Snap-Crap-en-Post

  • 0

Met al die nonsense wat in Suid-Afrika angan. Ek mean maa vewat sal die Times Live dan nog wee moet skryf oo hoe Malema gedreig het om die land by force af te vat. Hy’t mos klaa sy visie vi sy EFF en Suid-Afrika uitgewys toe hy laasjaa by die EFF se birthday party op die vehoog veskyn het met ʼn geweer. ʼn Mens kyk mos wat iemand maak om te sien en vestaan wat in sy gedagtes angan. Maa die res vannie politicians en political parties voel dit vi my soes hulle die EFF hanteer soes ʼn gespoilde kind wattie dadelik ʼn bedreiging issie, maa kyk hoe gan die gespoilde kind an. Die Times Live skryf Malema sê dat in hulle konstitusie sê dat hulle sal alles doen wat hulle moet om die land oo te vat, al bedoelit hulle moet hulle gewere optel. Dis tog vi my ʼn ernstige situasie. En ek wiet daa is baie anner mense daa buite wat net soe panic van wat gan of kan ôs dan maak as dit moet president raak? Hitler was oek seergemaak soes Malema seergemaak is, en gebruisde egos, eish, amal voel daai stukkie.

Anyway maa die gattie oo Malema of die EFF nie, ek soek iets wat nog lig en lekke is daa buite wat nie die voospelling van doem is in Suid-Afrika nie.

Ek mean vewat moet die koerante online soe ʼn groot ding maak om die video van die man met sy mond vol maggots die hele online community in stuur? Dis môssag! Wie’t dan nou lus om die online koerante oep te maak en die ou ballie met die grys baard te sien. En can you believe it dit was boe an die lys van "most reads" op een van die news outlets. Wat?

Soms vestaan ekkie hoe mense dinkie. Van wat is dan nou soe plesier om sulke môssage goed te anskou? Anyways, ek is een van die res van die mense wat dittie gekyk hettie. Ek dinkie ôs vestaan hoe die brein wêkkie.  Once daai image gecapture is, dan is dit daa, en sommer soe out of the blue val daai maggots trug op jou bord. Niee dankie, dissie vi my nie. En ek vestaan die koerante soek mos nou om lig te skyn op die feit dat die mense soe nalatig was wat agte hom moes gekyk het, maa hulle kon ʼn anner manier gekry het om te skryf oo die storie. Dis nou net "snap crap en post".  Ai shame man, ek wietie wat ek sou maakie as my ou-mense soe moet getreat wôttie. Al wat ek kan an dink is ʼn lawsuit en iemand moet tronk toe gat.

Anyways, maa die gattie oo die miste’ met die maggots nie. Ek soek vi iets wat die gees vi mense sal lat stuig en wiet julle waa het ek dit gekry? Op Emo Adams en kykNet se Maak My Famous. Daa is niks lekkerder as om ʼn talent show te loep kyk en daa is soe klomp mense met talent nie. My gunsteling is Cheswyn Ruiters. Maa die hele “maak my famous” storie het vi my ʼn annerste gevoel dan die anner talent shows. Dis ʼn up close and personal vibe wat die show van die begin af gehad het, en dis iets nuuts en lekke. Die show staan einde se kant toe maa die manier hoe dit begin was, was genius. Mense moes ʼn video van hulleself maak en die video persoonlik vi Emo Adams gestuurit. Daai’s rêrig cool! Vi my wys dit dat produksie was nie net iets wat gemaak wôt om die seats te vul en die tickets te vekoep nie, maa die talent en die mens agte die talent was belangrik.

Maa dis sulke goed, sulke shows, en performances wat djy mense sien wat in jou straat bly wat op die vehoog klim, en dan die dak en die mense wat luiste se siele kan lig met die lig wat hulle uitgie an die liewe.

Dis sulke mense wat die baken vi Suid-Afrika vorentoe dra en dit hoër op lig. 

Bekkie Tjank, lat Caster moet bedank!

Trane oorie veliede: die lied van ’n “nieblank”

#DaaIssieWêkie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top