Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Op dees aarde: ’n Asteroïed wat bots met die aarde?
2025-02-07"Onlangs is daar aangekondig dat ’n asteroïed wat in Desember ontdek is, ’n kans van groter as 1% het om op 22 Desember 2032 met die aarde te bots. Wat beteken dit presies en hoe moet ons dié rotse wat oorblyfsels van die vroeë vorming van die sonnestelsel is, verstaan?"
Wat sê Bettina? Staatsrede 2025: meesterklas in diplomasie
2025-02-07"Dit voel asof met elke keuse wat president Ramaphosa gemaak het, hy homself en ons land voorhou as die teenvoeter vir alles wat verkeerd gaan in die VSA, alles sonder om een keer direk na hulle te verwys."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Wat die De Villiers-era aan die Universiteit Stellenbosch ons kan leer
2025-02-05"Een van die grootste ironieë is dat wanneer veranderingsgesinde lede van die tradisionele wit, Afrikaanse Stellenbosse elite die US-bestuur tot verantwoording probeer roep, De Villiers se nuwe elite hulle daarvan beskuldig dat hulle bloot hul historiese belange probeer beskerm. Maar nou ja, as ’n nuwe elite sy éie belange beskerm en uitbou in die naam van 'neutrale' ideale, is dit maklik om jou vuil hande telkens in die openbaar te reinig met net nog ’n komitee wat jou onskuldig bevind."
Wat sê Bettina? Beurtkrag of strafkrag?
2025-02-03"Is dit blote toeval dat ons die eerste beurtkrag in tien maande ervaar het die dag nadat Nersa Eskom ’n bloedneus gegee het in hul aansoek om ’n tariefverhoging?"
Wat sê Bettina? Die "sonde" van empatie
2025-01-30"Saam met empatie is daar die konsep van genade. Wanneer Mariann Budde dus vir Donald Trump vra om genade te hê met die vlugtelinge, met die gays, met die trans mense, is haar versoek en haar gebed heeltemal belyn met die beginsels van die Christelike geloof wat sy aanhang."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Donald Trump en ’n nuwe wêreldorde?
2025-01-23"Watter wêreldorde? Daar is nie tans so iets nie, maar miskien help hy die wêreld stabiliseer, was my onmiddellike reaksie. Hoekom?"
Wat sê Bettina? Trump 2.0 in volle swang
2025-01-22"Alle aanduidings is in elk geval dat Trump 2.0 meer kragdadig gaan optree as voorheen, minder respek vir die reg gaan hê, meer onverdraagsaamheid gaan aanmoedig en al verder regs gaan skuif."
Agterstories: Hoe koffie ons ryk gemaak het
2025-01-20"Soos Galofré-Vilà verduidelik, het hierdie ruimtes die inligtingsnetwerke van daardie tyd verteenwoordig, waar mense ingekom het om ’n koffie of ’n drankie te geniet, idees te deel en in kontak te kom met mense uit verskillende omgewings en dissiplines. Dit is waarom ek die ontstaan van die nywerheidsomwenteling in Engeland sou korreleer met die aankoms van Londen se eerste koffiehuis, wat in 1652 deur Pasqua Rosée gevestig is."
Wat sê Bettina? Skietstilstand in Gaza
2025-01-20"Die groot vraag, vir my in elk geval, is hoekom Israel gehoor sal gee aan die verdere details van die skietstilstand die oomblik dat hulle al die gyselaars terug het?"
Goue lint, my storie begint: Die effek van lees op kinders se breine
2025-01-17"Lees is een van die vaardighede wat jou brein kan bemeester wat soms as vanselfsprekend aanvaar word. Ons verwag dit reeds van kinders vanaf sewejarige ouderdom om te kan lees. Maar wat presies gebeur in jou brein wanneer jy lees?"
Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog
2025-01-17"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."
Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms
2025-01-16"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."
Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie
2025-01-16"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."
Op dees aarde: Vyf jaar ná Covid-19 – waar staan ons? Feite en onwaarhede
2025-01-15"Die Covid-19-pandemie het meer as 20 miljoen mense se dood veroorsaak en 130 miljoen in armoede gedompel. Sowat 300 000 Suid-Afrikaners het gesterf. Maar wat is geleer en hoe lyk die toekoms?"
Heil die Leser!: Vertaalkuns as tweespraak – Mario Relandini en Rina Cascione
2025-01-14"Die gruwels van die oorlog word deurlopend gejukstaponeer met die vaderfiguur wat bo alles uittroon en as betowerende memoires geboekstaaf word. Dié roman is ’n moet-lees wat tot op die laaste bladsy ’n sekulêre gebed word aan ’n ouer wat nooit vergeet sal word nie."
Toorkombuis: ’n Oorvloed van appelkose en onthou
2025-01-14"Moenie dat die geweeklaag jou onderkry nie. Januarie is ook ’n maand van nuwe uitdagings en alles in oorvloed – somerson, baie blou lug en die sappigste somervrugte in alle kleure en geure. En – die beste van alles – dis appelkoostyd."
Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn
2025-01-13"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."
Is brandweerpersoneel vir 2025 wat verpleegpersoneel vir 2020 was?
2025-01-10"Beeldmateriaal van die buite-beheer-brande wat hele woonbuurte in Los Angeles in puin laat, speel die afgelope paar dae voortdurend op televisie en op sosiale media af."
Wat sê Bettina? Vroueregte in 2025
2025-01-09"Vir die eerste keer in dekades wil dit voorkom asof vroue nou minder regsbeskerming het en blootgestel word aan meer gevare as geslagte vroue voor hulle. ’n Jong vrou in 2025 het minder regte as wat haar ouma in die 1950’s gehad het."
Wat sê Bettina? Nobs Mkhize en swart op swart rassisme
2025-01-06"Swart op swart rassisme kom nie van vandag aan nie. Xenofobie ruk kort-kort handuit, soms met steun van politici. Mikroaggressie tussen bruin en swart kom gereeld voor, maar dit word geïgnoreer."