Skrywersonderhoude

LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.

LitNet talks to writers, for the story behind the stories.

"Halala Suid-Afrika": ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Menán van Heerden, Michael le Cordeur Skrywersonderhoude 2020-01-06

Menán van Heerden gesels met Michael le Cordeur oor sy nuutste boek, Halala Suid-Afrika (Naledi, 2019). 

Raaiselster: ’n onderhoud met Troula Goosen

Naomi Meyer, Troula Goosen Skrywersonderhoude 2020-01-02

"Ek sal die boeke wat ek as kind gelees het, net nooit vergeet nie. Dit speel só ’n belangrike rol in die vorming van jong lewens en kweek die lesers van die toekoms."

For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens

Naomi Meyer, Ivor Price, Kobus Louwrens Skrywersonderhoude 2019-12-13

"Ons wou ’n boek vir gewone Suid-Afrikaners skryf. Die mense wat bedags by radiostasies inskakel omdat hulle omgee oor wat in die politiek en die ekonomie gebeur. Die mense wat so dikwels in die slaggat val om in lelike Twitter- en Facebook-gevegte oor landbou en grond betrokke te raak. Baie van hulle is mense wat nogtans daartoe verbind is om aan ’n beter Suid-Afrika te help bou."

Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor Landbouweekblad: Hart tot hart

Naomi Meyer, Kobus Van der Westhuyzen Skrywersonderhoude 2019-12-12

"Ek kom al hoe meer agter die ouens boer omdat dit vir hulle ’n liefhebbery is. Hulle kan nie loskom nie, hulle is verslaaf daaraan. Dit is amper soos ’n diamantdelwer. Jy kry dalk nie vandag ’n diamant nie, maar dan gaan jy maar more weer terug ..."

Internasionale erkenning vir kosblogger Ilse van der Merwe

Remona Voges, Ilse van der Merwe Kos en wyn 2019-12-12

"Alles, van pizza en pasta tot geroosterde groente, en tapas en mezze, en tzatziki en olyfolie, en focaccias en charcuterie, en goeie kaas ─ daai soort kos maak my grensloos gelukkig!"

Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2019-12-12

Olivia M Coetzee se eerste boek, “Innie Shadows”, is Dinsdag, 3 Desember 2019, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Barbara Boswell het met haar gesels.

Skrywersonderhoud oor Suiker Britz: dossier van ’n speurbaas

Remona Voges, Anemari Jansen, Stefaans Coetzee Skrywersonderhoude 2019-12-10

"Van die stories wat Suiker na aan die hart gelê het was die stigting van die eenheid vir verkragtingslagoffers, asook ’n eenheid gemoeid met die aankeer van reeksmoordenaars."

Video: Bekendstelling van Carel van der Merwe se Kansvatter

Naomi Bruwer Skrywersonderhoude 2019-12-04

Carel van der Merwe se biografie van Ben Viljoen, Kansvatter, is Saterdag 30 November in Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.

Valda Jansen: ’n onderhoud rondom die 2020 Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs

Naomi Meyer, Valda Jansen Skrywersonderhoude 2019-12-04

"Die idee vir hierdie projek het so sewe jaar gelede reeds oor my pad gekom."

Video: Stellenbosch-bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

Naomi Bruwer Jonathan Ball-portaal 2019-12-04

Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld is op Dinsdag 19 November 2019 in die Stellenbosch Hotel bekendgestel. Naomi Bruwer het ’n video van sy gesprek met Etienne Bloemhof geneem. 

Bibi Babbelbek praat tot sy blou word: ’n lesersindruk en ’n onderhoud met die skrywer

Berdéhan Brand, Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2019-11-25

"Bibi Babbelbek praat tot sy blou word verdien ’n spesiale ruimte in die biblioteek van elke omgee-ouer."

Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Izak de Vries Jonathan Ball-portaal 2019-11-22

Izak de Vries het foto’s geneem by die Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Die bekendstelling het op 19 November 2019 in Stellenbosch Hotel plaasgevind.

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

Naomi Meyer, Olivia M Coetzee Skrywersonderhoude 2019-11-21

"Dis baie moeilik om kallid mense se stories te kry in boekvorm. En daa is stories, maa daa is soeveel meer stories wat nog vetel moet wôd. ... En daa is baie min skrywers van kleur – which wel biesag is om te change, en dis lekke om te kan deel wies van die change."

Toyota US Woordfees 2019: Onderhoud met Remona Voges oor Penseel & Kie

Naomi Meyer, Remona Voges Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-11-21

"Die sukses van 'n gedig hang (soos enigiets anders!) uiteindelik af van die eindelose vermoë om moeite daarmee te doen."

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Naomi Meyer

Remona Voges, Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-11-21

"Inspirasie is ’n vonk én dis ’n stadige vuur ook."

 

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton

Remona Voges, Cliffordene Norton Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-11-21

"Hierdie jaar het ek die storie geskryf, gestuur, daarvan vergeet, en toe bam!"

Video: Kaapstad-bekendstelling van The last hunt deur Deon Meyer

Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2019-11-19

Op Dinsdag 12 November 2019 is Deon Meyer se The last hunt by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Die radio-omroeper John Maytham het met Deon gesels.

Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver

Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2019-11-08

Op Woensdag 6 November 2019 is Marita van der Vyver se jongste roman, Grensgeval, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Annelize Visser het met Marita gesels.

Video: Daniel Hugo in gesprek met Cas Wepener oor Die Slaghuis

Remona Voges Skrywersonderhoude 2019-11-05

Daniel Hugo het onlangs met Cas Wepener oor sy nuutste roman, Die Slaghuis, gesels. Remona Voges was daar om die geleentheid af te neem.

Skrywersonderhoud: Christine Barkhuizen-Le Roux oor My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Remona Voges, Christine Barkhuizen-Le Roux Skrywersonderhoude 2019-11-04

"Ek glo dat ’n roman ’n groter impak op die leser/hoorder kan hê as blote statistiek. As jy iemand kan 'intrek' om die omstandighede self te beleef, bereik jy die hart van die mens."

Top