Pluk vir my die sterre

  • 2

Foto: Canva

Pluk vir my die sterre

pluk vir my die wegkruipsterre
en gooi dit in die see se blou
bring sommer die maan ook mee
ek het nog nooit van sy skynheiligheid gehou

verduister my spore in die nag se swart
en suig my longe nou maar een keer leeg
ek wil nie meer deel in die lewe se smart
waar die bitter swaarder as die soet moet weeg

keer tog dat die son met dagbreek sy aangesig wys
laat hy net eerder bly waar hy is
ek wil hom nie eers sien waar dag verrys
want hy bring net hartseer na my toe gewis

duisternis is deesdae my enigste troos
wanneer hy my toevou in die slaap van dood
red hy my hygende hart so stukkend en verbrokkel
daar waar hy vertrap lê in vernietiging se koggel

ag pluk vir my die dag en bêre dit tussen die blaaie van die Bybel
laat die minute net stil-stil deur tyd se uurglas sypel ...

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top