Melanie Pienaar

Melanie Pienaar is in 1978 in Kempton Park gebore, maar het in Rayton en Pretoria grootgeword. Volgens haar ma het sy reeds as baba aangedring op ’n boek of tydskrif saam met haar in die wiegie. Sy leer lees op die ouderdom van 4 en skryf haar eerste eenvoudige gedig op 6. Regdeur haar skoolloopbaan bly ’n voorliefde vir poësie, sprokies, asook kinder- en kleuterverhale haar by. As volwassene lees sy met oorgawe alle genres. Na jare se fokus op haar loopbaan as aptekersassistent en haar gesin begin sy in haar laat 30’s om kort stories en rympies vir haar seun te skryf. In 2020 skryf sy in vir haar eerste volwaardige skryfkursus.

’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard

Melanie Pienaar Lesersindrukke 2022-07-05

"Alles behoort aan die staat en alle vorme van religie is verbode. Tegnologie word gesien as die oplossing vir alle probleme en selfs die kos is kunsmatig."

Wat gaan van ons word?

Melanie Pienaar Poësie 2021-03-10

"Die wêreld sidder en beef 
in opstand teen één vrees, 
terwyl golf op golf 
COVID-19 
sy donker tol eis"

Top