Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Persvrystelling: Uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019!
2019-01-15"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2019. Enige persoon of instansie is welkom om voor Donderdag 31 Januarie 2019 nominasies in te stuur."
Djy kôt net 30%. “Dis genoeg!” sê hulle.
2019-01-15"Soe hulle sê nou actually dat djy hoef net 30% van Engels of Afrikaans te vestaan dan kan djy maa universiteit toe gan?"
Spuug tydens sport
2019-01-15"'Daar is vyf goue reëls vir spoeg tydens fietsry,' val hy opgewonde weg en druk afgemete met sy een hand se wysvinger op die ander hand se vingers."
Jou dorp is my dorp, jou seun is my seun
2019-01-14"Wanneer jy gekonfronteer word met die mens in sy naakte menswees, as jy sien hoe mense ’n hele lewe eensklaps verloor, sien jy dinge in perspektief. Die essensie van die lewe het niks te doen met dit waarmee ons onsself groot dele van die dag besig hou nie."
Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?
2019-01-14"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."
Kan die gedrukte media oorleef?
2019-01-14"Die onlangse sluiting van Die Burger Oos-Kaap se daaglike papieruitgawe tussen Maandag en Donderdag is ʼn tragiese voorbeeld. Dié koerant se papierweergawe verskyn voortaan net op Vrydae en kan op ander dae (Maandag tot Donderdag) aanlyn gelees word."
Vroue in die politiek
2019-01-14"Alexandria Ocasio-Cortez is ’n naam wat hopelik nog lank in die Amerikaanse politiek gaan weergalm. Selfs nog voor haar inhuldiging het ouer Republikeinse politici haar al begin aanval, die duidelikste teken nog dat hulle haar as ’n ernstige bedreiging beskou."
Wupperthal in puin ná verwoestende brand
2019-01-11"Dit bly my hoop dat die gemeenskap van Wupperthal gouer sal herstel as die geboue."
1 Recce, die nag behoort aan ons: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2019-01-10"’n Leser wat deeglik ingegrawe is in die literêre verkenkuns, sal altyd weet dat enige kode in ’n teks soos 1 Recce, wat die meesternarratief skynbaar klakkeloos onderskryf, soos ’n Claymore-myn lê en wag om raakgetrap te word."
Die muur: Trump se obsessie, demokrasie die prys?
2019-01-09"Trump met die magte wat ’n noodtoestand hom gee, sal Hitler soos ’n amateur laat lyk. Beheer oor die pers, beheer oor sosiale media, magte om bankrekenings te vries en besittings af te neem, magte om mense in hegtenis te neem sonder die normale beskermings. Klink bekend, nie waar nie?"
Agter die brand
2019-01-09“’n Woedende magteloosheid oorval my wanneer ’n eensame witkruisarend in treurroep oor die veld voor ons huis verbyvlieg. Hulle vlieg gewoonlik in pare, maar hierdie een vlieg alleen en hulle vlieg ook nooit sό laat nie.”
Hoe goed lyk die toekoms vir die Good-party?
2019-01-09"Die politieke landskap kan na die verkiesing heel anders lyk indien Good goed by die stembus – veral in die Wes- en Noord-Kaap – vaar en so die koningmaker tussen al die groot partye, soos die ANC, EFF en DA, in die parlement en in provinsiale wetgewers van die Wes- en Noord-Kaap word."
Crime pays? Bringie doodstraf trug, dan kyk ôs
2019-01-08"As djy voel om jouself te gedra soes ʼn monster dan moet djy mos die gevolge dra van dit, of hoe?"
Herinnering aan Naas Steenkamp
2019-01-07"Ek eer sy nalatenskap, sy toewyding en werkvermoë, boweal sy sensitiwiteit vir die omgewing en sy keurige en presiese omgang met taal."
Open letter to President Ramaphosa: support the true arts in this country
2019-01-04"To use arts and culture money to record the favourite struggle songs of Jacob Zuma is a slap in the face of every artist and writer in this country."
Die skaap op Clifton en die olifant in die vertrek
2019-01-04"Die vurige debatte wat die onlangse slag van ’n skaap op Clifton se strand ontketen het, wys weer hoe verskillend mense ander spesies bejeën."
Stephen Johnson: ’n huldeblyk
2019-01-03"As voorsitter van PASA het hy ongelooflike diep spore in die uitgewersbedryf getrap. Stephen se boekfunksies was altyd die heel beste, keurigste en grootste."
Aktueel 2018
2018-12-20Gesprekke rondom aktuele sake soos dagga, grond, vroueregte, die 2019-verkiesing en gewelddadige betogings was vanjaar volop. Hier is 15 artikels oor die mees aktuele sake van 2018.
Alles behalwe die waarheid: Die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers met Chris Steyn en Redi Tlhabi
2018-12-20Op Vrydag 30 November 2018 om 18:30 bevind aktiviste, joernaliste, mediakenners en akademici hulle in die donker, rooibeligte Fringe-teater in Johannesburg. Dié aand vorm deel van die sesde simposium vir internasionale Afrika-vroueskrywers wat in samewerking met die Departement van Kuns en Kultuur gereël is. Voor die gehoor sit Chris Steyn, medeskrywer van The lost boys of Bird Island (2018), en Redi Tlhabi, skrywer van Khwezi (2017). Die gesprek, gelei deur ’n ereprofessor aan die Universiteit van Kaapstad, Nomboniso Gasa, handel oor die skryf van waarheid te midde van die hedendaagse tydsgees.
Intercontinental entanglements: slavery, Dutch colonialism and post-colonial identifications
2018-12-20"The questions that need to be asked, are: 'whose history is under discussion here?' and who is the 'us' 'who call themselves the Dutch'?"
