in die bedkassie se laai
lê vergete al die gisters
wat op ’n môre nodig
mag wees, die donker
sluikholte vir pille, bril
en muskietgif –
’n dagboek sonder naam
tot die laaste punt
volgeskryf, die tissue
ingedruk
vir oulaas voor die pen
klad en skandes
met ’n omblaai onwillig
nog altyd
en moontlik is
Lees al die Mondig-gedigte hier: