
Foto: Canva.com
my hartkamer
hoe lank nog
sal ek hier wil wees?
hoe lank sal ek nog
in hierdie plek wil verkeer
as dit altyd so donker is?
ek het sonder invloed,
en sonder enige vrae,
sorgvuldig gedoen
wat van my verlang was.
vir te lank wou jy
van my ontslae raak.
vir te lank was ek
slagoffer gemaak.
maar daai tyd is verby.
nou wil ek
stil-stil wegsluip
en my hartkamer sluit.

