Ons land verdrink in bloed

  • 0

Ons land verdrink in bloed

Foto: Canva


Die kombuis se teëls
is gevlek met bloed
want ’n vrou
het haar lewe verloor.

Die kindergesiggies
is vol spatsels bloed
want hul ma
se lewe is gesteel.

Die man se hande
is besmeer met bloed
want hy het
’n vrou vermoor.

Ons land verdrink in bloed
want ons laat haat
soos onkruid
in ons harte aanteel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top