Tussen klip en knot

  • 1

Die nagtrein ruis deur die heelal om teen
middernag by die stasie van lamentasie asem te haal
toe die stil een, die gryskop, afklim om onder ruisende
arendvlerke die agterpaaie te bewandel.

By die kruispad speel die dag wat breek
soos goue vlinders rondom die hert van dorre streke,
hy wat al die Stabat Maters en ritmes van Requiems asook
droewe Hallelujas in suiwer tenoriese klanke sing.

Dringende, lamsakkige gedragspatrone
van die oue tree na vore; saam met die wind
wat die tolbos op sy mou dra, struikel hy
tussen klip en knot na die afgrond.

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Christiaan Diedericks

    Melanie Grobler se gedig “Tussen klip en knot” is lieflik, ek gaan dit baie kere lees sodat dit onder my vel kan kom lê!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top