Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Om ons beeld te soen

Charl-Pierre Naudé Poësie 2020-11-10

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Charl-Pierre Naudé se gedig hier.

Steenson

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-11-04

"onder die sirkels van die songloed 
in die vlamrooi van die aalwynblom 
het jou emosies oop en vry gelê"

daar’s veel meer binne

Johanette Pretorius Poësie 2020-11-04

"diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge"

Die familie

Stanley Cierenberg Poësie 2020-11-04

"Toe huil ek en hy saam, 
so sonder woorde, net 
met nat oë." 

Retrospektief

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-11-04

"in kraakvisie van gedroomde ideale 
lê die Dooie See 
met dobberende skerfiesdrome 
ingeperk" 

Offers

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-11-04

"ek wil weer 
op ’n pers tapyt nuwe 
offers bring (offers sonder 
verval) sodat my binneste opnuut 
van vreugde kan kreun" 

Wolkstaar

Johan Myburg Poësie 2020-11-03

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Johan Myburg, 2020 se Hertzogpryswenner, se gedig hier.

in gesprek

Carla Botha Poësie 2020-11-02

"god sit êrens en staar na ons 
doen en late in Afrika-strate – ek voer 
gesprekke met hom"

Pop

Amanda Greeff Poësie 2020-10-30

"sy kom huil by my 
sy het in ’n wynvat verval 
sy sê dat sy so useless voel"

As bikers brood breek

Azette Wiesner Poësie 2020-10-30

"Jy sien, Pa, as bikers brood breek
los hulle nie krummels op die vloer nie.
Nee, hulle laat val genoeg vir dié wat honger is vir vriendskap" 

drie-eenheid

Jannie Pretorius Poësie 2020-10-30

"ubuntu is lief vir duur karre 
patronaat moet hulle gaan haal 
tender verduister die geld 
wat die armes moes betaal"

Ode aan ’n plaaswerker

Coen Vollgraaff Poësie 2020-10-30

"vol van hoop 
jou hand en hart 
vir brood 
by ons  
kom ruil het ..."

Jakarandastad

Driekie Grobler Poësie 2020-10-29

"noudat die eerste somerreën 
die aardkors deurweek het 
die dorre winterdoodsheid 
kom balsem het" 

Brendin Horner

Stanley Cierenberg Poësie 2020-10-29

"Die tamboekiegrasse wieg stadig heen en weer in die wind,
net soos mense wat staan en rou oor 
die dood van ’n geliefde."

Villanelle-skildery

Desmond Gird Poësie 2020-10-29

"ek wou die doek eers spierwit hou 
as ek dink aan jou lewe eerbaar, rein; 
my lief, ek skilder ’n gedig net vir jou"

Omgedop

Daniel Hugo Poësie 2020-10-26

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Daniel Hugo s’n hier.

Spoor

Carina Stander Poësie 2020-10-20

LitNet is 21 jaar oud. Gedagtig aan dié mylpaal het die webjoernaal, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, digters genader om verse vir ons te skryf. Lees Carina Stander se gedig hier.

Leë beloftes

Loretta Szikra Poësie 2020-10-20

"Maar, net soos die wind gekom het 
het sy haar rug weer gedraai 
om wolke vol beloftes 
die dorre randjies in te waai" 

Liewe Moeder

Christo Meyer Poësie 2020-10-20

"Toe ek hoor my jongste dogte 
het oorie tou getrap 
was my heel eeste gedagte 
om vi djou te bel 
en te vitel" 

Eerste somerreën

Driekie Grobler Poësie 2020-10-20

"noudat die eerste somerreën geval het 
wil ek vrybreek uit hierdie beknelling 
om welriekend in geur en kleur 
opnuut baldadig te kan blom"

Top