Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink
2020-04-14"Die kortverhaal het ’n sekere intensiteit, ’n vermoë om die menslike ervaring te distilleer tot iets wat die leser met ’n skok van herkenning laat. Met dié intensiteit karring hy aan jou, en bly hy aan jou karring – selfs ná verskeie kere se herlees, selfs jare later."
Afspraak met moord – om sin te probeer maak van die sinlose
2020-04-09"Om Marinda Steyn sin vir sin oor die wreedste moord denkbaar aan te haal, vat aan jou."
Lockdown: The corona chronicles – an interview with Melinda Ferguson
2020-04-08"No. I don’t think we are ever going to go back to the 'unconscious normal' we were in just a few weeks ago. I think that after lockdown, the world and South Africa will, in many ways, be in pieces; in many ways, the systems we knew will be broken, and we will all have to readjust and start again."
Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
2020-04-08"Wanneer ouers sê nee, ek het nie my kind so grootgemaak nie, ek kén my kind, is hulle na alle waarskynlikheid reg. Maar hulle ken hul kind soos hy by die huis is, nie soos hy tussen sy maats is nie. Die kind by die huis en die een op die speelgrond is nie dieselfde kind nie."
"Asof die heelal geskreeu het skryf nou die boek!"
2020-04-02"Die boek word opgedra aan almal met krake. En my wens is dat hierdie boek mense hoop sal gee, maak nie saak wat hul krake veroorsaak het nie."
Die Pesalms vi ôse mense: ’n onderhoud met Willa Boezak
2020-03-25"Dis in die eerste plek gewoon bedoel vir Christene wat Kaaps praat."
Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid
2020-03-11"Indien jy ’n surplus dagga geoes het en ’n geldjie daaruit wil maak deur dit aan die bure te verkwansel, gaan jy in die moeilikheid kom."
Skrywersonderhoud: Hennie Smith oor Verskuilde verse
2020-03-05"Ons almal, en veral digters, moet nie met trivialiteite omgaan nie."
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
2020-03-03"Jy moet egter ’n sterk maag hê – dis nie ’n feëverhaal nie. Dis donker, plek-plek ontstellend en volgepomp met testosteroon."
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Maretha Maartens
2020-03-03"Jong en volwasse lesers, graad 1-leerders, konferensiegangers en nagraadse studente is almal mengselconnoisseurs. Sulke fynproewers sal ’n mengsel van humor, geesdrif, onvolmaaktheid en vinnige aksie hopelik gunstig oorweeg."
LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen
2020-03-03"Die vonk vir die verhaal was ’n uitgebreide koerantberig oor georganiseerde onwettige hondegevegte in Gauteng en die bykans onmoontlike taak van wetstoepassers om die bedryf hok te slaan."
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Michèle Meyer
2020-03-03"In 2019 kon ek die Winnie Rust-skryfskool in Stilbaai bywoon."
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl
2020-03-03"Via 'n laat biblioteekboek spoor Joanie haar ma op."
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Isabel Martinson
2020-02-28"Onlangs, tydens die piek van die brande in Australië, het iemand gesê dat die mens gaan moet van voor af leer om kollektief te leef. Want die rampe tref ons as ’n eenheid."
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga
2020-02-27"As kind was ek uitgelewer aan die vuil pote van verskeie mans, wat ek nou stelselmatig in my verhale uitroei."
Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart
2020-02-27"Die hele digwerk van Job draai om die vraag of daar ’n God is wat hierdie wêreld regverdig bestuur. Dit is ’n vraag wat steeds gestel word, wat alle mense raak en wat van tyd tot tyd elke gelowige se asem laat wegslaan."
As jy van moord droom: ’n onderhoud met Deborah Steinmair
2020-02-26"Ja, ek is vrekbang. En sal maar enige opstoppers absorbeer. Het ek ’n bronnelys? Nou kan ek nie onthou nie."
Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Madeleen Welman
2020-02-25"Die verhaal ('Juffrou Heila se tuin') handel oor selfopgelegde alleenheid wat so toeneem dat ’n skewe perspektief van die lewe begin oorneem."
What the water remembers: ’n onderhoud met Pieter Odendaal
2020-02-25"Ons probeer sin maak van die voortslepende traumas rondom water en hoe poësie ons kan help om hierdie traumas te begin genees."
"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie" – ’n onderhoud met Bianca Flanders
2020-02-20"As kinders selfvertroue kan kry en hulself lief kan hê, dan kan hulle dink aan belangriker dinge, soos hoe om president te word."
