Annetjie van Wynegaard2015-04-07Ek en Sean sit nou die dag en tee drink toe hy skielik vra of ek iewers heen wil gaan, hy voel rusteloos. Ek sê toe ja, ons kan iets doen, waarheen wil hy gaan? Dalk die Johannesburgse dieretuin? Japan, antwoord hy my. Hy wil Japan toe gaan. Ek het altyd gedink die weggaan was […]
Christien Neser2015-04-07Hoe lank is 101 nagte? Baie lank. Veral as dit 1979 is, jy in grys Parys sit, hy in sonnige Pretoria en dis dekades voordat selfone ’n werklikheid sou word. Ons was al drie jaar gekys toe hy voor die koshuis in die toegestoomde Renault vir my sê: “Ek gaan met jou trou, maar nie […]
Leunis van Rooyen2015-04-07Ons is op die sewende dag van die voetslaanroete deur Namibië se Naukluftpark. Dis ’n plek van ruwe skoonheid—’n rots-enklave van die Namib woestyn. Danksy die kranse, klowe en rivierlope wat soms in die somer water het, bied die Naukluft skuiling aan ’n groter verskeidenheid plante, diere en voëls as wat ’n mens in dié […]
Trienie2015-04-07’n Nuwe staproete aan die voet van die Drakensberg bied onverskrokke stappers ’n skouspelagtige alternatief tot die alreeds bekende Magoebaskloof-staproete. Hierdie woudgebied langs die R71, skaars 18 kilometer buite Tzaneen is ’n ongerepte stukkie wolkberg met diep skeure, ruwe berge en puik swempoele. Na 25 jaar keer die Van den Bergh-familie terug na eerste wortels […]
LitNet, Hester Genis2015-04-07Louis en Charl ry Vrydagnamiddag Velddrif toe om hout te laai. Mynhardt, 'n vriend, het alles gereël. Ek, Suzanne en Elizabeth vertrek Saterdagoggend. Die kinders bly tydelik in vriende se huis. Ons kry die manne in Velddrif en vandaar na Paternoster. Die hout bly in Mynhardt se bewaring tot Sondag. Dis die kinders se vyfde […]
LitNet2015-04-06Hoe nader ek aan die see kom, hoe meer bokspring jong stofstormpies oor die pad, en die landskap verander weer na sandduine, wat amper wit teen die horison afsteek ...
Alita SteenkampSkryfkompetisies2015-04-02Die Pilanesbergkom is vanjaar besonder mooi in die laatsomer. Wuiwende grashalms wat heuphoogte op die vlaktes staan, getuig van goeie reëns in die vroegsomer. Vir diegene wat bloot kom leeus soek is dit nie die ideale scenario nie, maar vir die wat die skoonheid van ongerepte Afrika kom inadem, kan jy geen mooier skilderdoek kry […]
LitNet2015-04-02Ek weet nie of dit net die ouderdom is nie, maar in die laaste twee maande het ’n paar goed by my ordentlik uitmekaar geval. Eers beseer ek my voet so erg, dat ek na ’n maand nog steeds rondhuppel, en toe, waarskynlik te danke aan die krukke, slaap ek een aand boonop my skouerblad […]
LitNet, Trix2015-04-02“Treffend die dogtertjie met die bos hare deur lig omstraal. En kyk daardie groot blink oë, nè.” Annette is bly dat Frik hierdie foto uitgelig het as een wat hom getref het. Dis een van haar gunstelinge. Hy lewer gereeld kommentaar op die foto’s van haar reis na Marokko wat sy per e-pos aan hom […]
LitNet2015-04-01Google, jou lekker ding! So teen die einde van 2013 sit ek voor my rekenaar en tik in: “Unesco World Heritage sites.” En daar skop hy hom uit – die Cinque Terre. Ek spring weg en beplan (saam met my vriend Google) die toer van ’n leeftyd vir Julie 2014. My reisgenoot is my ma, […]
Willem BoshoffSkryfkompetisies2015-04-01Eendag, lank, lank gelede, in die verre verlede, was daar ‘n ou man. ‘n Ou man wat graag iets wou ontmoet. Iets ontmoet soos Pan. Nie iets soos ‘n San, of Khoi-khoi of khoisan nie (alhoewel hy tog in retrospek sou nadink dat alles daar by hulle begin het). Nee, vir Pan, ‘n alles, ‘n […]
Wendy AnthonieReis2015-04-01 Oom Dawid de Klerk se bekendheid as karweier het wyer as die Karoovlaktes gestrek. Ewe bekend was sy granaatrooi lorrie met die dik wange, lang dek en houtkappie. Wanneer die houtkap afgehaal is, is brandhout, bakstene en bousand vervoer. Word die kantrelings opgeklap is skaap, bees of selfs perde na buurdorpe en stede aangery. 1968. […]
LitNet2015-04-01Ek is op pad Velddrif toe. Van my familie se wortels lê aan die Weskus. My oupa en ouma se laaste rusplek is tussen die duwweltjies in die sandgrond van die ou begraafplaas en iewers op ‘n duin staan ‘n gedenkteken ter gedagtenis aan visserman-drenkelinge met my nooiensvan op. Soos wat ek met die R27 […]
LitNet2015-04-01Ons sluit by die groepie aan wat onder die bome staan en skerts. Serpe roer in die aandlug en Afrikaanse sêgoed val saam met herfsblare op die sypaadjie voor Hotel Du Centre Et Lauragais in Castelnaudary, die rendezvous vir ons kanaaltoer. Binne sit ons almal later aan oor skottels cassoulet, ‘n bredie van gepreserveerde eend, […]
LitNet2015-04-01Waar is die weermagkamp nou? Dit was net hier? Die oorlog is verby. Ander soldate marsjeer nou. Walvisbaai. Namibië. Suidwes. Miskien het die dorp net so uitgebrei dat mens dit nie meer kan sien nie. Hulle ry lank in die dorp rond op soek na tekens van die verlede. “Kom ek gaan wys julle die […]
Driekie GroblerReis2015-04-01Om te reis is kraakvars, opwindend en smaakvol. Soos ‘n bloedrooi appel op die rak wat noukeurig uitgesoek word volgens begroting en behoefte. Versigtig teen die lig gehou word om deeglik ondersoek in te stel na swak of vrot plekkies. Die buitekant moet tog die inhoud so goed moontlik weerspieël. Dan oee en aaa mens […]
LitNet2015-03-31Mens leer meer deur te reis as op Universiteit uit boeke, het een mens eenmaal gesê. Slim ou! Na my egskeiding het ek soos Eat, Pray, Love se vrou “na myself gaan soek!” Ek het net nie fondse gehad om vir soveel maande te soek nie! Ek het my ou spaargeldjies gesit en tel en […]
LitNet2015-03-31Die rooi ou Chev bakkie kreun en steun oor die geel golwende hobbels van die Namib-woestyn. “Ek kan nou lekka check die reën is weg,” sing my pa vrolik in die bakkie se tweerigtingradio se handstuk in. “Jou hier jou daar, jou doringblaar, die vaal jeep is baas,” sing oom Simon terug oor die radio. […]
LitNet2015-03-31Hoe gemaak as jy 1 634,9 kilometer of 15 ure en 48 minute agter 'n partytjie en vriende aanry? Trek jy 'n Oupa Viljoen op jouself en ry reguit deur, RSG-radiostories en 'n bottel Sprite as geselskap. Ouma Viljoen lê klein opgekrul in die sonnetjie op die agtersitplek saggies en snork. Of is jy soos […]