
Foto: Canva.com
Skool vir die hof
skool wou jy nie gaan
so slim en tog so dwaas
gevang deur die bling van ’n dwelmbaas
geld het jy vir hom gemaak
met sy kinders wat skoolgaan
maar nou wil hy nie by jou staan
betrap met sy dwelms en geld
loop jy nou hof
en jou ma wat daar sit met onbetaalde verlof
jy het gesê skool is nie vir jou
en vir die onnies was jy ’n kopseer
maar, dis ’n moederhart wat nou treur
wat van jou gaan word
is almal se kommer
want liewe kind, jy sabela alreeds die nommer

