
Foto: Canva.com
Drome van ’n stadskind
die maan se glans is dof vanaand
die hemel se blou tot stof verbrand
die stad se liggies is ingesluk
en die reuk van beton lê en verstik
vat my net weg na berge en sand
waar die son se fakkel nog helder kan brand
laat die seebries se waters oor my spoel
en ek die lewe van vryheid weer eenkeer kan
voel
laat my wandel oor berge se paadjies van
geheim
tot waar branders oopmond oor rotse gaan
skuim
ek wil verdrink in die hitte se soel somersdag
en luister na die see se wyebek-lag
laat die son water drink teen skemer se uur
daar teen die horison se kleurvolle muur
as hy sy lig van rooi in die weste gaan hang
sal ek die gloed van sy mooi vir my wange gaan
vang
maak die sprokie van ’n stadskind net een keer
waar
sodat die honger in my hart ’n fraksie bedaar
laat my na die kleure in die reënboog kyk
voor môre se tyd vir ewig beswyk


Kommentaar
Diep-gevoelige gedig.
Baie dankie, Martin.
Diep woorde!! Pragtig!!
Pragtige een Drienie!
Baie dankie Berta en Theresa, groot waardering. 💝🌹
Welgedaan sus ... nog 'n pragtige een op papier vasgelê.