TrienieReis2015-04-14Ek onthou die reuk van olifantmis en geknakte riet, van sweetvel, sweethare maar bowenal die walms van Zero se neusflanke onder my trillende vingers. Die Jeep wat hoes en proes en dan diep vasval in die riviersand en dieselfde bosgeluide wat in Noag se tyd al gehoor is, wat my kop inbars. En die lawaai […]
Gloudine KellermanReis2015-04-14“Gaan. Jy kan nie vir ewig bly vasklou aan iets wat nie meer bestaan nie.” Waar woorde, maar ongevoelig. Wil my beste vriendin na amper twee jaar steeds nie verstaan nie? “Jy is die een wat altyd sê dinge gebeur met ’n doel,” verdiep sy die pyn in my hart. “Gesê het,” help ek haar […]
Ina Dreyer-NelReis2015-04-14En voordat julle dink dis ’n grap moet ek julle ernstig vermaan: dis geen grap nie! Van die reis vooraf weet ek niks. My ma het wel vertel dat ons op die 31ste Maart met my pa se Ford op die grondpad gejaag het (teen 30 myl per uur?) sodat ek tog net voor 12 […]
Hulle reisstorie het in Middelburg begin. Michael het sy welvarende besigheid verkoop, die trollie uit sy kop gebou, proviand gekoop en sy avontuur begin. Die detail was verstommend: hy het beplan om van Middelburg af tot in Durban en dan kuslangs tot in Kaapstad te loop, trollie, hond en al ...
Ansie NelAkademies en skole2015-04-13Ek verheug my aan die herfslug hoewel die bosveldson steeds bloedig steek in die middel van die dag. Ek begin my staptog met ‘n kinderlike opgewondenheid. Ek was lanklaas by die krans; ek kan nie wag om te sien of die wildevy al begin verkleur het nie. Die kwêvoël skinder oor my teenwoordigheid in […]
Vasgepen aan jou lirieke wat ek heeltemal te laat gebore is om te ken. So luister ek na jou hart en vat die houe wat die lewe al na jou kant toe gegooi het saam met jou ...
Mariska Ford2015-04-13Dit was die aanhoudende hoofpyne, tamheid en vatbaarheid vir irritasie wat my laat wonder het of die konstante teenwoordigheid van geraasbesoedeling my nie dalk sieklik affekteer nie. My hele wese het gesmag na stilte. (Ek het myself gesien in 'n bladsy uit Koester jou baba; styf toegedraai met 'n sagte kombersie in 'n stil donker […]
Annetjie van Wynegaard2015-04-10Uiteindelik kom ons by die einde van die pad en daar, sowaar, is ’n moerse stel trappe wat lei na wat in die donker net soos Nietzsche se afgrond lyk ...
Elize Perrin2015-04-10Vir die wat nie geweet het nie: die Hel en Poorte van die Hemel lê lepel in die Swartberg van die Wes-kaap. Laasgenoemde verwysend na Prins Albert. ’n Vriendin van ons, wie se kinders daar woon, besing so graag die dorpie se lof. Toe reken my man dit klink soos die poorte van die hemel […]
Ilisna Nel2015-04-10Dis Maandag. Haar voete is swaar. Swaarder met elke trap boontoe. Dae, weke, maande en jare se klim, werk jouself boontoe. Hoe hoog is boontoe? Klik, klik, klik die sleutels op die sleutelbord. ’n Eentonige hamer wat die wete oor-en-oor op die kop kap. Die wete dat sy seker nooit bo sal kom nie. Haar […]
Christien le Roux2015-04-09Die plek ruik nie eers werklik meer na kus nie, meer soos geskuurde vuilvoet. Almal is of blond, of hipsters of hulle lyk arm en te veel getan ...
Estelle Nagel2015-04-09Ons het lank saam in die stoepkamer gesit en na die kiekies gekyk.
"Is Pa oukei?" het ek gepor.
"Ja, wat," het hy gesê, "mens voel mos altyd beter in jou eie huis."
Leunis van Rooyen2015-04-09Ek gaan sit op die grond met ’n rots agter my in ’n nuttelose poging om my teen die wind te beskerm en is besig om my hande met my beker te verwarm toe ek dit vir die eerste keer in my lewe sien ...
Ernst Muller2015-04-08Dit was eers tydens die tweede of derde keer wat ek dié roete stap, dat ek die ooreenkoms tussen my lesings en dié werklike pelgrimstog herken ...
Ilza Joubert2015-04-08Om te gaan kyk hoe lyk 'n plek waar meer as 'n miljoen mense hulle lewens verloor het op die mees onmenslike wyse is seker nie jou standaard familie-uitstappie nie ...
Annemarie van der Walt2015-04-08Soos die eerste keer moet die hortjies van die kamervenster van die regop, smal hotelletjie digby die Blou Moskee toegetrek wees maar die ruite wyd oop sodat die straatklanke deur die smal skrewe kan sypel ...
Wikkie Burger2015-04-08Dan is daar natuurlik die stapelvoedsel: alles van Anton Goosen, die aardse, bobaas storieverteller David Kramer, al die alternatiewes soos Kerkorrel, Kombuis ...
Trudie Jordaan2015-04-07Sofia van Pletzen trek die tas van die bagasieband in die lughawe af. Die tas pas byna nie deur die skandeermasjien nie en die sekuriteitswag wat na die inhoud staar op die skerm lig sy wenkbroue. Hy laat haar begaan. Eindelik druk sy deur die swaar deure in die aankomssaal in.Sy sien die toeroperateurs en […]