Melanie Grobler

Melanie Grobler is in Warmbad (Bela-Bela) gebore en het in Rustenbrug, Transvaal, grootgeword. Sy het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer: BA in Sielkunde en Filosofie, en sy het ook in 2002 ’n graad as doktor in Kunsgeskiedenis voltooi, met haar doktorale tesis “Against fixity: A hybrid reading of Breyten Bretenbach’s art, poetry, writing, aesthetics and philosophy”. Sy was sedert 1980 betrokke as kurator, asook by slypskole vir voornemende skrywers en prosesfasilitering by die Hlumelo Teater, waarvan sy medestigter was. Sy het verskeie kulturele projekte by die Instituut van Voortgesette Onderwys, Unisa, asook die Kultuurburo van die Universiteit van Pretoria aangebied. Sy het vir vyf jaar onderrig ontvang by die Art Studio in Pretoria en het gedurende 1982-2002 aan twaalf groepuitstallings deelgeneem. Haar figuratiewe werk beeld die emotiewe kwaliteite van die enkele beeld uit. Tussen 1992 en 2000 is haar kortverhale in ses versamelings gepubliseer en haar digkuns in sewe. Haar debuutbundel, Tye en swye in die lewe van Hester H, is met die Rapportprys bekroon. Dié digbundel was ook op die kortlys vir die CNA-prys. Die Waterbreker is in 2003 gepubliseer.

 

Melanie Grobler is getroud met ’n prokureur en het drie kinders en een kleinkind.

Opgedateer/Updated: 2011-02-24

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Tussen klip en knot

Melanie Grobler Poësie 2021-03-09

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Melanie Grobler se gedig hier.

Max Sebald

Melanie Grobler Poësie 2018-09-04

"In Suffolk se heideveld
stap hy in koue Meimaanddae ..."

Iconoclasts

Melanie Grobler Skryfkompetisies 2015-05-06

The statues are in the museum ...

Oktober-gedigte

Melanie Grobler 2013-10-29 Melanie Grobler se bundel deur ruite van die reis (Human $ Rousseau) het hierdie jaar verskyn. Hier is 'n nuwe siklus: Oktober-gedigte.

Haikoe-kompetisie: Haikoe 1 deur Melanie Grobler

Melanie Grobler 2012-11-07 Melanie Grobler se inskrywing vir ons haikoe-kompetisie.

Digterstuin: Die digterstuin

Melanie Grobler 2012-09-20 "reën bedrup die dorpstuine
 maar die verbeelding skep die naggeluide
 honde blaf en die dorpstrate word stil"

Ou man tussen die riete van agterdog

Melanie Grobler 2011-02-24 Ou man tussen die riete van agterdog Sit die groente-skrapertjie eenkant, trek my voorskoot uit – die geskilde komkommers en appels lê op die kombuistafel en die lig weifel tussen stoel en deur. ek karteer die nuwe pad na die ...
Top