis weens haar dogma dat sy god se gedelegeerde mag oor die hele mensdom besit, en soos god kan optree, beide sondes vergewe, asook straf uit te deel. Laasgenoemde vandag nie soseer moontlik nie weens modern waardes oorweldigend in stryd met die kerk, maar sodanige waardes kan ’n ommeswaai in die toekoms geniet veral in tye van nood, wanneer mense gewoonlik weer na ’n god gryp om hulle uit ’n penarie te help.
Die Katolieke kerk wen menigtes in weens evangelisasie en opheffingswerke, die “liefde” gesig, veral die van ’n pous, uit te beeld om die mensdom sag te maak. Maar sodra sy sterk genoeg is, verander daardie gesig in die van ’n monster, soos in die Filippyne tans ondervind.
Weereens. Godsdienstige mense is mense gebreinspoel om deur ’n kerk gemanipuleer te word, om onnatuurlik teenoor sy medemens op te tree. Aan die anderkant, Ateïsme kan net so sleg wees, indien hy soortgelyk optree soos wat ateïstiese Kommunistiese lande gedoen het of wanneer moderne ateïsme ook soos ’n plaasvervanger godsdiens optree.
Die antwoord sou lê in die verdraagsaamheid van godsdiens of non-godsdiens onderling (heel onmoontlik), maar deur die bank, deur die sekulêre owerhede verban om in enige sekulêre hoedanigheid op te tree (soos tans in Sjina).
Terloops. Die hoer en dogters van die hoer in Openbaring was ’n Middeleeuse vertolking van die Roomse Kerk as hoer, en die Hervorming as die dogters van die hoer, wat ek in my skrywe hierbo aangebring het, nie te sê ek glo dit nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Wat is "Christelike Katoliek" anders as Katoliek?
Wat is "Christelik Protestant", anders as Protestant?
Waar kom jy daaraan dat die Katolieke, die hoer in Openbaringe beeld?
Waar kom jy daaraan dat die Protestante, die dogters van die hoer in Openbaringe beeld?
Net omdat jy dit hier tik, beteken nie dis waarheid nie (nes dit ook vir my geld). Probeer dus gerus om iets soos uit jou katkisasie en ander gesaghebbende bronne aan te haal. Jy kan jouself natuurlik ook na Kobus de Klerk se soort "Spirituele Intelligensie" wend, maar dui dit minstens aan.
Jy borrel ook: "Die Katolieke kerk wen menigtes in weens evangelisasie en opheffingswerke, die “liefde” gesig, veral die van ’n pous, uit te beeld om die mensdom sag te maak."
Wel Jaco, dink jy nie byvoorbeeld instansies soos Hollywood, is die Katolieke loshande voor met die "liefde" gesig en hul soort propaganda nie?
Ek moet egter toegee dat die Katolieke, en die katolieke (anders as die Bybelaanbidders), hulself in dankbaarheid - en in die liefde en genade van ons Skepper - daartoe toewy om die Evangelie uit te dra; dit dan ook met die gevolglike resultaat.
Derhalwe dit waar is dat die Katolieke, en die katolieke, (in teenstelling met Hollywood en ander ateïste"), hul medemens dien deur "opheffingswerke".
Wat verhoed 'n "godsdiens ondermyner" (soos Chris Dippenaar in sy ekstremistiese drang, homself daarvoor ywer), 'n Bybelaanbidder, of 'n antagonistiese, promiskue en dekadente homoseksueel soos jy, om ook "opheffingswerke" te doen en die massas dan in jou guns te wen?
Ag, en so kan ek dae lank jou onsin bevraag.
Gaan jy egter wel die moed het (en op jou heel beste - dalk selfs ook die vermoë het), om hierdie paar vragies te antwoord?
Dit blyk tog dat jy wel iewers onderrig in die onderwerp ontvang het; net dat jy 'n bietjie sleg opgelet het en op hierdie stadium daarin sal druip.
Cornelius Henn
"...Ateïsme kan net so sleg wees, indien hy soortgelyk optree soos wat ateïstiese Kommunistiese lande gedoen ..."
Delusie
Dankie vir jou verdere uitbreiding oor ateisme, asook die Katolieke pateet Mugabe
Jaco Fourie