Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"
2020-06-11"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie."
Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys
2020-06-11"Ek wil nie alles haarfyn verstaan nie. Want ek kan nie. Ek wil byvoorbeeld nie oomblik vir oomblik bedag wees op die fisiologiese prosesse wat betrokke is by my asemhaling nie. Nietemin wil ek behaaglik asemhaal en bly wees oor die feit dat ek dit kan doen. Sonder asem kan ek nie."
"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"
2020-06-08"My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help." Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks.
Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”
2020-06-08"Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs."
Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal
2020-06-01"Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie."
Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”
2020-06-01"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."
Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys
2020-05-28"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"
Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"
2020-05-25Marianne Vorster-Meyer oor die ander skrywer in die huis (Deon Meyer): "Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak."
"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen
2020-05-21"Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat krimiverhale uitdagend en opwindend maak."
Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam"
2020-05-18"Daar was ’n dag toe die buurvrou met haar Delillalyf ’n sigaret kom bedel het by die een wat ek liefgehad het. Die twee rokers het hand om die blaas eenkant toe gaan staan, daar waar dit donker was."
Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor Die oog
2020-05-18"Mens kan soms baie alleen voel as jy so baie jare lank aan ’n projek werk, maar om dit saam met ’n vriend aan te pak beteken daar is altyd iemand anders om die ding verder te vat as jy op ’n punt moedeloos raak. Dis ook lekker om saam met iemand anders te lag of dink."
Blydskap in moeilike tye: ’n onderhoud met Johannes de Villiers
2020-05-15"Baie mense, as hulle sien daar is ’n boek oor blydskap, dink dit gaan alles net oor 'vrolik' wees. Hulle dink blydskap is vrolikheid, reënbogies, voëltjies wat sing, pienk spookasem … Maar blydskap is eintlik ’n veel meer diepgaande ding."
Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor Die afloerder en haar liefde vir stories
2020-05-13"Die wêreld is waansinnig en min dinge maak regtig sin. Miskien gee skryf vir my die geleentheid om ’n bietjie struktuur te skep – orde in die chaos?"
Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde”
2020-05-12"Skryf is my allesoorheersende liefde. Die genre wissel. Die afgelope jare hou ek meer van romans, maar ek word soms verlei om iets anders aan te pak – aandagafleibaarheid synde een van my vele tekortkomings."
Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan
2020-05-06"Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg?"
Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?
2020-04-24"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."
Inter-review with Lauri Kubuitsile about her book, But deliver us from evil
2020-04-24"This novel is full of the spirit of adventure and the desire for justice, which make for great storytelling."
"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"
2020-04-22"Kanaän se hoofkarakters is in hierdie opsig albei stereotipes, maar ek wou juis ’n storie skryf waarin my karakters uit hulle stereotipes klim en menslik word. Hulle moes helde wees, maar omdat hulle bereid is om uit hulle geblikte karakterisering te klim en die moeilike werklikheid te leef."
Sushi with Hitler: ’n onderhoud met Koos Kombuis
2020-04-22"Hierdie is ’n vreemde tyd, ’n apokaliptiese tyd. Ek hoop nie daar kom ’n tweede Hitler nie. En ek hoop nie ons soesji raak op nie."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos
2020-04-17"Die vrae 'Het ek iets nuuts om te sê?' of 'Kan ek dit op ’n nuwe manier sê?' is wat my die moed – of vermetelheid – gee om te skryf."
