
Foto: Canva.com
Die tuinier
Son en boom debatteer –
wie gaan vir wie ’n kans gee
bietjie koelte, bietjie lig
net voor nag ons kom verwurg
moet ons tiekiedraai en skoppel-
maai onder naak-blou ure
sweef op die rug van geleende
seisoene, voor ons verwelk
weggehark deur
die tuinier van tyd.

