Genadegebed
2024-09-12"op die plaashuis se stoep sit ’n dankbare boer
in sy gebed lê genade, en langs hom staan sy roer..."
Die boom
2024-09-05"in my skadu skuil geen vrese meer nie
want my wortels is diep in U heerlikheid gepen"
Pluk vir my die sterre
2024-08-29"keer tog dat die son met dagbreek sy aangesig wys
laat hy net eerder bly waar hy is"
Dans van liefde
2022-12-09"sy oë gloei soos die sonsopkoms oor die Namib
emosies rumba deur sy bruisende gemoed"
Drome van ’n stadskind
2021-10-05"vat my net weg na berge en sand
waar die son se fakkel nog helder kan brand
laat die seebries se waters oor my spoel
en ek die lewe van vryheid weer eenkeer kan
voel"
As môre nie ontwaak nie
2021-09-29"kyk hoe kleur die rante in vloeiende amber
gaan lê die laatmiddag lepel teen skemer se rug
vrede steek vuur aan in die kaggel van my hart
en dankbaarheid kniel versugtend in my gemoed"
Vroegdag in Augustus
2021-09-22"Dit is vroegdag in Augustus;
die donker het gekwyn.
Hier waar jou arms my omsirkel,
het nag se skimme stilweg verdwyn."
Jeug se groen
2021-02-18"daar waar die reuk van verlief aan jeug se takke hang,
waar die spoke van gister elke droom van môre wil vang"
Weemoed se spore
2021-02-03"oor stukkende woorde wat hang in my verdriet,
wat drup soos bloed deur my are van vergifnis,
want my trane het nou te duur geword"
Tafelberg
2021-01-26"in spierwit kleed staan die tafel gedek
daar waar branders aan sy pote lek
en witskuimwater oor sandkastele speel
wyl Liza haar melodieë met die wêreld deel"
In liefde gebroke
2020-12-15"Jou beeld stap stil by my terugdink verby.
Jou asem wasem vergete liefdesverhale in my nek,
en ek onthou die vuur, en smaraggroen skynsel in jou oë."
