Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Wene
2021-01-12"Of klop die hart van die stad eers in my
as dié blitsbesoeker, wat snuffel op straat,
sy kits-kos, kits-pos, kits-eer los
eietydse vertoonsug agterlaat"
Jeug op Majuba
2021-01-12"met die kleinste voete
die grootste hart
klim die jonges bergop
tot die kruin daarvan geplat"
Kladboek
2021-01-05LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Eunice Basson se gedig hier.
Persverklaring: Aantal jeuginskrywings in die AVBOB Poësiekompetisie skiet die hoogte in
2021-01-04’n Rekordgetal inskrywings is ontvang in die vierde jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie wat van 1 Augustus tot 30 November 2020 aangebied is. Dit vertel ’n gerusstellende verhaal oor die siel van Suid-Afrika.
mondig
2020-12-29LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Gilbert Gibson se gedig hier.
Mortifikasie
2020-12-23"ek kan nie ophou kyk
na die reep op reep lap
lewende kleure en bont daarby
eens deel van iets groter;
nou geskeur net een doel dien
Bondgenoot"
landuit
2020-12-22"landuit koebaai sê vir goeie pêlle
bly maar ’n diep, rou, hartseer ding
land in, sou ons julle terug wou bring;
al die nabye geliefdes voel dieselfde"
Herfs
2020-12-22"Ek wil jou beloftes afbrand
sodat jy kan skroei
Ek wil jou omgee in blare verander
die soort wat wegwaai as dit winter raak"
burning bright
2020-12-21LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Susan Smith se gedig hier.
In liefde gebroke
2020-12-15"Jou beeld stap stil by my terugdink verby.
Jou asem wasem vergete liefdesverhale in my nek,
en ek onthou die vuur, en smaraggroen skynsel in jou oë."
Penarie
2020-12-15LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Kleinboer se gedig hier.
Ode aan ons liefde
2020-12-10"Jare gelede het ons
ons name
in twee harte oor mekaar
op ’n akkerboomstam
uitgekerf;"
Fees vir die aasvreters
2020-12-10"ongenooid kom neem hul plaas
aan die tafel van my gemoed
maak hul ongevraagd tuis"
rooimierwoorde
2020-12-10"jou letters word karakters in ’n vreemde taal
dit verwar my eens korrekte linkerbrein
letters en woorde word syfers wat nie klop nie
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?"
bergvergadering
2020-12-08LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Pieter Odendaal se gedig hier.
Troebadoer-swerwerskind
2020-12-03"waar die golwe teen die rotse klots
het my paadjie weer gedraai
my spore trap diep deur Beaufort-Wes
ek verloor my siel in Namakwaland"
Klaaglied van ’n houtstoel
2020-12-03"Al het ’n blom ’n kelk en steel
bly ’n blom ’n blom;
al het jy die hoek en ek die tee
is dit tog waar meester sy tyd bestee!"
Uit Ouma se fotoalbum (vir Ingrid)
2020-12-03"maar toe onthou het
Ouma was die digter
en jy
dalk net
die gedig"
Shakespeare, sonnet #21
2020-11-30LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Loftus Marais se gedig hier.
