Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording

Hein Willemse Seminare en essays 2025-10-16

Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.

Gedagtes oor rubriekmaak

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2025-10-09

"Dié stukkie geskiedenis word as inleiding gebruik vir hierdie vooraf-artikel oor ’n paneelgesprek oor 'Rubrieke, kommentaar [en] skryf oor gemeenskappe', wat komende Saterdag op die tweede dag van die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasvind."

Stres en orgaanoorplantings

Handré Brand Seminare en essays 2025-10-01

"Die orgaanoorplantingsproses behels ’n kontinuum van verskeie opeenvolgende fases, elkeen kenmerkend van eiesoortige mediese, sielkundige, sosiale en ekonomiese uitdagings."

Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede

Francis Galloway Seminare en essays 2025-09-19

"Ek het wyd en syd gesoek na die laaste stukkie van die fotolegkaart, maar tot op datum bly die lang man met die bril onbekend. Die soektog was egter in sigself ’n avontuur en het my op interessante ompaaie geneem na Breyten se wêreld in Parys in die vroeë 1960’s."

Naspers se 110 jaar – van pers tot Prosus

Lizette Rabe Seminare en essays 2025-09-10

"Wat lê dus voor vir Naspers/Prosus wat op soveel terreine met woord en daad 'waarde' en 'betekenis' vir so ’n groot persentasie van die wêreldbevolking ontsluit? ... Dalk die gunstelingverwysing van Bekker, naamlik die Darwinistiese diktum van wie oorleef, nie die sterkste is nie, maar die soepelste? Die een wat by verandering kan aanpas?"

Rassisme in Suid-Afrika vra vir ’n multidimensionele benadering

Michael le Cordeur Seminare en essays 2025-09-08

"Wat wel duidelik is, is dat rassisme nie kleur ken nie. Aanvanklik was die kollig slegs op wit mense wat rassisties teenoor swart mense opgetree het, maar deesdae kom rassistiese insidente op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing voor."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Vertaling van Emmanuel Todd oor Rusland as Europa se Rorschach

Johann Rossouw, Emmanuel Todd Seminare en essays 2025-09-02

"Russofobie is gewis ’n patologie. Maar Rusland het bowenal ’n formidabele projeksietoets geword." Johann Rossouw vertaal die opstel "Rusland is Europa se Rorschach" deur Emmanuel Todd uit die Frans.

Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Charl-Pierre Naudé Resensies 2025-09-01

"Daar is groot toewyding van samestellerskant te bespeur wat hierdie unieke versameling die lig laat sien het. Die wydlopendheid van aanbod, die gehalte van gedigte, die nuwe stemme wat almal belofte toon wat geplaas word naas ouer stemme waarvan sommige hul belofte reeds vervul het, is indrukwekkend en implikasieryk."

VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-08-20

"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"

Trump, Amerika en die toekoms van Afrika

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-08-19

"Vir Afrika, en spesifiek Suid-Afrika, beteken dit ’n nuwe werklikheid. ... Trump [sien] die vasteland hoofsaaklik deur ’n praktiese, selfs skeptiese lens. Sy fokus is nie op hulpverlening of ontwikkelingsamewerking nie, maar op wat Amerika daaruit kan kry. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Amerikaanse beleidsontleder Joshua Meservey verlede week ’n dagsimposium van die Pionier Instituut buite Stellenbosch toegespreek het."

Onverdiende eiegeregtigheid

Handré Brand Seminare en essays 2025-08-11

"[Eiegeregtigheid is] hoofsaaklik ’n problematiese verskynsel met velerlei implikasies binne die konteks van Eerstewêreldse besigheidsmodelle. Watter onderliggende faktore sou dus moontlik ’n rol kon speel om die heersende perspektief in verband met eiegeregtigheid as ’n negatiewe persoonlikheidstrek uit ’n ander hoek toe te lig?"

Die Nasionale Dialoog: ’n berekende strategie, of ’n geldverkwistende “talkshop”?

Christo van der Rheede Seminare en essays 2025-08-11

"Gemeenskappe se mees kritieke rol is egter om mede-eienaarskap van ons demokratiese bestel te neem en diegene wat hulle tydens plaaslike en nasionale verkiesings verkies, verantwoordbaar te hou."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: klankopname van "My pad met Breyten"

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-30

Johann Rossouw was onlangs aan die woord by die lesingreeks van die Vrystaat Universiteit se Departement Afrikaans-Nederlands, Duits en Franse oor "My pad met Breyten". Hy deel die volledige klankopname met LitNet se lesers.

Yes for national dialogue, but don’t forget municipal services

Chris Heymans Opinion 2025-07-24

"Significant reform and skills improvement are needed if more deterioration in service delivery and public trust is to be avoided, but the political obstacles to municipal reform are significant. Many municipalities experience regular turnovers of mayors and senior officials, often due to party infighting, especially within coalitions."

My pad met Breyten – op die taalspoor

Francis Galloway Seminare en essays 2025-07-23

"Vir my was 1964, die jaar van Breyten se debuut, die Jaar van die Sneeu." Francis Galloway is vroeër vanjaar deur die Vrystaatse Werkgemeenskap van SAAWK genooi om ’n praatjie oor Breyten Breytenbach te lewer. LitNet is bevoorreg om haar woorde by die geleentheid te mag publiseer.

Privaatsektorbelegging in waterbestuur en -infrastruktuur: enkele oorwegings

Handré Brand Seminare en essays 2025-07-14

"Suid-Afrika benodig sowat R256 miljard per jaar tot 2050 om watersekerheid te verseker, met ’n jaarlikse tekort van ongeveer R91 miljard."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met Johannes de Villiers oor sy roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu

Johann Rossouw, Johannes Bertus de Villiers Seminare en essays 2025-07-10

Johann Rossouw gesels met Johannes de Villiers oor De Villiers se roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-07

"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."

Reign of ruin: Oscar Mabuyane and the Eastern Cape’s lost decade

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2025-06-27

"This is no sudden collapse. It is a pattern that has been years in the making ..."

Top