Die boom

  • 0

Foto: Canva

Die boom

my Abba Vader, my Jesus, my God
U het my volmaak gevorm
gesnoei tot ’n boom van geloof
en na die winter het U my lentebloeisels laat bot

U het lewe in my doodsheid gewek
en in my diepte ontwaak ’n nuwe krag
die dag breek deur my takke van dankbaarheid
en my toekoms word in vars groen liefde bedek

in my skadu skuil geen vrese meer nie
want my wortels is diep in U heerlikheid gepen
trots staan ek teen die hemel se blou
geanker in die grootheid van die Heer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top