Jeug se groen

  • 2

Foto: Canva.com

Jeug se groen

My heimwee se skimme dwaal nog steeds
deur die groen van ons jonk-wees se kleukellose vlees;
daar waar die reuk van verlief aan jeug se takke hang,
waar die spoke van gister elke droom van môre wil vang.

Ek onthou nog hoe het ons hande ons kuisheid verniel,
en die passie wat weerkaats het in die poele van jou siel,
die streel van jou palms oor die kuiltjies van my lyf,
en gedigte uit jou mond, wat my na raserny kon dryf.

Maar nou is daar nog net die wind wat ons name saggies kreun,
want jonk-wees was net ’n wyle aan ons twee geleen.
Al wat nog oor is, is die prentjies van onthou,
en die arms van troos, wanneer skemer my omvou.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top