Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ballade vir Joost se boetie
2020-08-14"Bedieninge-gemeente, waar die mense staan en sing
en dertig gemeentelede aan die Here hulde bring
het op Sondag, 26 Julie 2020, ’n makabere toneel
van skote en dood en bloed in die samekoms afgespeel."
Kampkerkhof
2020-08-06"Moeders wat siel gedood niks meer vra
as die doodsengel
uit haar arms kom haal"
o die genoegdoening
2020-08-05"o die genoegdoening
dat die ongedansde dans sal uitdans
dat alles en soms selfs te veel gesê word"
Wat wou
2020-08-05"daar was die agtermiddagradioprogram se arias
die sang van tenoor teenoor die sang van sopraan
om op te reken"
Geen bekendstelling nodig nie
2020-08-04"Vliegtuie hef liggaamsruimte op,
forseer intimiteit met vreemdes."
eers liefde, dan gedigte
2020-07-29"die tyd het nou gekom, vir die een wat homself
nog heeltyd vermom, die een wat al die idees het,
die een wat Afrikaanse woorde uit die berg laat kom"
Twee gedigte deur Ize Ster
2020-07-23"Soms as ek
in stroef falset lipsing,
huigel die stom note
hol in my ore."
Sterrenag
2020-07-21"sê my, Vincent, wéét jy dalk dat Sterrenag nou een van die mees ikoniese skilderye is"
Villanelle
2020-07-21"met ’n vlugveer van ’n swaan in rou
wil ek vir jou sinne streep
op perkamente wat ewig hou"
Nyanga-duiwel
2020-07-20"minder as minste
is die jambe van ’n digtersvoet
op die metrum van ’n amfibrag gestort"
Ons klein planeet
2020-07-16"Ons klein blouerige planeet
swaai in sy baan
gravitasie-gekoppel
óm die helder son"
werf, landerye: Rûens
2020-07-16"want stap jy hierlangs
kyk Kiewiete jou koel deur:
sit dan hoog keel op"
Marionet
2020-07-16"As die aandskemer inkruip
gee die knieë las
trap die bene onvas
word woorde lomp
die geheue stomp"
Golgota
2020-07-08"terwyl die reuk van dood
aan drie houtkruise hang
sak die nag soos ’n roukleed neer"
