Dans van liefde

  • 1

Foto: Canva

Dans van liefde

sy oë gloei soos die sonsopkoms oor die Namib
emosies rumba deur sy bruisende gemoed
die ritme van sy polsslag vibreer in sy are
en hy cha-cha oor die uitgestrekte vlaktes

haar beeld sweef oor sandveld van rooi
terwyl verleiding deur haar passies drup
tot in sy arms draai sy haar wulpse lyf
en sy hande tango oor haar sagte duine

soos een vloei hul in mekaar se asems
dans die dans van roekelose begeerte
hul wals tot aan die einde van ongekende liefde
wyl die bruising in hul harte na ’n encore skree

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top