Wat gaan van ons word?

  • 1

Foto: Canva.com

Wat gaan van ons word? 

’n Uitgeteerde straathond 
met borste vol melk 
sluip skugter straat-af, 
te bang om te proe 
aan die bietjie kos.

En ek wonder: 
Wat gaan van haar word?

’n Brandmaer Bedelaar 
in verslete klere 
bewe op die hoek, 
met ’n stuk karton 
wat smeek vir 
kos, 
geld, 
IETS ...

Ek wonder: 
Wat gaan van hom word?

Kollegas, 
vriende, 
familie, 
sterf skokkend onverwags 
en dié wat agterbly 
breek onder die gewig 
van hul verdriet.

En ek wonder: 
Wat gaan van hulle word? 

Die wêreld sidder en beef 
in opstand teen één vrees, 
terwyl golf op golf 
COVID-19 
sy donker tol eis.

En ek wonder: 
Wat gaan van ons word?

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top