
Max Sebald | Wikimedia Commons
Max Sebald
Hy wat naby ons is
het van ver af gekom
om koppies en pierings
en ander memorabilia
met ’n waterstokkie te soek.
In Suffolk se heideveld
stap hy in koue Meimaanddae
deur verwoestende brande
en klipbegraafplase;
toe sy middelvinger die struikie roer
sif ’n sproeisel stuifmeel
na sy oop geslane skryfboek.


Kommentaar
Dit is 'n besonderse gedig oor 'n besonderse, 'n groot skrywer . Dankie daarvoor!
Baie dankie