Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Quo vadis, Tweederivier, oftewel: Lourensrivier?

Handré Brand Seminare en essays 2026-01-29

"Die Lourensrivier het aanvanklik as die Tweederivier bekendgestaan. ... Die hoofgevolgtrekking kom daarop neer dat toekomstige holistiese, multidissiplinêre bestuur met betrekking tot die Lourensrivier vanaf oorsprong tot by die monding ’n absoluut noodsaaklike voorvereiste is."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Verset teen hierdie era – oor Paul Kingsnorth se Against the machine, on the unmaking of humanity

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-01-28

"Against the machine is, om die minste te sê, ’n ambisieuse boek waarin geen doekies oor die Westerse moderniteit omgedraai word nie: Kingsnorth beskryf homself byvoorbeeld onbeskroomd as anti-modern en ’n reaksionêre radikaal ..."

Is 2026 the new 1989?

David Willers Opinion 2026-01-20

"The main point is that it is exactly the sort of potential crisis that may explode, as the impression gains ground that the rules-based system under the UN and other bodies is impotent and toothless."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die VSA en Venezuela – wanorde of orde?

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-01-16

"Feitlik enigiemand wat hierdie opstel lees, is waarskynlik gewoond aan die sogenaamde reëlgebaseerde wêreldorde. Baie van ons sal graag so ’n orde wil sien. Feit is egter dat so ’n orde afhang van die mate waartoe die grootmoondhede van die wêreld op ’n gegewe tyd mekaar se invloed balanseer al dan nie."

Robert Sobukwe: die vergete leier van die struggle

Danie van Wyk Seminare en essays 2026-01-15

"Sy teenstanders wou sy stem uitwis, maar kon nie daarin slaag nie."

Tussen huis toe gaan en onderweg bly. ’n repliek oor geloof, tradisie en bewegende denke

Pieter Duvenage Seminare en essays 2025-12-23

"Daar is tekste wat ’n mens nie onverskillig lees nie. Nie omdat jy noodwendig met alles daarin saamstem nie, maar omdat dit iets raak wat lank reeds onder die oppervlak van ’n generasie se selfverstaan lê. Johann Rossouw se LitNet-bydrae oor geloofsbesering, verlange en die pad 'huis toe' is só ’n teks."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Afrikaner(on)geloof en ons geloofsbesering

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-12-18

"In daardie heilige stilte lê die diepste genesing van die geloofsbesering; in stilte, die rus."

50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar

Francis Galloway Seminare en essays 2025-12-18

"Vanjaar het bepaalde brokkies oor Breyten in Die Burger se Uittreksels-rubriek '50 jaar gelede' my op ’n klein tydlynreis geneem. Die '50 jaar gelede'-brokkies is kort uittreksels uit prominente voorbladberigte; elders in die koerant kon daar ook aanvullende berigte wees."

Ketamien-ondersteunde psigoterapie

Handré Brand Seminare en essays 2025-12-11

"Volgens Rogers (2024), verbonde aan die Johns Hopkins Mediese Skool, Harvard-Universiteit, het die openbare belangstelling in ketamien weer opgevlam ná die dood van die akteur Matthew Perry in 2023."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Michel Serres – filosoof van ons tyd en ons toekoms

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-12-09

"[Hier] word stilgestaan by die lewe en werk van Serres aan die hand van die Franse intellektuele geskiedkundige, François Dosse, se biografie van Serres wat in September 2024 by die uitgewer Plon verskyn het, naamlik Michel Serres: La joie de savoir ('Michel Serres: die vreugde daarvan om te weet')."

Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Frederik de Jager Resensies 2025-12-09

"Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die wêreld op sy kop gekeer – Gilles Kepel oor 7 Oktober 2023 en die voortslepende konflik in die Midde-Ooste

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-12-04

"Die bedoeling van hierdie opstel is bloot om die belangrikste insigte van Kepel se boek weer te gee vir die Afrikaanse leser, aangesien die boek nog nie in Engels vertaal is nie."

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway Boeke en skrywers 2025-12-04

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

TT Cloete-gedenklesing: Hokkies, hoekies, allerlei brille en paradigmas – TT Cloete en sy lesers

Marius Crous Seminare en essays 2025-12-02

"Die titel van hierdie lesing ontleen ek aan ’n opmerking wat TT Cloete maak in Die ander een is ek (2013), ’n boek wat ek besonder waardeer, omdat dit digters en hulle eksentrieke gewoontes so normaal laat lyk."

Die Boetman-woede wat nooit heeltemal gaan lê het nie

Jean Oosthuizen Seminare en essays 2025-12-01

"Toe Chris Louw 25 jaar gelede in Mei 2000 sy beroemde ope brief 'Boetman is die bliksem in' laat publiseer, het hy waarskynlik nie besef sy woorde sou ’n nasleep hê wat met elke nuwe Afrikaner-identiteitskrisis weer opklink nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: oor verdiepende samewerking in die Afrikaanse wêreld – gedagtes na aanleiding van Kaapse Forum se derde Hoeriekwaggo-beraad

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-27

"Daar kan sekerlik talle redes vir hierdie groeiende onderlinge begrip uitgewys word, waarvan onder meer die volgende: die moeite wat die Afrikaanse media doen om die wel en wee van alle Afrikaanstaliges te belig; die rol wat die kunste speel om onderlinge begrip en versoening aan te help; inisiatiewe vir bemagtiging onder bruin Afrikaanstaliges deur tradisioneel oorwegend wit instansies soos AfriForum, Solidariteit en die Dagbreek-trust; en die tallose gesprekke en inisiatiewe oor die afgelope twee dekades en meer onder die vaandel van die ATR en die Afrikaanse Taalmonument."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Trump, die Weste en "die res van die wêreld"

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-24

"Ons staan slegs aan die begin van die katastrofe. Ons nader ’n kantelpunt waarna die uiteindelike gevolge van die nederlaag sal ontvou."

Wat vier oom Daantjie daar?

Jean Meiring Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2025-11-18

"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se vyftigste verjaardagdinee.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Om vir eens iemand te wees – oor onlangse studenteprotes in die hartland

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-11-14

"Onlangse studenteprotes het verskillende vorme aan verskillende universiteite aangeneem, terwyl die protes aan Fort Hare-universiteit en die Universiteit van die Vrystaat stellig die meeste aandag getrek het weens die vlakke van geweld en saakbeskadiging – veral op die Alice-kampus van Fort Hare en die QwaQwa-kampus van die UV."

KI en die toekoms van literêre vertaling: hulpmiddel of bedreiging?

Jean Oosthuizen Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence 2025-11-14

"KI kan sinne bou, maar dit verstaan nie stilte nie. Dit kan metafore oordra, maar nie melancholie nie."

Top